Gesin vas vir daggalaboratorium op kleinhoewe

Die daggalaboratorium op ʼn kleinhoewe buite Atlantis in die Wes-Kaap. Foto: ANA

Die daggalaboratorium op ʼn kleinhoewe buite Atlantis in die Wes-Kaap. Foto: ANA

ʼn Gesin van vier is Woensdag op ʼn kleinhoewe buite Atlantis in die Wes-Kaap in hegtenis geneem, nadat die polisie tydens ʼn klopjag op ʼn daggalaboratorium afgekom het.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die klopjag is uitgevoer as deel van ʼn ondersoek na onwettige dwelmhandel in die gebied.

“’n Lasbrief om die perseel te deursoek, is bekom en omstreeks 11:30 het lede van die Wes-Kaapse blitspatrollie en misdaadintelligensie-eenheid op die perseel toegeslaan,” het hy gesê.

Beamptes het ʼn hidroponiese daggalaboratorium met verskeie kweekkamers ontdek. Daar is beslag gelê op talle daggaplante en kwekingstoerusting.

“Daar is ook beslag gelê op ʼn kweekhuis en ander afskortings met verskeie plante in verskillende groottes,” het Traut gesê. “Lede van die Valke is tans besig om die toneel te ondersoek en die waarde daarvan moet nog bepaal word.”

Die 64-jarige man, sy 49-jarige vrou en hul twee seuns, onderskeidelik 25 en 15 jaar oud, is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarie ·

Ag siestog…. Nou word hulle sò kort voor Kersdag, van hul inkomste beroof!!! LOL!!!!! Ek & my huishulp het juis gister bespiegel, oor hoè sommige mense sò stinkryk kan word in diè moeilike finansiële tye… My antw aan haar was: “Johanna, party van diè wat sò ryk is, verkoop dwelms & vernietig ander mense se lewens, gesinne & toekoms!!! Hulle is in mý oë verfoeilik & ek is niè jaloers op die goed wat hulle met bloedgeld gekoop het nie!”

Retief ·

Drie Kersfees-hoera’s vir die polisiemanne wat hierdie klopjag uitgevoer het. Mense wat op hierdie manier ryk word uit ander se ellende verdien niks anders as om douvoordag uit hul beddens geskud te word en reguit na ‘n baie kil sel geneem te word nie, Hopelik kry hulle nie borgtog voor diep in die nuwe jaar nie, want hulle verdien geen tegemoetkoming nie. Hulle rig te veel skade aan, veral onder die jonges van alle rasse.

ou uil ·

Dit nou alles oor `n plant, ek dag God het alles geskape in die natuur met `n doel, of is ek verkeerd.

Pharmarama ·

In Europa vervaardig hulle muurpanele vir huise van Cannabis , interresant . Word daarvoor aangeplant , groei vining , godkoop , ens . Maar die’ gesin is toe nou nie in die Pharmaceutiese bedryf nie .

Rene ·

Ai tog shame. Dagga gaan nooit uitgeroei word nie en dis omtrent nie eers verslawend nie. Dis nou n hele gesin agter tralies en sonder inkomste. Last hulle gaan.

leergierige ·

Weens ‘n gebrek aan kennis sal die mens sy eie ondergang gewerk.

Comprobo ·

Net so leergier ! En is ons kinders nie vergeet nie ! Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”

Atlantis ·

Die polisie beindruk niemand hiermee nie atlantis self is vol tik huise en drug lords maar daar word niks an gedoen

Hans ·

Hulle het seker nie hul “bribes” betaal soos van almal in SA verwag word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.