Gesin steeds getraumatiseerd ná huishulp hul glo vergiftig

Mandy de Lange

Mandy de Lange

Mandy de Lange, ʼn inwoner van Umhlanga in KwaZulu-Natal, en haar gesin is steeds getraumatiseerd nadat hul huishulp, slegs bekend as Thembi, hulle probeer vergiftig het.

“Thembi is glo verlede week vrygelaat, aangesien sy slegs van algemene aanranding aangekla is en dus nie langer aangehou kon word nie,” het De Lange Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Sy het gesê die uitslag van die mediese toetse wat sy, haar man Heinrich, en vier kinders ná die voorval ondergaan het, is onlangs aan hulle bekend gemaak. “Ek en Heinrich se lewers is vergroot. Ons dokter het gesê dit dui daarop dat ons vergiftig is, omdat ons lewers die gifstof probeer uitwerk het. Heinrich se bloedtelling is ook uitermatig hoog. Almal in die gesin het ook ʼn rooi uitslag gekry wat gejeuk het. Die uitslag op ons velle is darem nou besig om weg te gaan,” het sy bygevoeg.

Sy het gesê sy weet nog nie wat die uitslag van die polisie se toetse op die vermeende gifstowwe is nie. “My dokter het wel gesê ons moet versigtig wees dat die gif, wat dalk ook moetie kan wees, ons nie hepatitis gee nie. Ons hou ons gesondheid dop vir enige tekens daarvan.”

De Lange sê sy dink nie eers daaraan dat die vermeende moetie bonatuurlike gevolge kan hê nie. “Ons gesin is groot Christene en is glad nie daarvoor bang nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig De Lange en haar gesin het voorverlede week almal siek geword nadat hulle vergiftigde koffie en vrugtesap gedrink het. Sy het agterdogtig geraak oor die huishulp wat sy vier weke vantevore aangestel het. Die gesin het al hul kosbestanddele nagegaan en ontdek dit is vermoedelik besmet. Klik hier om verder te lees en ʼn video oor haar onderhoud met eNCA te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AmY ·

Ek glo dit nie!!! Dis onmenslik wreed!!! En maak nie saak HOE SLEG OOKAL jou werkgewer jou behandel nie, om hulle te probeer vergif nie.

En dan is die klag algemene aanranding??? Wat is fout met ons regstelsel?

Madelaine ·

Algemene aanranding?? Dit is POGING TOT MOORD OP 6 AANKLAGTE! As die rolle omgeruil was, hoe sou die aanklag dan gelees het.? Die land van ons is regtig siek!

Ant ·

Yip, om dit kras te stel: sommige mense kies om eerder dood gemaak te word in hul eie bed as om hul eie bed optemaak. Raak ontslae van die tuin jonge en huis hulpe, dit verg bietjie aanpassing maar glo my jy het hulle nie nodig nie. En moenie jouself bluf deur te dink jou huis-hulpie is ‘n goeie mens nie. Jy weet nie wat haar lewe beinvloed daar waar sy woon nie. As sy moet besluit tussen jou en haar kinders, gaan jy definitief tweede kom. Se maar net…..

PURE BOER ·

Dis hoekom ek in my eie tuin werk en my vrou in die huis. Dis maar moeilik om hulle te vertrou. En wat is fout met die gesin? ken net haar naam en niks anders? Nee wat vroutjie, maak eerder jou eie kofie en leer jou kinders die regte manier (bed opmaak en help in die huis)

Estelle ·

Ek sê ook dis POGING TOT MOORD op die huisgesin. Ons regstellsel is korrup verby!!! Daarom ek geen huishulpe en tuinwerkers naby my wil hê nie, jy kan die goed netnie vertrou nie!!
As hulle jou nie probeer vergiftig en aanrand nie, besteel hulle jou rot en kaal, dan word hulle boonop betaal daarvoor. Moenie hul arrogansie deesdae verby kyk nie…..!!

AmY ·

Ek stem Ant. Dis sm moeilik sonder ‘n huishulp, maar dis beter so. Ek weet van mense waar die huishulp na 10 jaar ‘uithaak; en saam die tuinjong die gesin aanval en beroof en selfs vermoor.

En ek was al geskok toe ek hoor hoeveel an die huishulpe die werkgewers se alarm-kodes ken…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.