Gesin se wedloop teen tyd ná pofadder seun pik

Karel-Jan Binedell (regs) op ’n bootvaart enkele ure voor ’n pofadder die gesin se vakansie in die noorde van Botswana kortgeknip het. Foto: Facebook

ʼn Jong man van Johannesburg word na verwagting Woensdag die derde keer geopereer nadat ʼn pofadder hom in Botswana gepik het.

Janet Binedell vertel haar jongste seun, Karel-Jan, oftewel KJ (19), het saam met haar, haar man, Engelbert, en oudste seun, Engelbert jr., vakansie gehou by ʼn lodge in Kasane in die noorde van Botswana, waar die land aan Namibië, Zambië en Zimbabwe grens, toe die noodlot toeslaan.

Woensdagaand net ná 19:00 was hulle met ʼn voetpaadjie op pad terug na hul kamer toe KJ omdraai en in die gras langs die paadjie trap om met sy pa te praat, vertel Janet. Die volgende oomblik het ʼn pofadder om aan sy enkel gepik.

“Daar was ongelooflik baie bloed en hy het baie pyn ervaar,” vertel sy. “Ons het hom onmiddellik na ontvangs toe gevat. Gelukkig het ons mediese assuransie uitgeneem vir die reis, maar daar was geen noodmaatreëls by die lodge in plek nie.”

Die dokter het in haar lewe nog nooit met ʼn slangbyt te doen gehad nie.

Al raad was om KJ na ʼn “klein en baie primitiewe” kliniek te neem. “Die dokter het in haar lewe nog nooit met ʼn slangbyt te doen gehad nie en wou as gevolg van bygeloof nie aan die kind werk voor sy nie die slang lewend gesien het nie,” vertel Janet.

Eindelik het KJ net twee ampules teengif gekry, pleks van die agt wat nodig was, omdat dit al was wat in die kliniek beskikbaar was.

Karel-Jan se ouers, Engelbert en Janet, op die Vic Falls Carnival, drie dae voor hul vakansie kortgeknip is. Foto: Facebook

Die volgende uitdaging was om KJ Suid-Afrika toe te bring vir behoorlike behandeling. Janet vertel die ambulanspersoneel van die plaaslike nooddiens MRI het die woonbuurt in Kasane platgery op soek na iemand wat die lughawe kon oopsluit omdat dit ná ure gesluit word.

Ná ʼn slapelose nag van pyn vir KJ en angs vir sy bekommerde gesin het iemand die lughawe eers vyfuur Donderdagoggend oopgesluit. Janet is verbaas dat geen voorsiening vir noodgevalle gemaak word nie. “Iemand kan ʼn hartaanval kry of deur ʼn seekoei aangeval word.”

Van Kasane het KJ en sy gesin Gaborone toe gevlieg en van daar na Lanseria-lughawe, van waar hy na die Netcare Olivedale-hospitaal gebring is. Reeds op die vliegtuig is hy gesedeer omdat die pyn ondraaglik was, vertel Janet.

Teen die tyd dat hy opgeneem is, was sy been pikswart tot onder die knie en het dit plek-plek oopgebars. Tydens die eerste prosedure is al die spiere van sy knie tot enkel deur middel van lang vertikale snye losgesny, asook nege snye in en om die voet gemaak om die gif uit te kry.

Saterdag is die binneste kuitwond heeltemal toegemaak, maar driekwart van die sny aan die binnekant van sy voet, die buitenste sny en die sny aan die kant van sy voet is oopgelaat. ʼn Masjien is aan die binnewond gekoppel wat die bloed deurtrek.

Woensdag wil die dokters weer opereer om die buitewond met ʼn soortgelyke prosedure te heg.

Janet sê hulle weet glad nie hoe lank KJ in die hospitaal sal moet bly nie, maar hoop hy sal begin Februarie met sy studie in pastorale sielkunde aan Maties kan begin. “Ons hoop vir die beste en bid net daar kom nie infeksie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Hanna ·

Ag nee Koos, die jongman kon sy been verloor het en jy is bekommerd oor die slang

Eentweedrieblufjouself ·

Ek sien kans vir enige slang, behalwe die pofadder, want hy probeer nie eens om mense te vermy nie.

