Gesin radeloos ná tiener verdwyn

10432959_684022558336874_6892343241557995202_nNatalie Cage, ʼn ma van Alberton aan die Oos-Rand, is radeloos nadat haar 13-jarige dogter, Dominique, op 28 Junie verdwyn het.

“Ek het my kinders nog die Vrydagmiddag ná skool gaan oplaai,” het Natalie Donderdag aan Maroela Media gesê. “Die aand het ek oudergewoonte vir ons lekker kitskos gemaak, en reggemaak vir ons gewone fliekaand. Ons het nog ʼn glasie Coke geklink op die feit dat sy klaar is met haar eksamen.” Dominique is ʼn graad 8-leerling aan Hoërskool Marais Viljoen.

Natalie sê hulle is ʼn normale en baie hegte gesin, en sy sou nooit kon raai dat só iets met hulle sou gebeur nie. “Dominique het die aand vroeër gaan slaap en gesê sy voel sleg. Ek het haar die Saterdagoggend omstreeks 02:00 in die badkamer gekry en vir haar twee hoofpynpille gegee. Die volgende oggend toe ek 05:00 opstaan, was sy weg.”

Die hele gesin is bekommerd oor haar welstand en veiligheid. “Ek en Dominique is beste vriende. Sedert sy verdwyn het, het ek en my man slapelose nagte. Haar agtjarige sussie, Cleonique, sien hoe ons huil, en sy mis haar ook. Sy kan nie verstaan hoekom haar sussie haar verjaardag op 6 Julie gemis het nie.”

Sy het bygevoeg dat die onsekerheid en vrae hulle tot raserny dryf. “ʼn Mens loop rond soos ʼn leeuwyfie wat in die bosveld na ʼn vermiste welpie roep. Ons volg al wat ʼn leidraad is, op. Ons gaan nie ophou soek totdat ons haar weer veilig onder ons dak het nie. Die feit dat mense vinnig is om vingers te wys en te oordeel, maak dinge ook nie makliker nie,” het sy bygevoeg.

“Dis maklik vir mense om vinger te wys na die ouers. ʼn Mens verwag nie dat sulke goed sal gebeur nie. ʼn Mens moet nie oordeel as hulle nie die omstandighede ken nie. Ons is baie lief vir ons dogter en wens net sy was by die huis. Ons sal haar bystaan deur enigiets wat mag gebeur.”

Enigiemand met inligting oor waar Dominique haar mag bevind, kan sers. Buthelizi by 078 623 2995 of Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, by 072 241 7439 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annamarie

Baie sterkte…..dit moet verskriklik senutergend wees om nie te weet waar jou kind is nie. Ek bid saam julle gesin ♡

Elizabeth

Die foto is nie baie goed nie. Sy lyk heelwat ouer. Kan die ouers nie meer onlangse foto’s van haar plaas – ek is seker Maroela sal kan help! Hoe meer foto’s versprei word hoe beter, dalk net dan sal iemand haar herken. Sterkte vir die gesin!

Linda van Mosselbaai

“liewe Vader Hou haar veilig. Ons vra dit in U naam. Amen”

ronel

Ok wie dra jeans en baadtjie 2uur die oggend tensy jy oppad is ???

Groen Koring op die Land

JOHAN LE ROUX – Dit is oor mense soos jy, wat my laat twyfel in my medemens!! Jy kan hoe betrokke wees, jy kan jou kinders soos goud op pas, jy kan alles vir hulle doen en saam met hulle doen, as hulle met verkeerde maats deurmekaar raak kan ek JOU waarborg, gaan jou betrokkenheid nie help nie!!! NATALIE en Gesin: Julle en Dominique is in ons gebede en denke! Moet jou nie steur aan hartelose, weet alles, onsensitiewe boelies soos Johan le Roux nie! Ek het ook kinders, wat op n baie moeilike stadium en plek in hulle lewe… Lees meer »