Gesin van drie dood aangetref

Argieffoto

Die polisie in Dutywa in die Oos-Kaap ondersoek die wrede moord op ʼn ouerpaar en hul agtjarige dogter.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die moorde het glo Saterdagaand in die gesin se winkel in die Nqabane-nedersetting plaasgevind.

Die polisie is deur gemeenskapslede ingelig.

“Die oorledenes is ʼn 49-jarige man, 40-jarige vrou en hul agt jaar oue dogter. Dit lyk of hulle met bosmesse of gewone messe aangeval is. Dit is in dié stadium onduidelik hoe die gemeenskap van die moorde uitgevind het.”

Manatha het gesê die motief vir die moord is in dié stadium ook nog onduidelik.

Die oorledenes se name mag nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al hul familielede nog nie in kennis gestel is nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die polisie in Dutywa by 047 489 1333 of die misdaadstoplyn by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elsa ·

Dis darem maar tragies om so wreed aan ‘n mens se einde te kom en hierdie is maar net nog een bewys dat swartmense maar net so vermoor word en dat dit nie net ons blankes of blanke boere is nie. Hoe lank sal dit nog neem voor die ANC regering sal besef dat die enigste afskrikmiddel die doodstraf sal wees?

leon ·

Elsa, passop waarvoor jy wens. Ons woon in n land waar n sekere ras, tronkstraf kry vir die k woord , mense toegesluit word vir die bekende doodskis saga. Maar moordenaars, verkragters en martelaars word uitgelaat op borg of n opgeskorte vonnis weer op die gemeenskap losgelaat word. So gaan die doodstraf selektief toegepas worf op sekere rasse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.