Gesin sterf in ongeluk

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

Drie gesinslede is Sondagmiddag in ʼn ongeluk op die N3 in Pinetown, KwaZulu-Natal, dood.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het omstreeks 13:30 plaasgevind. Die bestuurder van die motor het beheer verloor waarna die motor teen ʼn betonpilaar gebots en omgeslaan het.

ʼn Pa, ma en seun is in die motor wat op sy dak tot stilstand gekom het, gevind. “Twee pasiënte was in die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word.” Al drie is op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

marianne ·

SPOED… daar is geen ander rede vir ongelukke op daardie stuk van die N3 nie!!!
Geen motor wat ‘n baton pillaar teen 100kms/ph ry sal so lyk nie!!!
My innige simpatie teenoor die naasbestaandes….

cobusp ·

Onthou net wrak is oop gesny om beseerdes te bevry so dit lyk nou erger as die oorspronklik. Grootste rede van meeste ongelukke is die totale onvermoe om te kan bestuur en die ver ontagsaming van pad reels

jacques ·

Al ooit gedink dat dit dalk n tegniese fout op die kar was of selfs dat die persoon dalk n mediese rede gehad het dat die ongeluk plaas gevind het asb mense kom ons dink vir n slag mooi voor ons komentaar lewer. Dink vir n oomblik hoe die naasbestaandes moet voel as jul hartelose komentaar gelees word. Almal maak foute en niemand is perfek nie so hou asb jul komentaar vir julself as jul nie iets ordentelik kan se nie.

JC ·

Enige iets kan gevaarlik wees. Spoed,Sell foon gebruik op die paaie ,of text messages wanneer bestuur is dodelik.

charmaine ·

Laat ek net iets se:toe my suster-hulle in ‘n ongeluk was,(wat NIE hulle skuld was nie) hulle is van agter gestamp,het dit gelyk of hulle in ‘n oorlog was. Die karre deesdae word van plastiek gemaak en nie staal soos vroeer jare nie.

charlene ·

Aaia dit klink my `n hele gesin is uitgewis deur die ongeluk, die arme naasbestaandes wat agter moet bly. Daar is nooit woorde wat dit beter maak nie.
Ek sal nie sê spoed wat die rede vir die ongeluk nie want ek was nie daar nie, al wat ek weet is dit is hartseer.
(Ons was self die naweek amper in `n ongeluk omdat `n blou golf soos `n mal ding gejaag het, hy sou 2 kare uitgehaal het ons, en `n bakkie – en hy sou die kar gestamp het presies waar my dogtertjie sit) Mens moet nie oordeel nie – ons kan ni sê dit was spoed nie want ons was nie daar nie, mens kan nie kruip op die hi-way nie so mens het `n redelik spoed en om daai redelik spoed by die spoed grens kan `n kar so rol.

Mike ·

Hoekom blameer niemand die kar nie,maar alryd n motorfiets as daar een was in n ongeluk,dit kan net die kar se skuld wees daarom ry ek bike en kan nie eers kar bestuur nie…………

Snyoinrtt3 ·

So tragies sterkte aan die families en vriende.RIP Julle nou veiling bemekaar.

Elize Coetzee ·

Die berig sê die bestuurder het beheer verloor! Laaste paragraaf : Weet nie die oorsaak! Teenstrydige stellings!

Landi Slatter ·

Dagsê Eliza,

Dankie vir jou navraag. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die bestuurder vermoedelik beheer verloor het, maar daar sal verdere ondersoek ingestel word om byvoorbeeld vas te stel hoekom die bestuurder beheer verloor het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Tiger ·

Landi Malan,baie dankie vir jou verduideliking.Die mense ( wat nie een daar was nie) se kommentare is bizarre!Die man HET beheer verloor.Dis die oorsaak van die botsing met die pilaar.Maar WAAROM hy beheer verloor het sal mens net kan raai.Daar kan baie redes wees.Het iemand dalk al gedink ‘n hond of ander dier kon oor die pad gehardloop het reg voor die motor en die man het hom probeer vermy en beheer verloor??Dit het al baie gebeur.En met motors wat deesdae van tin foelie en plastiek gemaak word probeer mens jou voertuig beskerm.Al gesien wat doen ‘n tarentaal aan ‘n voertuig se neus as jy hom op 100 km/h tref??Baie duisende rande se skade !En jy staan ‘n goeie kans om beheer te verloor oor jou voertuig op daai moment van impak ook nog.Nee wat,geen normale mens gaan op ‘n mooi snelweg sommer van die teer af ry en hom en sy gesin teen ‘n brug pilaar vermorsel nie.Ons simpatie gaan uit na die naasbestaandes van die familietjie wat so ontydig weggeneem is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.