Gesin verdwyn spoorloos

Die Vosloo-gesin

Die Vosloo-gesin

Die polisie is steeds op soek na ʼn ma en haar drie kinders wat meer as ʼn week gelede spoorloos verdwyn het.

Konst. Maria Mazibuko, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is nog geen teken van Violet Susan Vosloo (45) en haar drie kinders, Marius (23), Lee-Anne (19) en Lanie (16), gevind nie. Volgens Mazibuko het Vosloo se man op Sondag 17 April by die gesin se huis in Highbury, Meyerton, opgedaag en was daar geen teken van sy vrou en drie kinders nie.

“Die voordeur was oop en geen klere is gevat nie,” het Mazibuko gesê. Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat van die gesin wyd op sosiale media te deel met die hoop dat iemand hulle sal opspoor.

Mazibuko het bevestig die polisie ondersoek vier sake van vermiste persone. Enigiemand wat inligting het oor waar die gesin hul moontlik kan bevind, word versoek om die Meyerton-polisie by 016 362 0123 of 082 560 9143 te bel, of die Pink Ladies by 072 214 7439.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Edward James Shawe Snr ·

Iewers is daar n leidraad vermis. Daar is geen teken van struweling nie. Die huis is oopgelaat. Die kinders is redelik ouderdom. Nee wat ek ruik iets wat nie sin maak nie.

Estelle ·

Ruik ek n GROOT rot iewers?? Hoe verdwyn 4 volwasse mense net so??? Is hulle nie dalk kwaad vir pappa nie??? Dalk het pappa verdwyn v n paar dae en toe vat hulle maar die pad???

johann cb ·

Ek vind dit net so vreemd dat vier volwassenes sonder teken verdwyn. Sou die bure nie iets agter gekom het nie? Hulle het dalk die lotto gewen en van swaarkry net besluit om te verdwyn. Mense doen vreemde dinge, solank hulle net veilig is.

Anita ·

LeeAnne is n klient van my en ons was al by hul huis hul is almal baie aangename mense

Baie weird ·

Die rot vrot al lekker. waarvandaan het die Pa die Sondag gekom, hoekom was hy nie saam met sy gesin? Het hy niks agtergekom voor hy weg is nie of weet hy dalk baie meer as wat hy nou bereid is om te sê? Hul moet dalk damme en mere in die omgewing deursoek. Indien jul net iewers is, laat weet hom maar net jul kom nie terug nie, as hy rof is, daar is polisie beskerming, reel dit.

Shannon ·

Was hulle motor nog daar ?
Weet enige van hulle vriende – kinders en ma – iets ? Werkgewers ?
Wanner laas het die bure hulle gesien ?

Geen werklike inligting nie maar alreeds waag die Huisgenoot verslaafdes hier raaiskote.

Joey ·

Ek sou dink die pa moet kan antwoord gee wanneer hy laas met een van hulle telefonies in aanraking was.Hier is beslis n GROOT skroef los.Het al die kinders nog saam daar gebly?Wat se die skool waar die jongste was? Ek sou graag meer wou weet,so hou ons (asseblief) op hoogte?

Cobus ·

Almal besit selfone………sekerlik moes die pa hulle probeer bel het………deesdae se selfone kan mens track to die naaste 10 meter……..klink nie of die pa baie gedoen het tot dusver nie en. Plaas die kollig op hom…………..kom ons wag en sien

Xa ·

Ek vra ook dat ons op hoogte gehou word. Ek het niks verder gehoor of dalk net gemis wat van die verlore sakeman van Pretoria geword het, die jong man met die tuin besigheid wat laas n buskaartjie PE toe gekoop het, weet iemand dalk of hy toe weer gevind was?

m ·

Miskien was hierdie mense moeg vir die pa se “abuse”. Dit gaan ma rof in party huise.

Anoniem ·

Een van 2 scenarios… hulled het weg geloop (sonder klere) of die pa het it’s te doen met hull verdwyning (en dis my opinie alleenlik). Daar is te veel wat nie sin maak nie

Joey ·

Wonder of die wat so speur, klippegooi of uitlatings maak enigsins weet wat omstandighede was! NOT your story, NOT your place to tell, to speak on their behalf, to assume or to judge….! Sorg eerder dat jou eie lewe in orde is!!!

Sarie coetzee ·

Ek kani sien dat n hele gesin en dit groot kinders net so van die aardbol af kan verdwyn nie. Die pa moet vasgevat word. Wa was hy? Wanneer laas het hy met een van hulle gepraat of gesien. Werksplek moet besoek word. N goeie speurder sal die saak oplos. Los dit vir die polisie.

Annetjie Keyser ·

Dis n vreemde geval, sal maar moet wag en sien wat met hulle gebeur het.

Jakes ·

Daar is darem mense wat wilde afleidings maak uit die bittermin inligting wat in die artikel beskikbaar is. Sjoe!

Jo carre ·

Ek dink hul het gevlieg en is land uit. Hoop dis wat gebeur het

Geskok ·

Ek sien hier is baie mense wat daar in daai huis gebly het en dus kan sê wat gebeur het! Ek stem saam met Joey, dit is nie ons plek om te judge nie!! Hulle kon ontvoer gewees het ook!!
Ek bid net dat wat ook al die storie is dat hulle veilig huis toe gaan kom! Baie sterkte aan die familie en vriende!!

ansie ·

Baie groot raaisel….maar glo pa ht n vinger in di pastei……hoop net maroela media volg op en hou ons op hoogte

Tollies ·

Ek dink hulle is vrywillig iewers daar is darm n groot sterk seun by

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.