De Villiers ·

Hanna, Anti slang, DS, Mariaan en Ag asseblief, julle kan julself nie natuurliefhebbers noem deur te dink slange moet dood gemaak word nie. Slange, soos enige roofdier, speel ‘n uiters belangrike rol in die ekologie. Verwyder hierdie skakel en sien hoe stort die natuur ineen. Enige dier sal aanval as dit bedreig word. In hierdie geval was dit eerder ‘n geval van op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Dis net jammer dit moes gebeur het.

Braam ·

Leer iets hier uit: maak seker van nood dienste as jy buite SA wil gaan vakansie hou. Hoop die laaitie word gou gesond.

Hannetjie ·

Dit is jammer dat hul seun soveel trauma ervaar ..maar dit was steeds hul keuse om na so ‘n afgesonderde plek te gaan en hul bewus is van die gevare.Hoop hy sterk gou aan .

Jacoba ·

Regtig Hannetjie? Dit noem n mens Anvontuur. Sien die wêreld, lewe! Ek wens hom alle sterkte toe.
Braam ek stem 100% .

ek sê maar ook ·

Stem saam Braam. Mediese versekering wat onmiddellike “airlift” soos bv per helikopter kan doen. Betaal maar liefs vir die hoogste versekering en hou met geruste hart vakansie

Ouma Scooter ·

Elke land het maar sy hiccups. Baie sterkte aan KJ en familie. Bid vir spoedige herstel

Anti slang! ·

Satan se kind daai! Dood moet hulle dood! Almal van hulle! Koos, jys nie lekker vars nie! Sterkte aan die familie en seun! Hoop hy herstel spoedig met geen permanente skade nie!

Abe ·

Anti slang,
Wat soek mense waar slange behoort te leef? Niks met die duiwel te doen nie.

Dr MW ·

Ek wens jy kon besef hoe ill-educated en terug-op-die-brug jy voorkom. Verskoon die gemengde taal, ek bly al jare lank nie meer in SA nie, en hoor bittermin Afrikaans,

DS ·

Koos ek sal eerder se dankie tog die seun lewe na die slang hom gepik het want vir my is ‘n mens se lewe baie meer werd as ‘ n slang s’n. Of het jy dit juis gese om ‘n reaksie uit te gelok het?

Mariaan ·

Maak dood enige slang wat jou lewe bedreig!! Dankie tog hy het dit oorleef…sterkte vorentoe!

Abe ·

Mariaan,
Waarom moet jy gaan waar n slang jou lewe kan bedreig? Dit is sy plek. Bly jy op jou plek! Lees ook bietjie wat Pofadder hieronder se.

Dr MW ·

Word groot en kry rigting Mariaan – ‘n slang het ‘n plek in die eco-stelsel, net soos enige ander lewende wese. Dis slang was in sy natuurlike habitat – die seun was die indringer. Ek is jammer vir die kind en wens die beste vir hom, maar die feit bly dat die slang hom nie gaan aanval het in sy huis nie.
In geval jy wonder – ja, ek is ‘n mediese dokter, en ja, ek het baie slang-byte gesien toe ek nog in SA gebly het. 90% van die wat ek gesien het, was die mens in die verkeerde plek op die verkeerde tyd – nie die slang nie.

Pofadder ·

Jou insig is beperk. Educate jouself n bietjie oor wat se rol slange in die natuur vertolk. Hierdie was n eenvoudige ongeluk. Sterkte met die herstel jongman.

Bokram ·

Ek bly self op n plaas en het al baie met slange te doen gehad,as ek n slang in die veld kry dan los ek hom,ek het n kaapse kobra naby my huis gekry en doodgemaak,hulle is geneig om onder beddens te gaan le,as hy my 5jarige seun moet pik is die kanse goed dast hy dit nie gaan maak nie,so dit hang af watse slang dit is.

Piet Pompies ·

Sterkte aan die seun, ouers en familie. Tref maar voorsorg op sulke onbewoonde gebiede, dra “boots” wat tot bo die enkel toemaak, slange, skerpioene en spinnekoppe kom natuurlik voor. Gedurende my diensplig het ons maar boots saam die PT broek aangetrek, jy gaan geen mode wedstryd met die kombinasie wen, maar is meer veilig.

Dis reg ·

Mens moet maar sekermaak van watter gevare vir jou wag daar waar jy wil heengaan en goed voorsorg tref. Ek het in Namibië grootgeword en ons is van kleinsaf bedag gemaak op slange en veral skerpioene saans in die somer. Hierdie is Afrika….en mediese diense ver van afgeleë plekke… Toeriste moet dit besef.

