Gesin van vier saam op slag dood

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn gesin van vier saam in ʼn motorongeluk gesterf het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê ʼn botsing tussen ʼn sedan en ʼn vragmotor het Woensdagaand op die N2 tussen Dutywa en Butterworth plaasgevind.

Manatha het gesê die lede van die gesin, wat in die sedan gery het, is op slag dood. “Al vier is op die toneel dood verklaar. Die pa was 53 jaar oud, die ma 42 en hul twee kinders onderskeidelik vyf en 15,” het Manatha gesê.

Die vragmotorbestuurder en ʼn passasier het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal in Butterworth geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die Dutywa-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresia ·

Hoe ongelooflik hartsee en hierdie tyd vd jaar nog soveel meer! Innigste simpatie aan hierdie familie se naasbestaandes. My man werk vir n maatskappy wat landswyd voorraad aflewer. Die drywers is al so moeg maar die eienaar wil nog sy laaste paar miljoene maak in n paar dae. Wie blameer mens? Ai……..

Marie-Louise ·

Sjoe..dis so tragies n baja hartseer vir hul naasbestaandes..ek weet.

John ·

So bitter tragies…en so waar…net die volgende banktransaksie wat saak maak

Erika ·

Marie Louise…ek stem saam oor die vragmotor bestuurders. Hulle is moeg en die paaie is besig. Mense vat kanse en hulle kan nie vinnig stop nie veral as hulle n vol vrag vervoer nie.
Eienaars van vrag motors moet hulle be planning goed vooruit doen sodat hulle nie moee bestuurders op die pad stuur nie. Hulle dink net aan die geld maar vergeet daar is kosbaar lewens op die spel.
Vragmotor bestuurders en publieke.
Sterkte aan familie en vriende

Magda ·

In Duitsland is dit wet dat daar n toestel onder die bestuurder se sitplek moet wees wat wys hoe lank hy ry of hoe lank hy gestop het. Hulle mag nie langer as n sekere aantal ure ry nie

Asjas ·

In SA sal daai ding of stukkend, of weg, of ge”bypass” wees en dan is daar nog die kwessie van die polisieering daarvan. Een groot klug en/of bedrog spul en iemand gaan baie ryk word.

Oni ·

Almal gooi n blinde oog vir die trok bestuurders. vir die eienaar van trokke, beteken hul werknemers absoluut niks. die oomblik as n bestuurder net n dag afvra sonder betaling om n dokter te gaan sien oor seer niere, dan word daar vinnig gese. hier is baie mense wat werk soek as jy te sleg is om te werk. Dis maar een voorbeeld. Hier word nie veralgemeen nie, maar omtrent 80% van eienaars werk so met hul werknemers.

Sê net ·

Ja hier word veralgemeen! Ons het self trokke wat nou ry, ons het Okt maand ons drywers om die beurt verlof gegee sodat hulle nou kan werk. Ons monitor hulle 24/7 – hulle kan nie ry hoe en wanneer hulle wil nie! Daar is wel maatskappy wat n veer voel. Maar ons drywers is vir ons goud werd en ons beloon hulle vir hulle harde werk! Dalk moet die ander padverbruikers bietjie meer respek toon teenoor trokke op die pad! Dis altyd die drywer of sy baas se skuld volgens die res van die padverbruikers. As julle maar net kon sien wat ons daagliks op die dashcams sien, sal julle eerder van die motoriste stenig!

Theresia ·

Dan moet julle beslis die minderheid wees. Want ek kan jou verseker dat daar nie omgegee word oor die drywers by die maatskappy waarvoor my man werk nie. My man is die Versendings en vervoerbestuurder maar as hy met die eienaar praat oor die drywers se werksomstandighede, word dit afgemaak as niks! Hy het tot op elke trok die tracking devices op sy selfoon ook afgelaai, en as hulle net te lank na sy sin stop, is hy op hulle case.

Wimpie Booyse ·

Ek het lank in die Oos Kaap gebly en daardie pad op ‘n gereelde basis gery. Trokke en minibus taxi’s het net geen respek vir die padreels nie en gaan op blinde hoogtes en op draaie by ander voertuie verby, soms moes ek rem trap om plek te maak vir so bestuurder om voor my in te druk om ‘n ongeluk te vermy. Dis baie hartseer van die familie wat gesterf het maar tot daar daadwerklik opgetree gaan word in die Oos Kaap en korrupsie by verkeerspolisie heeltemal uitgeroei word, gaan hierdie tendens aangaan tot inderewigheid!!

Ek ·

Mense moenie oordeel nie. Wie het julle as regters aangestel? Ons het ook ‘n vervoer besigheid en ek kan vir julle sê die kliente dwing jou om hulle goed op die laaste oomblik te ry. Ons het een klient wat smoor kwaad was toe ons geweier het om vandag ‘n vrag in Transkei te laai vir Pietermaritzburg. Hoe dink hy wanneer moet daardie arme drywer by sy huis kom. So asseblief, dis nie ALTYD die baas se gierigheid nie. Wie sê in elkgeval dit was die vragmotor se skuld, kom kyk hoe ry die vakansieganers en hoe arogant en onbeskof is hulle weg van hulle tuis plek. Weereens nie almal is so nie. Dink asseblief voor julle so lekker klappe uitdeel na die eienaars van vragmotors.

Chris Ws ·

Jammer om te se ‘Ek’ maar julle 1 uit ‘n 100 uit.Die res is skerminkels wat hul drywers vrek sleg behandel.Dis tyd dat die Dept.van Mannekrag en Dept.van vervoer die hele spul vervoer kontrakteurs in die land deeglik ondersoek.Onderhoude moet met alle drywers gevoer word dan sal hulle mooi hoor hoe sleg drywers die bedryf regtig behandel word.My swaer het vir verskeie maatskappye gery tot hy genoeg gehad het.Ja motoriste is baie maal moedswillig op gewoon net onnosel en doen simpel dinge om swaar vragmotors – dit kan ek van getuig.

Sone ·

Geen inkopies of aankope tydens daardie tyd nie…bly by jou huis op die dae dan sal die trokke jou nie pla nie

Magriet le Roux ·

Goed Dr en hoe wil jy dan net na die Nuwe jaar jou goed in die winkel kry as niemand mag afgelewer het nie? Is jy regtig n Dr?

Vanes ·

Ai. As ek die kommentaar so lees stem ek saam baie mense maar kom ons vergeet alles en onthou n gesin is dood. Onskuldige kinders se lewe is verby. Rus in vrede. Dis baie hartseer

Melkies ·

RIV. Sekere maatskappye maak ook van ‘dashcams’ in hul trokke gebruik. Die cameras ‘scan’ die drywers se oë en as dit té lank toe is sny die trok uit en kom stadig tot stilstaan. Die onderneming waarvoor my skoonpa werk in Middelburg MP gebruik sulke toestelle.

G ·

Almal blameer altyd dadelik die trokdrywers. Het jul al gesien hoe roekeloos motoriste ry? Hulle wil nooit agter die trokke ry nie, hulle vat hul eerder op blinde hoogtes of op draaie verby waar duidelike sperstrepe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.