Gesin sterf in Klerksdorp-huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, vrou en hul tweejarige babadogtertjie het Maandagaand in ʼn huisbrand in Klerksdorp, Noordwes, verkool.

Sers. Kealeboga Molale, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 19:30 by hul huis in Doringkruin uitgebreek.

“ʼn 35-jarige Mosambiekse man, ʼn 25-jarige vrou en die paartjie se babadogter was in die huur-huis toe die brand uitgebreek het,” het Molale gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het die brandweer reeds die brand onder beheer gebring.

“Die drie liggame is in die sitkamer van die huis aangetref. Die mense is onherkenbaar verbrand en op die toneel dood verklaar.”

Molale het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodondersoek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Daar is n slang in die gras, mosambieker in doringkruin, een van die gegoede buurte, iets het verkeerd geloop .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.