Ag asseblief! ·

Ag asseblief! Slange se koppe moet plat, so se die Bybel ook! Ons het sopas een plat geslaan, net n ou bruin huis slangetjie wat nie eers in die huis was nie maar buite! Hier leef hulle nie lank nie, as ons hulle kry is hulle oorle slange!

Tiaan ·

Moet asb nie die Bybel se woorde verdraai nie. Lees asb die gedeelte in Genesis weer. Dit se die SAAD van die vrou, HY (enkelvoud) sal sy kop vermorsel en die slang sal hom aan die hakseen byt. Dit is die eerste profesie oor Jesus wat Satan gaan verslaan. Nie dat elke slang doodgemaak moet word nie.

Ruby ·

Daai dokter behoort deur die mediese raad onbevoeg verklaar te word!

humor ·

In Namibie was n groot deel van my fanmilie en vriende pionierboere. Was dedurlopend aan slangbyt soos die van pofadders en horingsmanslange bloodgestel. Ek kan waarborg dit sou baie beter met hierdie man gegaan het as daar n paar snye in die lengte van die spierweefsel toegedien was en hope sout in die snye geplaas was. die sout trek onmiddelik groot hoeveelheid gif uit. Verder moes hierdie area oorvloedig met ys bedek gewees het want dit vertraag bloedsomloop wat die gif versprei.Ook moes die been boontoe met verband of self met langbeensokkies styf toegedraai wees om gifverspreiding te voorkom. Dit klink rof maar so het ons oorleef sonder dokters.

Mariné Lourens ·

Dagsê Natda

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat volgens Skryf Afrikaans van A tot Z is die korrekte taalgebruik om te sê ʼn slang pik, maar die plek waar ʼn slang gepik het, is ʼn slangbyt.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Abe ·

Natda,
Die korrekte Afrikaanse uitdrukking is dat n slang pik. Enige Afrikaanssprekende persoon sal egter duidelik en dadelik verstaan as jy se hy is deur n slang gebyt. Die wond wat n slang veroorsaak is wel n slangbyt.

Abe ·

Marine Lourens,
Dankie aan MM vir keurige en goedversorgde Afrikaans in julle berigte en ook vir nou en dan n verduideliking soos hierdie oor die kwessie van n slang wat pik of byt.

Hennie ·

Donker Afrika… Ons moet die gevare verstaan as ons iewers heen wil reis in Afrika! Sterkte met die herstel. Hoop hulle kan sy been red!

humor ·

MM ek neem julle nie kwalik dat my kommentaar nie geplaas word nie. Was self met vakansie en dit sukkel maar om aan die gang te kom.

Sputnik ·

Dink tog net bietjie verder as wat jul neuse lank is, mense: Koos het net gesê gelukkig het niemand die slang doodgemaak nie omdat die bygelowige dokter die slang eers lewend wou sien.

Limpopo ·

Nee Sputnik…. Koos het al op n vorige slangpik berig waar die mense die slang dood gemaak het, woedend geraak en sy kommentaar gelewer oor hoe hy voel as n slang dood gemaak word!

Verkeerde raad... ·

Heeltemal verkeerde raad om die been styf met verband toe te draai in geval van ‘n slang met cytotoxic gif soos die Pofadder…

Eddy ·

Die giftigste slang in RSA is die swart mamba ,maar die mees gevreesde slang is waarskynlik die pofadder.n Pofadder is goed in kamoefleëring ook.Ek is altyd bedag waar ek in die veld loop.Ek loop stap vir stap,loop met n stok,dra industriële skoene en gaan krap nie daar waar ek nie moet nie.Dis die veld,dis diere se woonplek,so ek onthou dit altyd.

Lynette ·

Sputnik. Ja….duidelik het Koos dit tong in die kies bedoel (met verwysing na die bygelowige dokter wat EERS die slang lewend wou sien)..ai, die intelligensie van ons nasie darem….

Heksie ·

en nou baklei en stry julle onder mekaar oor ‘n verdomde slang, terwyl ‘n jong man in die hospitaal lê!!!! so tipies ons ou volkie! Kry jull nie skaam nie? elkeen wil opsluit die laaste woord inkry!!!!

