Gesin van 3 beseer toe voertuig in sloot beland

Paramedici is die middag omstreeks 16:51 na die toneel ontbied (Foto: Verskaf)

’n Bejaarde paartjie en hul dogter is Woensdagmiddag in ’n ongeluk op die Carletonville-pad buitekant Potchefstroom in Noordwes beseer.

Dit volg na die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het en in ’n sloot langs die pad beland het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is die middag omstreeks 16:51 na die toneel ontbied. Die 40-jarige dogter is buite die voertuig aangetref. Haar 70-jarige ouers was steeds in die voertuig vasgekeer.

Campbell sê die ma het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Die pa en dogter het slegs geringe beserings opgedoen.

Die bejaarde paartjie is na die Mediclinic in Potchefstroom geneem vir verdere mediese behandeling. Die dogter het vervoer na die hospitaal van die hand gewys.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Ben
Die artikel is gewysig.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.