Gesin poog 2 ure lank om pa se lewe te red ná baksteenaanval

Jansie en Gerrie van der Merwe.

Jansie en Gerrie van der Merwe.

Skaars twee weke nadat Jansie en Gerrie (58) van der Merwe hul 37ste huweliksherdenking gevier het, het Jansie, haar dogter en paramedici twee ure lank tevergeefs probeer om Gerrie se lewe te red nadat hy erg met ʼn baksteen aangerand is.

Jansie het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle woon sedert Augustus in die huis in Primrose, Johannesburg, nadat hulle van die Wesrand daarheen verhuis het. Die egpaar se dogter, Lasia (26), bly in ʼn aparte woonstel op die erf.

“Drie mans het Vrydagaand by Lasia se motor probeer inbreek. Sy en haar vriend, Vincent Andrews (25), het hulle probeer verjaag. Hulle het ʼn geweer op Vincent gerig, maar dit wou nie vuur nie en hulle het gevlug,” het Jansie gesê en verduidelik hulle was sedert Vrydagaand ekstra paraat.

“Ek het Dinsdagoggend om presies 01:47 wakker geword toe ons bure se honde erg begin blaf het. Ek het deur die TV kamer se venster in die voortuin gekyk, maar het niks gesien nie,” het Jansie gesê.

Lasia van der Merwe het beserings aan haar gesig opgedoen.

Lasia van der Merwe het beserings aan haar gesig opgedoen.

Lasia was toe nog wakker en het saam met Vincent en ʼn kollega UNO gespeel. Sy het kort daarna aan die mure gehamer om haar ouers te waarsku dat daar weer mense in die erf is.

“Gerrie het opgevlieg en sy krieketkolf gegryp. Hy het in die agterplaas gekyk en gesien daar staan twee mans by sy motorfiets. Ek het by hom gepleit om nie uit te gaan nie, terwyl ek kamer toe is om my foon te gaan haal om hulp te ontbied. Toe ek klaar met die polisie gepraat het, kon ek ʼn rumoer buite hoor.”

Die aanvallers het Gerrie met ʼn baksteen op sy gesig en kop geslaan. Die aanvallers het hulle teen Lasia, Vincent en die kollega vasgeloop toe hulle probeer vlug het. Lasia en Vincent is ook met bakstene in hul gesigte geslaan, maar kon daarin slaag om een van die aanvallers aan te keer. Hy is later deur die polisie in hegtenis geneem. Die ander aanvaller kon daarin slaag om te ontsnap.

“Ek het na my man gaan soek en hom bebloed op die grond aangetref. Ons het saam met paramedici van ER24 van 02:00 tot 04:00 tevergeefs probeer om hom by te bring,” het ʼn emosionele Jansie gesê.

Gerrie is op die toneel dood verklaar. Lasia en Vincent het ook kopbeserings opgedoen, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Rooi linte versier die gesin se heining om eer aan Hennie te betoon. Foto: Primrose-GPF

Rooi linte versier die gesin se heining om eer aan Gerrie te betoon. Foto: Primrose-GPF

Jansie het gesê Gerrie was haar lewe. “Hy was ʼn geliefde mens. Almal wat hom geken het, het hom liefgehad en hy het verskeie mense se lewens positief aangeraak. Daar is honderde smse en boodskappe van ander mense om dit te bewys.”

Sy het gesê die gemeenskap se ondersteuning deur hierdie moeilike tyd is fantasties. “Hierdie mense is wonderlik. Die Primrose-gemeenskapspolisiëringsforum en die Primrose Residents Against Crime het rooi linte om bome in die hele straat gebind om bewusmaking teen misdaad te skep. Hulle het ook ons hele heining vol rooi linte gemaak om eer aan Gerrie te betoon.”

Jansie het gesê sowat 176 inwoners het Woensdag haar huis besoek en in hul motors saam met die polisie en nooddienste in ʼn groot stoet verby die huis gery terwyl hulle ook rooi linte vanuit hul voertuie gewaai het. “Dit was ʼn wonderlike gebaar en ons kan almal wat ons bystaan nie genoeg bedank nie.”

Gerrie word Dinsdag om 11:00 vanuit die Nederduits Hervormde Kerk Primrose-Oos in Homestead begrawe.

Die Primrose-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

judy-anne ·

Ons bly in een ongelooflike siek Land, dit is skokkend dit kanie meer so aangaan nie is al te bang om net iewers heen te ry !!!!

Se Maar Net ·

As ek dit lees dat nog ‘n onskuldige wit mens so wreed vermoor is, dan raak ek weereens woedend. Want aan die misdadigers word daar net mooi niks gedoen nie. Hulle roof, moor, verkrag. En so steel hulle mense se lewens en voeter die gesin se hele lewe op.
Ek kan net vir die gesin en familie baie sterkte toe bid.

Frikkie de Kock ·

Dit is tyd dat ons as blanke saam staan ons word stadig maar seker uitgemoor. En die regering doen niks nie.

Pierre ·

Die “regering” oftewel die klomp korrupte gemors, doen niks nie, want hulle is te besig om met die blankes se belasting-geld vir hulle-self nuwe swembaddens te bou.

Rissiepit ·

Pierre, ek wonder hoeveel “brandpoele” hulle nog gaan bou… Ons kan die “brandpoele” se geld vat en soveel meer daarmee doen. Baie sterkte aan die familie.

Peet Schabort ·

In hegtenis geneem EN die saak word ondersoek ?
Aangekla van ?
Sterkte aan die familie.

Theresa ·

Jansie en familie, so jammer om te hoor van Gerrie. Dink aan julle in hierdie hartseer tyd xx . RIP Gerrie

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Another senseless attack on our people. This, needs to stop immediately we are in desperate need of one another. It seems to me that, this the late Gerrie, was truly a peoples person. But let this heinous crime of these heartless criminals re-united us as a nation and not giving satan a place by retaliating hatred with hatred.

Agnes ·

weereens n oproep om die doodstraf terug te bring, maar wat help dit? Die moordenaars lei n heerlike lewe in die tronk en ons belastingbetalers moet uithaal en wys. Ons is meer as keelvol vir ons stelsel.

neelsie ·

Jammer om van sulke sinnelose dade te hoor.
Sterkte aan die gesin.
Ons moet meer paraat wees.
Moenie iemand konfronteer as jy nie gewapen is nie.
Bly in die huis, veral snags.
Hou n hond aan, n brakkie wat in die huis slaap.
Wees wakker en gereed vir enige probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.