Gesin sterf toe huis ontplof

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Gesin van Secunda in Mpumalanga het Maandagmiddag doodgebrand nadat ʼn reuse-ontploffing deur hul huis geruk het.

Sers. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar is nog baie min besonderhede oor die voorval beskikbaar.

“Bure het vertel hoe hulle omstreeks 12:30 ʼn harde ontploffing gehoor en gesien het hoe die gesin se huis in vlamme opgaan,” het hy gesê.

“In hierdie stadium weet ons nog glad nie wat die ontploffing veroorsaak het nie. ʼn Man, (vermoedelik 37 jaar oud), sy vrou (vermoedelik 35 jaar oud) en hul twee kinders, onderskeidelik 5 en 8 jaar oud, het in die huis doodgebrand.”

Volgens Sedibe word daar tans ondersoek ingestel wat die ontploffing kon veroorsaak het en is ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. Die gesin is intussen as Morné en Ronel Kruger en hul kinders, Simoné en Reuben, geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Maroela, julle is bietjie stadig jong. Hierdie het Maandag al gebeur en hulle bespiegel in vandag se koerante dat dit ‘n gesinsmoord kon wees. Baie tragies en skokkend nie te min.

Philip ·

Takkie ek stem ons praat nou die dag dat maroela se berigte altyd so 3 dae agter die tyd is, jy kan maar oplet hulle bespiegel nog dan gee ander reeds die volle storie. Gewoonlik is netwerk 24 hulle ver voor.

Sune van Heerden ·

Dagsê Philip

Dankie vir jou kommentaar, en dankie dat jy nog steeds lojaal Maroela bly lees!
Ons is jammer as jy van mening is dat ons berigte “altyd” boonop “so 3 dae agter die tyd” is. Baie nuusgebeure word heel eerste hier op Maroela Media gebreek – geen wonder nie dat ons tans die grootste gratis Afrikaanse nuuswebwerf is!

Dis natuurlik vir ons belangrik dat ons op hoogte moet bly met die jongste nuusgebeure en ons is trots om te kan sê dat ons met ‘n baie klein nuusspan wondere verrig om aan die voorpunt te bly. Laat weet ons nuusredakteur asseblief onmiddellik by [email protected] indien jy voel dat daar ‘n spesifieke nuusberig op Maroela gepubliseer is wat dalk “ou nuus” bevat – dit is dus, nuus wat gepubliseer is sonder dat ons nuwe inligting bekend maak. Ons stel dan graag ondersoek in!

Intussen hoop ek jy bly ingeskakel – ons is regdeur die feesseisoen beskikbaar: en onthou, ons nuus is altyd gratis!

Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Piet Snot ·

Takkie & Philip, as die standaard julle nie aanstaan nie, weier dan bloot om te betaal wanneer jul inskrywing vir die nuwe jaar hernu moet word.
Mens kry mos waarvoor jy betaal, of hoe?

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Maroela Media is heeltemal gratis en verniet! Niemand betaal enigiets om Maroela te lees nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SNEL ·

Hierdie is darem maar vreeslik hartseer. Ek wonder of n gasbottel nie verantwoordelik was vir die ontploffing nie. Goeiste, n hele gesinnetjie, die arme ouers/oumas en oupas; kleinkinders en kinders wat hulle so op een slag verloor. Baie sterkte aan die familie!

Tersia ·

Volg miskien liewer ‘n ander webblad. Die belangrikste hier is dat mense hul lewens verloor het.

Peet Schabort ·

Gaan kyk by ‘Ridgetimes.co.za’ vir meer hieroor.
Ongelukkig word ‘spoeg en plak’ nie toegelaat.

Maria ·

Vir die wat so kla dat dit ou nuus is, dis die eerste keer dat dit gebeur vandat ek Maroela volg. Onthou dat die nuus gratis is. Was op ander netwerk ook ja maar tensy jy ingeteken is teen n fooi kan jy nie die berig lees. Almal het nie toegang tot koerante nie. Dankie Maroela. Doen so voort en ignoreer die onnodige snedigheid.

Karel ·

En wat het die feit dat dit gratis is uit te waai met die prys van eiers ??? Ou nuus bly ou nuus, al is dit gratis bly dit nog teleurstellend MM !!

Ouboet ·

Dankie vir al die nuus.

Hartseer as gesinne so uitgewis word.

Kommentaar word sekerlik oor nuus gevra en nie oor die ouderdom daarvan nie?

Takkie Takuuza ·

Ek dink nie my kommentaar was snedig nie, ek het slegs die feite gegee. Ek dink Piet Snot en Maria is snedig. Ek weet die nuus is verniet en ek komplimenteer Maroela met dit, ek het net genoem dat die ander koerante al die opvolg storie geplaas het. En ek het dit aan Maroela gerig nie aan julle nie. Maar nou ja, daar moet altyd iemand wees wat iemand anders aanvat oor ‘n kommentaar, dis hoe ons ou volkie is. Sit soos klomp bang hondjies in ‘n hoek en byt na mekaar. Net oor ons nie presies dieselfde dink nie en jy jou opinie as die enigste ag.
Ek het nou klaar tyd gemors met hierdie onsinnighede. My diepste en innigste meegevoel vir die familie en vriende van hierdie mense, dit is ‘n verskriklike tragedie.

Frik Botha ·

Baie dankie vir jul beriggewing dit word baie gewaardeer, maak nie saak of dit laat is of nie, dit is in Afrikaans en gratis wat baie waardeer word. Gaan so voort. Wil net weet is daar dalk opvolg nuus oor hierdie berig oor wat moontlik gebeur het. Geseënde kersgety

Charla ·

Ek stem saam Marloen Media. Ek lees veel eerder MM. Altyd intersant en lees gereeld hier nuus wat ek nerens anders kry. Wat maak dit nou saak of dit al 3 dae terug gebeur het?!

Baie dankie

Charlene ·

Baie dankie MM vir ons in Nieu-Zeeland help die nuus,maak nie saam of dit gister of eergister gebeur het nie-ons kry nie andersins nuus van SA nie. Hou die blink kant bo…en baie dankie. Geniet die fees seisoen.

Laurika Jacobs ·

Baie hartseer! Ek wonder wat het van die diere geword? Hoop iemand kon hulle darem help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.