Gesin tydens aanval op Pta-plaas aangehou

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Gesin is Vrydag in die vroeë oggendure deur vier mans op ʼn plaas buite Pretoria aangehou en beroof.

Kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier mans, van wie twee met pistole gewapen was, het net ná middernag op die slagoffers se huis in die Buffelsdrift-Bawrea-omgewing in Kameeldrift, noordoos van die stad, toegeslaan.

“Die verdagtes het die huis ingestorm en die huiseienaar oorweldig toe hy gaan ondersoek instel het,” het Maheso gesê. “Hulle het hom gegryp en met kabelbinders vasgemaak en op die vloer laat lê.”

Twee van die verdagtes het deur die huis gegaan en die huiseienaar se ma en sy vrou na die vertrek geneem waar die man aangehou is. Die twee vroue is ook vasgebind en op die vloer laat lê.

Die mans het op die kluis se sleutels aangedring, maar daar was niks in die kluis nie. Hulle het ʼn televisie, DVD-speler, kamera en vier selfone in die huis gebuit. Daarna het hulle by ʼn kantoor by die huis ingebreek waar hulle drie skootrekenaars, ʼn eksterne hardeskyf en nog ʼn televisie gesteel het. Hulle het die ware in die slagoffer se RAV 4, met die registrasienommer CK 83 VJ GP, gelaai en in die voertuig van die toneel gevlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gertjie ·

Daar is ‘n Kameeldrift Oos van Pretoria en ‘n Kameeldrift Wes van Pretoria. Maar Noord, nee.

KarooKlong ·

Gert, hier op myne staan: Kameeldrift, noord van die stad.

Lizaan ·

Gertjie speel dit werklik so n groot rol om oor alles n byt te wil gee. Sien die breer prentjie raak nl roof.

RSA ·

Lizaan, klink of jy soos sommige onakkuraatheid en foute tot standaard wil verhef. Kyk hoe lyk SA se onderwysstelsel en die produkte daarvan.

A.Willemse ·

RSA, hareklowery is erger as onakkuraatheid. Kameeldrif is in die omgewing van die Roodeplaat dam Noord-noord-oos van Pretoria. Hoekom nou die skole ook nog hierby betrek?

Johannes Meintjes ·

Hoe lank wil ons burgerlike beskerminginstansies, oos of wes, verlig of verkramp, nog baie praat en min gedoen kry om burgers tot effektiewe selfbeskerming te help oproep, afrig en onderskraag? Elke plaas, plot of huisroof rig skade aan mense aan. Die verliese hoop op totdat ons mense (soos in Zimbabwe) totaal verbrokkel, ontneem, onterf en uitgerangeer is. Kom ons kry ons GPF, buurt en plaaswag aksies opgeskerp tot op ‘n nasionale standaard en samewerking met meer fokus en doelgerigde uitvoering en minder onkonstruktiewe argumente, asb.

Wouter ·

Jan jy is reg maar dink nie daar was n vuurwapen nie want daar was niks in die kluis nie. Dalk het die ou al sy wapens ingegee met die regering se beleid op vuurwapens van so paar jaar gelede. Net baie bly hulle het niks oorgekom nie. Behalwe die sielkundige trauma.

Moeg vir die TROLLE ·

#Lizaan, baie dankie vir jou opmerking , voel dieselfde as jy en ek is baie dankbaar en bly jy het iets gesê!!

As ek my mond oop gemaak het, dan sou ek verban gewees het van Maroela Media!

Mense soos hy en RSA moet eerder van FB afbly, want dis juis oor verveeldheid wat hulle die snert gesit en uit gedink het en toe kwyt geraak het!

RSA se opmerking was regtig ongevraagd gewees! Wys jou net, as hulle die goed sê, wat word hulle kinders geleer. Ek wet jou hulle is diesefde!!

Beide van hulle is regte trolle en ek hoop hulle word verban! Maar nou ja, dis oor mense soos hulle wat die land is waar hy is vandag!!

sarie van heerden ·

Daagliks kommunikeer ek met Suif Afrikaners wat die land verlaat het na ‘n beter lewe in die buiteland. Ek is te oud om pad te gee maar van my vriende asook familie is nog net hulle oor terwyl AL hul kinders getrek het. Gelukkig vir hulle dat hul kinders ‘n tweede kans gekry het.

sarie van heerden ·

My familie en vriende het party van hulle geen kinders meer in die land nie omdat die jonges almal padgegee het na ander lande waar hul ‘n tweede kans vir oorlewing het. Ek is te oud om weg te gaan maar as ek jonger was sou ek dieselfde roete gevolg het.

De Weer ·

En so gaan ‘n Volk wat God so beskik het om in hierdie land te floreer tot niet. Waar is die geloof om terug te keer na Hom en Sy beloftes ons eie te maak. So gaan ons Boerevolk nie oorleef nie. Ons sal deur die masies versprei word en geen identiteit he nie. Ek is on patriot vir Volk en Vaderland – hier sal ek en my kinders bly en Yahweh eer – HY SAL ONS DEURDRA.

Albert Marais ·

Sal graag wil weet of die saak prioriteit sal kry soos deur die polisie belowe is?

Pastoor ·

De Weer jy praat so waar. My kinders was ook in England. Lankal terug sak en pak
My dogter het n son o haar yskas geteken. Want daars amper nooit son nie. Disn morbiede land. God het my inland ge sit met n doel. Ps 23 sê Hys my Herder ek sal geen onheil vrees nie. Neewat keer terug na die Kruis. Al val daar n 1000 aan my linkerkant e 10 000 aan my regterkant ek sal geen onheil vrees. Die is my land. My voor ouers het oorwin met die Bybel in die hand. Kyk na kerk biduur sondagskool bywoning. SA waar jou geloof

Pastoor ·

Ek het n lewe. Hy begin die dag as ek sterf op aarde. As ek gaan sterf. Lees matt 24. Maak nie saak waar jy gaan bly nie. Die wederkoms is sommer baie naby. Die wereld waarin ons bly gaan verby gaan. Die lewe begin die dag as jy sterf. Al verskil dan is dit n ewigheid

Lees die Bybel ·

Pastoor, die ewige lewe begin met die wederkoms van Jesus. Lees 1Thess 4 vers 16 en 17. Die dooies weet niks, hulle rus in die graf tot die opstandings more. Lees ook Prediker 9 vers 5 en 6.

Pieter ·

Nee Pastoor. Jy weerspreek jouself. Die ewige lewe begin wanneer Jesus ons met Sy Wederkoms kom haal. Dooies rus in die graf tot die opstandingsmòre

Takkie Takuuza ·

Soos kinders in ‘n sandput stry hulle oor goed wat hulle nie verstaan nie. Om regtig oor die dood te praat moes jy al daar gewees het, maar mens kom blykbaar nie teug om te praat daaroor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.