Gesin radeloos ná tiener verdwyn

10432959_684022558336874_6892343241557995202_nNatalie Cage, ʼn ma van Alberton aan die Oos-Rand, is radeloos nadat haar 13-jarige dogter, Dominique, op 28 Junie verdwyn het.

“Ek het my kinders nog die Vrydagmiddag ná skool gaan oplaai,” het Natalie Donderdag aan Maroela Media gesê. “Die aand het ek oudergewoonte vir ons lekker kitskos gemaak, en reggemaak vir ons gewone fliekaand. Ons het nog ʼn glasie Coke geklink op die feit dat sy klaar is met haar eksamen.” Dominique is ʼn graad 8-leerling aan Hoërskool Marais Viljoen.

Natalie sê hulle is ʼn normale en baie hegte gesin, en sy sou nooit kon raai dat só iets met hulle sou gebeur nie. “Dominique het die aand vroeër gaan slaap en gesê sy voel sleg. Ek het haar die Saterdagoggend omstreeks 02:00 in die badkamer gekry en vir haar twee hoofpynpille gegee. Die volgende oggend toe ek 05:00 opstaan, was sy weg.”

Die hele gesin is bekommerd oor haar welstand en veiligheid. “Ek en Dominique is beste vriende. Sedert sy verdwyn het, het ek en my man slapelose nagte. Haar agtjarige sussie, Cleonique, sien hoe ons huil, en sy mis haar ook. Sy kan nie verstaan hoekom haar sussie haar verjaardag op 6 Julie gemis het nie.”

Sy het bygevoeg dat die onsekerheid en vrae hulle tot raserny dryf. “ʼn Mens loop rond soos ʼn leeuwyfie wat in die bosveld na ʼn vermiste welpie roep. Ons volg al wat ʼn leidraad is, op. Ons gaan nie ophou soek totdat ons haar weer veilig onder ons dak het nie. Die feit dat mense vinnig is om vingers te wys en te oordeel, maak dinge ook nie makliker nie,” het sy bygevoeg.

“Dis maklik vir mense om vinger te wys na die ouers. ʼn Mens verwag nie dat sulke goed sal gebeur nie. ʼn Mens moet nie oordeel as hulle nie die omstandighede ken nie. Ons is baie lief vir ons dogter en wens net sy was by die huis. Ons sal haar bystaan deur enigiets wat mag gebeur.”

Enigiemand met inligting oor waar Dominique haar mag bevind, kan sers. Buthelizi by 078 623 2995 of Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, by 072 241 7439 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Annamarie ·

Baie sterkte…..dit moet verskriklik senutergend wees om nie te weet waar jou kind is nie. Ek bid saam julle gesin ♡

Elizabeth ·

Die foto is nie baie goed nie. Sy lyk heelwat ouer. Kan die ouers nie meer onlangse foto’s van haar plaas – ek is seker Maroela sal kan help! Hoe meer foto’s versprei word hoe beter, dalk net dan sal iemand haar herken. Sterkte vir die gesin!

Linda van Mosselbaai ·

“liewe Vader Hou haar veilig. Ons vra dit in U naam. Amen”

ronel ·

Ok wie dra jeans en baadtjie 2uur die oggend tensy jy oppad is ???

PURE BOER ·

Presies!!!! Plaas die ouers oop kaarte speel, dan sal dit net makliker wees om haar op te spoor.

Groen Koring op die Land ·

JOHAN LE ROUX – Dit is oor mense soos jy, wat my laat twyfel in my medemens!! Jy kan hoe betrokke wees, jy kan jou kinders soos goud op pas, jy kan alles vir hulle doen en saam met hulle doen, as hulle met verkeerde maats deurmekaar raak kan ek JOU waarborg, gaan jou betrokkenheid nie help nie!!!
NATALIE en Gesin: Julle en Dominique is in ons gebede en denke! Moet jou nie steur aan hartelose, weet alles, onsensitiewe boelies soos Johan le Roux nie! Ek het ook kinders, wat op n baie moeilike stadium en plek in hulle lewe is, hulle is nie meer kinders nie, hulle is ook nie volwasse nie, dit is baie moeilik. Baie baie sterkte!

PURE BOER ·

Maar dan is jy mos nie so betrokke nie? Dat jy nie eers weet van haar deur mekaar maats nie? Jy hoef nie dogter soos goud op te pas nie en jy moet haar ook nooit te styf vas hou nie. As jy n skoenlapper te styf vas hou, gaan hy dood, te los vashou, vlieg hy weg. Ouers moet God in hul huise he, almal kyk verby God wanneer dit goed gaan, maar wanneer dit sleg gaan hol hul na God.
As God in jou huis is sal die dinge nie gebeur nie,,,, PUNT!!!

