Gesin van vyf sterf in Tafelsig-brand

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn Gesin van vyf is Saterdagoggend in Tafelsig in Kaapstad oorlede toe ʼn brand in hul huis uitgebreek het.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, het gesê die brandweer is omstreeks 04:00 na die toneel ontbied waar kinders in ʼn brandende struktuur vasgekeer is.

“Toe spanne van Mitchell’s Plain-brandweer by die toneel in Buffelshoekstraat opgedaag het, het ʼn wendyhuis in ligte laaie gestaan.”

ʼn Man, vrou en drie dogters is op die toneel dood verklaar. ʼn Seun is vir brandwonde behandel.

“Die brand is om 05:10 geblus en die toneel is aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danie ·

Dit is my grootste kommer.
Sonder diefwering en hekke is jy uitgelewer aan moordenaars en diewe.
Met diefwering en hekke kan jy nie n brand ontsnap nie.

Boon ·

jy toon groot insig in die probleem van hekke. ek weet eerstehands die gevolge en sterfte van n vriend van my

Boon ·

dis n tragedie wat gereeld gebeur. hoe kan dit voorkom word? die veiiglheiidshekke is n probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.