Monique van Zyl het op 22 April haar dogtertjie, Winique, by die kleuterskool gaan haal en was op pad terug werk toe, toe Winique aan ʼn lekker begin stik het. “Ons het by die rooi verkeerslig gestaan. Ek het haar op haar ruggie geklap maar dit het nie gewerk nie. Ek het paniekerig geraak en naderhand uit die motor geklim om te probeer hulp kry.”
Volgens Van Zyl het mense net verbygery. “Ek het so magteloos gevoel. Skielik het ek ʼn man gesien wat na my toe hardloop. Hy is dadelik na Winique toe en het in haar keel gekyk. Ek weet nie wat hy presies gedoen het nie, maar die lekker is af in haar keel en toe is sy ‘fine’.”
Van Zyl het gesê sy en die man het vinnig gesels en hy het haar gevra of sy oukei is. “Hy het gesê ek moet versigtig ry aangesien ek baie gebewe het. Ek voel so sleg want ek was in skok en het nie eers sy naam gevra of sy nommer gekry nie. Ek sal graag net ordentlik vir hom wil dankie sê en dalk vir hom iets gee.”
Volgens Van Zyl kan sy net onthou die man het in ʼn wit bakkie gery en dat daar ʼn jong seun in die bakkie was. Die man is vermoedelik in sy 40’s. Winique se ouma, Rosaleen Colyn, het intussen ná die voorval ʼn inskrywing op Facebook gemaak: “Iewers in die Vaaldriehoek is daar ʼn engel. Meneer, ons weet nie wie jy is nie, maar jy het vandag my kleindogter se lewe gered,” het sy geskryf. Die inskrywing is amper 5 000 keer op Facebook gedeel.
Enigiemand wat weet wie die man is kan Maroela Media by [email protected] kontak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Helde daad!
Dit is waarlik goeie nuus en gee mens n warm gevoel in die hart. Sulke mense maak die wereld n hemelse plek.
laat my wonder of dit nie n regtige engel was nie
8 jaar terug het n man oor die straat voor n taxi ingehardloop toe my 2 jarige seun pad toe gehardloop het. Ek het so gegil, soos ek my seun probeer inhardloop het, dat die man my gehoor het. My seun was buite sig van die motors. Die taxi het met skreeuende brieke tot stilstand gekom omdat die man voor hom ingehardloop het. My seun het toe van die randsteen af geval reg voor sy wiele. Ek het ook so geskrik engebewe dat ek nie kon onthou of ek hom ordentlik bedank het nie. Dankie! Hy word oor n paar… Lees meer »
Ek hoop jy kry jou Engel om n kans te hê om net dankie te sê. Asb post n foto van hom en jou klein engel, sal awesome wees om die twee saam te sien!
Baie sterkte.