Slange hoort in die natuur, ja, maar ek wonder of jy nog so sou gereageer het Koos, as dit jou kind was …

At Dippenaar ·

Kan verstaan as mense warm onder die kraag raak oor politiek – maar om so drama te gooi oor ‘n slang is banaal. Sterkte aan KJ en familie.

kallie ·

Slange se koppe moet ingeslaan word. Daar heers baie onkunde oor die goed,maar ek sou nou beslis nie sê streel sy koppie as jy hom teëkom nie. As mens bedreig is en voel deur die ding maak dood. Daar is baie ander bedreigde spesies wat beskerm moet word,gee liewer aandag aan hulle.

E.K. die eerste - ek LIEF diere ·

As ek party kommentare lees dan besef ek weer wat iemand gesê het is so waar: Hel op aarde sal wees om saam met party mense wat kommentaar lewer op ‘n eensame eiland gestrand wees.

jakes ·

Slange is daar om vrek gemaak te word. Hulle is slu, agterbaks en het n gesplete tong wat verskeie ander eienskappe verteenwoordig. Het self n vriend verloor wat deur n swartmamba gepik is in sy kombuis. Slange verteenwoordig die satan en as lesers n bietjie kennis van die bybel het sal hulle weet hoekom.

Abe ·

jakes,
Waar die Bybel van slange praat het ons te doen met +/- 2000 jaar gelede se midde oosterse beeldspraak. Slange het niks met die Bybel te doen nie en ook nie met die duiwel nie. Die gesplete tong van die slang is n wonderlike biologiese aanpassing en verteenwoordig nie een of ander spookagtige eienskap van n slang nie. Om iemand aan die dood af te staan is altyd tragies en selfs traumaties en ek simpatiseer opreg met jou oor die verlies van jou vriend.

anton ·

Wel mediese dienste in Afrika is grotendeels swak en dit gaan net swakker word met tyd.
In S.A is dit ook maar net n kwessie van tyd en alles sal tot niet gaan veral as daar nie meer blanke dokters opgelei word nie wat reeds al die geval is.

Ag asseblief! ·

@jakes – ek stem 100% saam! Wat van die vieslike goed wat in n MENS se huis in kom en die spoegkobras wat in jou bed inklim? Dis mos nie hulle habitat nie? Hoekom kom pla hulle mens in die huis en word jy dan gepik? Ek het genoeg kennis van slange om te weet dat hulle die dood kan veroorsaak! En ja hulle is slu! Sluip in jou huis in en gaan kruip iewers weg, veral hier by ons in jou bed ens, my genade mens! Wat soek hy daar? Spoegkobras kom voor asof hulle mense jag! Gaan lees maar hoeveel KINDERS is in hul bedjies gepik deur spoegkobras veral die Mosambiekse! Moenie vir my kom vertel ek moet hom nie dood maak nie! TWAK!!!

Nicolene ·

Eddy, ek lees nou deur al die mense se kommentaar & joune is voorwaar die sinvolste – ek stem 100% saam

Perd ·

Geelslang, pofadder, mamba…noem hom op…enige slang…ek skiet hom dood, want, somewhere along the line, gan hy my pik.
Eks jammer vir geen slang nie…vermorsel sy kop…anders byt hy jou an die hakskeen

A Mac ·

Dis Afrika vir jou. As jy gaan vakansie “buite die beskawing”, dan moet jy sulke dinge verwag. Kan net nie dink hoekom die mediese versekering nie dadelik gereel het vir ‘n helikopter nie.

Lou ·

Daar is heelwat kommentaar dat dit is wat mens moet verwag as jy in Afrika se onbewoonde en wilde dele gaan vakansie hou en dat mense eintlik nie daar hoort nie. Ek het al Pofadders gekry by baie plekke in SA. Struisbaai, Tankwa Karoo park, Van Wyksdorp, Kruger Wildtuin, Thabazimbi, Ellisras om ‘n paar te noem. Pofadders is seker een van die slange wat die wydste verspreid voorkom in SA so dit kon regtig enige plek gebeur het. Al verskil is dat ons mediese dienste tans nog so bietjie beter is as die res van Afrika. Sterkte aan die jongman met die herstel.

Lcom ·

Stekte jong man, kan net bid dat alles goed afloop en jy volkome herstel.
Slange het maar eens n slegte naam maar sonder hulle sal ons seker deur rotte en ander gediertes weggedra word.

humor ·

Natuurkundiges en onkundiges is baie gepla oor n rotte en muiseplaag as iemand n slang wil dood maak. Vertel vir ons waar daar al n rotteplaag uitgebreek het vanwee slange wat dood gemaak is. Slange word by die duisende in SA en NAM dood gemaak en ek weet van geen rotteplaag a.g.v. daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.