Gesin wil nie terug na plaas ná Bonnievale-aanval

Die Wessels-gesin. Van links is Liezel (51), Annelie (23), Jana (19) en Tool (53). Foto: verskaf

Dis die plaas waar sy en haar suster grootgeword het. Maar nou, ná die moord op haar pa en haar ma wat met ernstige beserings in ʼn hospitaalbed lê, dink Annelie Wessels (23) nie dat hulle sommer weer daarheen sal terugkeer nie.

Annelie se ouers, Tool (53) en Liezel Wessels (51), is Maandagaand op hulle plaas, Kapteinsdrift, naby Bonnievale in die Wes-Kaap oorval. Liezel het pas teruggekeer van ʼn atletiekoefening en Tool het werkers op die dorp gaan aflaai. Die aanvallers het hulle vermoedelik op die plaas ingewag.

Die egpaar en hulle dogters, Annelie en haar suster, Jana (19), boer al sedert 2000 op die plaas, hoofsaaklik met druiwe, appelkose en perskes.

“Mamma wil nie hê (ons moet teruggaan) nie. Sy sê die huis lyk verskriklik. Hulle het verskriklik gemors. Daar is baie bloed.

“Ek gaan beslis nie in die nabye toekoms teruggaan nie,” het Annelie gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Wessels-egpaar is kort ná 18:00 gisteraand op hulle plaas aangeval, vermoedelik deur vier mans met klapmusse.

Die huis is geplunder en die aanvallers het onder meer met vuurwapens en kontant gevlug. Annelie het gesê geen van die voertuie, wat buite die huis gestaan het, is gesteel nie.

Liezel is met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Die aanvallers het haar ook met kookwater op die rug gebrand.

“Mamma was bewusteloos. Sy het eers so 22:00 bygekom, in ʼn voertuig geklim en by die bure gaan hulp kry. Sy was nooit heeltemal by nie en het kort-kort haar bewussyn verloor,” het Annelie gesê.

“My ma is ʼn ongelooflike sterk vrou.”

Liezel word steeds in ʼn hospitaal op Worcester behandel. Volgens Annelie is hulle nog onseker oor die volle omvang van haar beserings. “Ek weet daar is baie brandwonde, sy is gebrand met kookwater, sy het ʼn steekwond in haar linkerbors en haar long het bietjie platgeval.”

Tool se liggaam is gisteraand ná ʼn soektog ʼn ent weg van die plaashuis, op ʼn verlate deel van die plaas, gevind.

Tool Wessels (53) en sy dogters Jana (links, 19) en Annelie (23). Foto: verskaf

“Hy was altyd reg vir ʼn grappie en ʼn storie. Hy wou altyd gesels, stories vertel, dans en sing. Almal op die dorp het hom geken. Hy was altyd êrens in ʼn raad. Hy was órals betrokke,” het Annelie oor haar pa vertel.

Annelie en Jana, albei studente aan die Universiteit Stellenbosch, gaan intussen tuis by ʼn skoolvriendin van hulle ma op Worcester.

Annelie het gesê hulle word ongelooflik ondersteun deur veral die Bonnievale-gemeenskap en dié van Citrusdal, waar haar ouers vroeër gewoon het.

Geen begrafnisreëlings vir Tool is al getref nie. “My ma moet eers beter word, sodat ons my pa kan begrawe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Antoinette ·

Daar word nogsteeds plase aangeval waar mense sterf so ook in stede. Lyk of die moorde meer word dit na die verkiesing. Wat gaan daaraan gedoen word ANC. Dan word daar gesê daar gaan vrede kom, sal eerder sê oorlog.

Koos ·

Daar gaan niks aan gedoen word nie Once a terrorist always a terrorist

Afstig ·

Daardie deel van die land is in n goeie posisie om onafhanklik te word sodat hulle n goeie toekoms vir hulself kan bied.

Elisbie Kies ·

Ironies dat renosters, donkies ens se bedreiging soveel aandag kry en die boere van Suid Afrika wat net so ‘n bedreigde kosbare Groep is – stadig maar seker uitsterf. Is daar iemand Met ‘n gewete In Die Parlement wat daadwerklik kan optree!?

barend ·

Nog n Famielie stukkend ,en nog n boer minder
Staan sterk julle is nie alleen nie ,God rykste seen en sterkte

Stebastiaan ·

Dit is tyd dat die regering en sapd gedagvaar word vir wat gebeur met ons boere op die plase!! Afriforum wat is die probleem, kan julle privaat vervolging nie inskop en die sogenaamde president dagvaar saam met die wat verantwoordelik is vir die moorde. Ook in die dorpe en stede is dit die geval. Mag die gesin krag van bo kry in die tyd van rou. My hart is saam met julle sin stukkend.