Elfie ·

Jy is so verkeerd Boer. Ek weet van PREDIKANTE wat soortgelyke probleme gehad het met hul tiener! Dan wil jy seker say dat God nie in hul tuistes is?

Gale ·

I am english but really….Peopel should not point fingers at all unless you have the facts..

No child of 13 sits dressed at that time of the morning watching tv…no…she was ready to go.

Another thing….I have first hand experience at this….I brought up 5 girls …we participated in their lives as much as we could….school….social…..made sure we got to know their friends….even had their friends over for sleep overs…..and you know what…….2 of our girls ran away one saturday monring when i took 2 the other 3 to school for sports…….I know what its like…….so dont judge…….thank goodness mine were found,with those same friends we thought we angels …and whos parents we had even met….and they had good parents……..who do you look at now????…………so dont be so quick to point a finger…

PURE BOER ·

Sal nie met hom gebeur nie, want hy is betrokke. Ek wil vir niemand vinger wys nie, maar n kind loop nie net weg nie.

Mickey ·

Pure boer en Johan lê Roux julle is dwase wat blykbaar al die antwoorde in die lewe het ek wonder of julle wat so veroordelend is selfs kinders het ek twyfel maar nietemin ek is n voorbeeld van n ouer wat sê hele lewe rondom my kinders gedraai het ekt als in my vermoeë gedoen om hulle voorteberei op die lewe daar buite vandag is ek supertrots op hulle ek kry net komplimente van buitestaanders maar al is hulle standvastige kinders kan selfs in hul lewe dinge buite n ouer se beheer verkeerd loop en hulle Laat struikel so bid liewers vir daardie gesin as om vingers te wys julle sien dalk net die punt van die ysberg.

Leon ·

Julle wat vinger wys moet versigtig wees. Daar is geen waarborg dat jul betrokkenheid by jul kinders voldoende in vandag se samelewing is om hulle veilig te hou nie. Ek is te blerrie bang om vinger te wys, want dink net hoe verleë gaan ek staan as dit skielik met my moet gebeur. Julle moet passop, die blinde sambok slaan seerder as die een wat gesien kan word.

Andries Vermeulen ·

Ek wil tog vra dat die van julle wat so maklik negatiewwe kretiek lewer dit liewer moet los. Jul is nie in die ouers se posissie en is ook die laaste om ‘n oordeel te vel. Niks is gewaarborg in die lewe al het jy God in jou huis. Kinders is individue en neem soms hul eie besluite op grond van hul eie oordeel. Ons het drie dogters en het God in ons huis en is betrokke in alle aspekte van ons dogters se lewe sonder om ons wil op hul af te dwing het ook oop kommunikasie met hulle. Soms moet jy as ouer tog jou voet neersit as jy weet dat jou kinders die verkeerde besluit neem en dan kan dit gebeur dat dinge verkeerd kan loop. Soos onlangs met my die geval was toe ek ‘n verhouding van ons jongste dogter in matriek nie goed gekeur het nie en toe sy teenkanting kry dreig om die huis te verlaat. Dit het gelukkig toe nie gebeur nie, want haar vriende het haar afgeraai om dit nie te doen. Op daai staduim kon sy dalk ‘n sogenaamde vriend/in gehad het wat haar aangemoedig het wat ook dalk soortgelyk probleme in hom/haar huisgesin ondervind het. Wie weet dalk het hy/sy dit ookal oorweeg en het nie die moed gehad nie en gebruik dan jou kind om te sien wat die gevolge gaan wees as hy/sy dit sou doen. So wat ek hiermee probeer sê, hierdie ouers het nou bystand nodig en nie jul oordeel en die van jul wat so gou jul Geloof voorhou behoort te weet die oordeel kom net God toe.

Alida de Lange ·

Baie sterke. Hoop julle kry haar sommer gou. Om tieners groot te maak is nie kinderspelletjies nie!!!

marietjie ·

sjoe mense, moenie oordeel nie, ons weet nie wat gebeur het nie

EMK ·

Stem ook saam vir meer en duideliker foto’s van die kind. Ek sal nie haar sommer herken van die een foto nie! As mens dalk paar vollengte foto’s kan in koerante kry, meer van haar gesig van voor en van die kant en dalk sonder grimering ook sal mens maliker haar kan uitken êrens.

Kenneth ·

Pure boer , jammer om te se maar jy is reg . Dis net glad nie lekker om te hoor nie . Soos alles wat jy nuut kry ,kom dit met n eienaarshandleiding Die’ Eienaarshandleiding .. Is jy n oud polisieman ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.