Gesin se huis afgebrand; motor met liggame in dam aangetref

Sterkfonteindam (Foto: Wikipedia)

Die polisie in die Vrystaat het bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is nadat duikers Saterdag op ʼn motor met vier liggame in die Sterkfonteindam net buite Harrismith afgekom het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die duikers, wat glo vir die pret op ʼn daguitstappie was, het die polisie omstreeks 13:00 na die toneel ontbied.

Volgens Mbambo is die voertuig uit die water gehaal waarna die liggame van ʼn 35-jarige vrou en haar drie seuns, onderskeidelik vyf, agt en 13 jaar oud, geïdentifiseer is.

“Die oorledenes is laas op 5 Januarie om 21:00 by die dam gesien,” sê sy.

Mbambo sê die polisie ondersoek ook ʼn saak van brandstigting nadat die huis van die oorledenes en ʼn ander motor op die perseel Vrydag aan die brand gesteek is toe die gesin nie tuis was nie.

“Nadere ondersoek deur die polisie sal aandui of daar enige verband tussen die twee voorvalle is en wat die motief daarvoor was,” sê sy.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die gesin afkomstig is van Lusaka in Zambië. Hulle was woonagtig in Phuthaditjhaba in die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frankie ·

Hoe is dit moontlik dat niemand die vrou en drie kinders as vermis aangemeld het nie?? Veral met die huisbrand en uitgebrande motor ook in die prentjie??

Dis baie erg. My hart gaan uit na die vrou en veral ook die kinders. Mens kan maar net hoop dat hulle almal bewusteloos was.

Rus in vrede.

LB ·

Is daar ‘n berig wat ons nog kan skok of verbaas? van erg na erger. Selfs ‘n normale motor ongeluk lyk deesdae soos iets iets uit’n Hollywood fliek, alles slaan aan die brand.

PJC ·

Baie snaakse geval hierdie. Hoop die polisie maak werk hiervan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.