Gesin soek ‘engel’ wat dogter red

Winique van Zyl. Foto: Verskaf

Winique van Zyl. Foto: Verskaf

ʼn Gesin van Vereeniging is op soek na ʼn man wat moontlik hul vierjarige dogtertjie se lewe gered het.

Monique van Zyl het op 22 April haar dogtertjie, Winique, by die kleuterskool gaan haal en was op pad terug werk toe, toe Winique aan ʼn lekker begin stik het. “Ons het by die rooi verkeerslig gestaan. Ek het haar op haar ruggie geklap maar dit het nie gewerk nie. Ek het paniekerig geraak en naderhand uit die motor geklim om te probeer hulp kry.”

Volgens Van Zyl het mense net verbygery. “Ek het so magteloos gevoel. Skielik het ek ʼn man gesien wat na my toe hardloop. Hy is dadelik na Winique toe en het in haar keel gekyk. Ek weet nie wat hy presies gedoen het nie, maar die lekker is af in haar keel en toe is sy ‘fine’.”

Van Zyl het gesê sy en die man het vinnig gesels en hy het haar gevra of sy oukei is. “Hy het gesê ek moet versigtig ry aangesien ek baie gebewe het. Ek voel so sleg want ek was in skok en het nie eers sy naam gevra of sy nommer gekry nie. Ek sal graag net ordentlik vir hom wil dankie sê en dalk vir hom iets gee.”

Volgens Van Zyl kan sy net onthou die man het in ʼn wit bakkie gery en dat daar ʼn jong seun in die bakkie was. Die man is vermoedelik in sy 40’s. Winique se ouma, Rosaleen Colyn, het intussen ná die voorval ʼn inskrywing op Facebook gemaak: “Iewers in die Vaaldriehoek is daar ʼn engel. Meneer, ons weet nie wie jy is nie, maar jy het vandag my kleindogter se lewe gered,” het sy geskryf. Die inskrywing is amper 5 000 keer op Facebook gedeel.

Enigiemand wat weet wie die man is kan Maroela Media by [email protected] kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

lettie ·

Dit is waarlik goeie nuus en gee mens n warm gevoel in die hart. Sulke mense maak die wereld n hemelse plek.

neelsie ·

Laat ons Jesus se hande wees wat goeie dinge aan ander doen.Dit was n engel, hoe dan anders?

Minette ·

8 jaar terug het n man oor die straat voor n taxi ingehardloop toe my 2 jarige seun pad toe gehardloop het. Ek het so gegil, soos ek my seun probeer inhardloop het, dat die man my gehoor het. My seun was buite sig van die motors. Die taxi het met skreeuende brieke tot stilstand gekom omdat die man voor hom ingehardloop het. My seun het toe van die randsteen af geval reg voor sy wiele. Ek het ook so geskrik engebewe dat ek nie kon onthou of ek hom ordentlik bedank het nie. Dankie!
Hy word oor n paar weke 11.

Liz ·

Ek hoop jy kry jou Engel om n kans te hê om net dankie te sê. Asb post n foto van hom en jou klein engel, sal awesome wees om die twee saam te sien!
Baie sterkte.

VeldYuppie ·

Ware helde soek nie erkenning nie, hulle doen wat hulle doen oor wie hulle is: Gewone mense wat onder ongewone omstandighede uitsonderlike dade doen. Ek vermoed dat daai “held” nie ietsie soek nie en dat as hy môre verby jou stap op die sypaadjie net stil sal glimlag nadat jy verby is.

Blinde Sjambok ·

…presies hoe dit is! ‘n Wit bakkie …met ‘n engel wat seker maak die kind volbring sy roeping…!

Gesiggie ·

My hele lyf slaan uit van hoendervleis”’ Ek sluk swaar aan die knop in my keel”” Mnr dankie dat jy Winique se Engel was…. dat jy daar op gedaag het…Ek wil ook gou n verhaal deel van n Engel…. My sus nou al reeds 3 jaar oorlede… het agv medikasie in mekaar gesag dit was nou al seker 22 jaar terug… haar hart het gaan staan, en die Doktors het als probeer om haar by te bring, maar kon niks meer doen, net toe hul wil opgee, het n vroue Dr in gestap en gesien wat gebeur, en die Doktors beveel om terug te staan… en sy het na my suster gekyk en beveel… hierdie vrou moet lewe… sy het 2 keer weer geskok… en daar het my suster se hart weer begin klop, almal het haar die wonder werk van die Hospitaal genoem, en ja sy het vir nog 19 jaar daar na gelewe… So vra waarom ek dit noem, Be course I BELIEVE IN ANGELS”” SO DANKBAAR VIR JOU EN MAMMA WINIQUE…..Mag jul gou jul Engel opspoor…

Jeannette Geldenhuys-Smit ·

Touched by an angel. My jongste dogter Nelien het 17jaar gelede haar eerste en enigste epileptiese aanval gehad. Sy het al haar lewensfunksies verloor en is dood verklaar by die hospitaal. ‘n Jong blondekop dokter met blou oë het vir my kom vra of hy ‘n paar minute saam net my kind kon kry. Toe hy uitkom sê hy vir my my dogter vra na my. Ek was oorstelpd van vreugde. Sy is tans 22jaar oud en besig met haar meestersgraad. Nodeloos om te sê…. ek kon die dokter nooit weer opgespoor kry nie. Ons word soos Psalm 91 sê omring deur engele. Onthou God het nie nodig dat ons wonderwerke soos hierdie verkondig nie, maar ons het nodig om dit te vertel sodat ons self bly glo.

angelique ·

Dankie vir jou post. Ek voel negatief op die oomblik oor so baie dinge in ons land en ek het 2 klein seuntjies wat ek graag sal wil sien grootword in hierdie land. Jou post laat my weer glo aan goeie goed. Hoop daar is engele om ons elke dag

GES ·

Om sulke getuienisse te lees laat mens opnuut weer besef hoe nietig ons is en hoe groot ons God is wat ons dien.

