Gesin ‘verlig’ oor inhegtenisnemings ná plaasmoord

Deon de Bruyn.

“Die verligting is groot dat daar so vinnig gevorder is met die saak.”

Só het Susan de Bruyn gereageer op die nuus dat vyf verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar seun, Deon de Bruyn (25).

“Niks in die lewe kan ons seun aan ons teruggee nie, almal rou nog met verlange. Sy plekkie by ons is leeg.” Deon is verlede Sondag op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet.

Deon het saam met Estelle Jansen (59), wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer. Estelle was in haar kamer toe ʼn man skielik te voorskyn gekom het. Volgens De Bruyn het Estelle met die aanvaller begin stoei en is hulle by die kamerdeur uit. Deon is net bokant die hart geskiet en Estelle is drie keer geskiet.

De Bruyn het haar dank aan die polisie uitgespreek. “Ons dank aan kapt. Louis Stander en Pieter Stander en hulle span van die speurtak by die Komatipoort-polisie asook Securicon se operasionele span. Ons bedank ook die gemeenskap vir hulle ondersteuning.”

Die vyf verdagtes, tussen die ouderdom van 25 en 36 jaar, is verlede week in en om Tonga in Mpumalanga vasgetrek. Die groep mans het reeds in die hof verskyn, en sal Vrydag hulle tweede hofverskyning maak wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Volgens De Bruyn is Estelle reeds uit die hospitaal ontslaan en sterk sy goed aan.

De Bruyn het vroeër gesê Deon was ʼn “jong boer in murg en been”. “Hy was ʼn familiemens. Hy het nie regtig gekuier nie en sy huismense was vir hom baie belangrik. Hy het ʼn passie gehad vir landbou en was mal oor visvang.”

Deon laat ook sy pa, Deon sr., suster, Amerelda Pohl (27), en ouma, Alida Coetsee, agter. Hy is Vrydag vanuit die NG Kerk Komatipoort begrawe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Ons is saam met jou dankbaar vir vinnige vordering.
Baie sterkte met als wat jul moet verwerk – innige meegevoel.

jaco ·

En oor ‘n jaar word die plaas onteien sonder vergoeding. Kan die mense wat so graag plase aanval en wit boere vermoor, nie net bietjie wag nie?

MisouSA ·

AANDAG ASSEBLIEF:
More, 26 Junie by Delmas hof.
Ondersteuning vir Smuts Familie moord Balfour.
Kom ondersteun hierdie sterk, Christen familie. Die saak was vanoggend en is uitgestel tot more.
Geen ondersteuners was daar vir vier vermoorde mense se dierbares!
Ons moet MEKAAR ondersteun en TEEN hierdie misdade opstaan!!
Versprei die woord!!
Hierdie familie het twee jong kinders agtergelaat wie nou alleen hulle toekoms moet ingaan.
IEMAND moet opstaan vir hulle en hulle geliefdes!!
Laat JY een van hulle wees wat opstaan!!!
Die beskuldigdes staan net met groot, wye glimlagte …GEEN BEROU!!!!
ASSEBLIEF, mense???!!!

Susan de Bruyn ·

@MisouSA
Dis wat ons moet doen, byeenkom by die howe, almal moet weet hoe ons voel. Ek sal my kind se memory in almal se gedagtes hou (anders sal sy saak net ongesiens verby gaan)

Ek sal ongelukkig nie daar kan wees nie, maar bid dat die mense van die omgewing daar sal wees.

jaco ·

Die NG Kerk het dan in 1986 al gesê apartheid is sonde en maar net aanhou op die bandwagon ry saam met die regerende Nasionale Party en sinistêre Broederbond. So wat nou gebeur is seker maar wat die NG Kerk en al die ander wat so teen apartheid was, so graag wou hê. Al die wetteloosheid en nonsens in SA is seker maar God se wil, want apartheid en ‘n land wat behoorlik gewerk het, was blykbaar teen die wil van God.

Susan de Bruyn ·

Mense die is presies hoekom ons nerens kom nie, die vorige artikels was 1000+ keer geshare, ons mense vergeet te gou en laat hierdie mense se lewens in die geskiedenis vervaag. Hierdie artikel is nie eers 400 keer geshare nie. Ons moet die goed aanhou share sodat mense onthou en aanhou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.