Xa ·

Soms gee paramedici en ander wat moet help te gou op. Hul word geleer dat jy kan ophou as jy “moeg” word, na n sekere tyd nie terkens van lewe sien ens nie, maar ek het al gehoor dat alhoewel die kans klein is, as jy aanhou en aanhou kan jy net dalk die person red.

Mel ·

Dis vandag vreeslik om daaraan te dink dat jou medemens ni meer sal stop en vra of als okey is as hul sien daar staan ‘n kar langs di pad ni as gevolg van veiligheid, Daarom glo ek ook daar is beslis “engele” op di regte tyd op di regte plek, ek is so dankbaar vir julle

pop ·

Xa, jy praat nou nonsens. Paramedici word gn geleer hulle kan ophou as hulle moeg word nie. Daai mense werk onverpoos om mense se lewens te red. My seun is al weggetrek van n lyk af omdat hy net aanhou en aanhou probeer.

Amelia ·

Goeie nuus. Jul kan die man bedank. Gaan vannaand of net waar jy nou is en se Dankie God, vir die engel oor ons pad. Ek glo as dit nie fisies ‘n engel was nie, het God dai person oor jou pad gebring. Alle eer aan ons Almagtige God wat so min erkenning in ons ou sondige lewens kry. Amen

Tasha ·

Die loflief “How great is our God” kom dadelik by my op. Baie bly dat klein Winique gehelp kon word.

lorayne ·

DANKIE Pop! Ek waardeer dat jy opkom vir ons Paramedici en ek wil ‘n stuipe kry oor uitlatings van mense soos Xa! Jy praat dinge waarvan jy niks weet nie, en van “ophou as hulle moeg word” is vir my ‘n eerste! . . . My seun sal NOOIT opgee nie Xa, en ook GEEN ander paramedic wat ek ken nie! Nie op jou nie, nie op jou ouers nie, nie op jou kinders nie. . . hulle sal opgee op NIEMAND nie!

Gesiggie ·

Voorwaar, was dit nou lekker om al die kommentaar te lees… ja mense solank ons Glo, dat daar vir elkeen van ons n Engel is…. wat ons sal beskerm…. sal ons lewe roos kleurig wees.. die dag met my sus se begrafnis het ek n brief voor gelees, en ek het afgesluit met die woorde…. Engele om my : As ek na jou verlang: sal ek opkyk na die Hemel en weet , jy is nou die Engel wat jou vlerke om my vou”’ en ek glos, sy is elke dag by my”’ Mag daar vir elkeen n Engel wees, wat hul beskerm elke dag.

Griki ·

Dit is die mooiste, mooiste storie en ek het sommer hoendervleis gekry. Maar nadat ek al die kommentaar en van al die wonderwerke gelees het, is ek nou sommer hoendervleis x 5. Baie dankie vir julle inspirasie en getuienis. God is Groot!

Edmond ·

Aan die koning van die eeue die onverderflike, onsienlike alleenwyse God kom toe al die eer en heerlikheid tot in alle ewigheid. Dit is net weer opnuut n bewyse dat ons God lewe, en hy sorg vir sy kinders. Prys die Here… Our God does miricales oh so Great..

Tinka ·

Wonderlike verhaal met ‘n gelukkige einde. God het my ook omring deur engele in die vorm van mense in ‘n donker tyd. Ek kon noe vir elkeen opspoor en dankie se nie, maar het besluit ek sal hul goedgunstigheid bedank deur ook te probeer foed doen waar ek kan. Nie altyd maklik nie, maar ek glo vas dat alles wat jy gee sal na jou terugkom. Ek is seker die dame het al baie gegee en sy is beloon daarvoor dat iemand anders haar weer gehelp het in nood.

Rika ·

Ek prys die Here vir mense wat nog omgee vir ander. Dankie meneer?. Ek is Winique se ” ander ouma” en is baie dankbaar.

Sê maar net ·

My seun was 3, in 2011. Ons was in Game in Lake Side Mall gedurende Desember. Hulle het ‘n kinder dvd opgesit en my skoonma ht hom laat kyk. Sy het omgedraai en weggestap en hom alleen gelos. Hy het nie geweet waar om ons te kry nie en toe ek hom soek is hy weg. Hy het begin huil, en die sekuriteits beampte het hom na hulle beheer kamer toe gevat. Hy was onder my oe uit vir 10 sekondes, maar daai 10 sekondes het soos ‘n uur gevoel toe ek hom nerens kon kry nie. Daai sekuriteits beampte was ‘n engel om my kind na die beheer kamer toe te gevat het. Toe ek by die deure uithardloop en huil en vi almal vra of hulle my kind gesien het, het hy gesien ek is histeries. Hy het my kalm aan die skouers gevat en gesê:”Hi Madam, come with me, I took a boy to the control room, please come and see if it is your child” Hy het saam my opgegaan met die roltrap, hy het die deur oopgemaak, en daar was my kind, veilig, danksy ‘n engel in Lake Side Mall. Sulke mense bestaan regtig, en God gee sulke klein goedjies sodat ons kan sien dat Hy nog hier met ons is.

Schalk ·

Vanoggend presies 9jaar terug was ek in n vragmotorongeluk net buite Pretoria , daar het n man en vrou gestop. Hul het n Isuzu bakkie gery, die man het my gehelp om n groot wond in my gesig skoon te maak en ek het ook nie eers n naam gevra of niks nie, net dankie gese. Sal graag daardie mense in die oe wil kyk en weer bedank! Wonderwerke bestaan, ons sien dit net nie meer raak nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.