Nettie ·

Afriforum kan net vervolg as ‘n “nulle prosecui” sertifikaat bekom is; die SAPD is (merendeels, ek weet – ek veralgemeen) òf nie daartoe in staat óf bloot net eenvoudig nie LUS om hul werk te doen nie. En van die ANC regering (d.w.s. Ramapadda) kan mens niks verwag nie. Sy muntjie het net die eerste paar maande geglinster, tot hy seker was van sy joppie nadat sy maatjie byna-byna die land leeggebloei het. Toe dié “gevaar” eers oor is (m.a.w. onder die maatemmer versteek is), het hy sy ware kleure gewys en BLATANT ONTKEN dat plaasmoorde plaasvind in SA.

lewies ·

Om te se hoe ‘n mens werklik oor hierdie saak voel is onwettig en sal absoluut niks verander nie. Ons kan wel se ons neem kennis hiervan en sterkte met die verwerking van die trauma wat dit op beskaafde mense het.

Jerry ·

Mense, veral jongmense wie kan, maar nie wil nie moet dit maar begin oorweeg om dalk te emigreer. Die gort is behoorlik gaar na die verkiesing en nou wil die poppe begin dans!

Sterkte ·

Sterkte vir julle gesin, en pad na herstel. Ons harte is saam julle stukkend.

Carel ·

So maak hulle stadig maar seker minder en baie meer kwesbaar

Mariaan ·

Wie kan mens nie kwalik neem nie?? Hopelik die wat hierdie land wil verlaat…dit word een vrot land!!

DA BO ·

Jerry jys reg. Ouers moet hulle kinders help om weg te kom. Hiers net niks in SA vir hulle nie. Myne gaan op n streep vort. Mens huil baie maar dis vir hulle beter. Ons gaan kuier maar vir hulle. Wil nie eers he hulle moet hierheen kom vir kuier nie.

Hartseer ·

My innige simpatie aan die Wessel gesin en Familie. Woorde het mens nie vir die wreede manier waarop die wreede moorde op die onskuldige Suid Afrikaners in Suid Afrika gepleeg word nie. Al wat men’s kan se dis nie mense van God wat dit uitvoer nie hulle is van die duiwel. Liewe Here tree asseblief in vir ons mense in Suid Afrika in Jesus Naam. ??

Hipokraat ·

maar jy stem DA wat nie ‘n DUIT omgee vir plaasmoorde nie?

Flintstone ·

MM,wat is die omvang van die boer se beserings?Slegs Liezel se beserings word hier genoem.Waarom word die boer se beserings waaraan hy beswyk het,nie genoem?onvolledige berriggewing of doelbewus?

apie ·

presies. dit is te afgryslik. Sterkte aan hierdie mense. Sterkte aan alle goeie mense, julle is al wat hierdie land staande hou. Daar is min mense so goed en standvastig soos boere in Suid Afrika. Wat hier gebeur is verskriklik. Sluit vandag aan by groepe wat boere beveilig en help. Dit is ons plig. In Mosambiek en Angola het mense wat daar werk gewapende wagte wat hulle oral vergesel

@Flintstone ·

Ek het gehoor dat sy oë uit gesteek is.

Weet nie of dit waar is nie.

Ja wohl ·

doelbewus is dit NIE GENOEM wat aan hom gedoen is nie .. gehang en sy oe verwyder . maar nee niemand mag dit weet nie anders klink die aanvallers na ‘wrede’ mense terwyl hulle eintlik baie wetsgehoorsaam en onskuldig is.

Koos de Meyer. ·

Lewies ek stem saam met jou. Ons mag nie sê wat ons dink nie, maar as jy jou self verdedig dan is jy die skuldige en die krims loop vry rond. Ons sien hierdie dinge elke dag ook in ons stede. Jy word gedwing om nêrens sonder ‘n wapen te gaan nie.

BlinkStephaans ·

Baie sterkte aan julle as gesin en familie. Wat met julle gebeur het is agv die regering van die dag se lamsakkige onvermoë om misdaad vas te vat en ñ totale ontkenning dat daar iets soos plaasmoorde bestaan… en ek is bevrees die misdadigers het met die pas afgelope verkiesing ñ verlengde mandaat gekry om hul werk ongestoord voort te sit.

PJC ·

Hierdie aanval het duidelik niks met roof te doen nie. Die omstastandighede tydens die aanval en die marteling wat daarmee gepaard gegaan het vertel die hele storie.

ES ·

PJC, Jy klink soooo slim. Nou wat sou jy sê wat is “die hele storie?”

Tara ·

Annelie, Jana,

Ons dra julle op en bid vir geneesing. Dit is bitter hartseer.

Boerboel ·

Sterkte aan die gesin. Dis so hartseer. Hoeveel boere nog? Hulle is ons kosmandjies. Sonder hulle is daar hongersnood.

Koos ·

Het iemand al genoem dat dit al hoe gevaarliker word hoe meer die ooskaap inskuif na die weskaap en die demografie verander?

Adam ·

Wat ‘n tragedie! Sterkte aan die familie. Ek het so’n week of twee gelede verwys na die effek van die “slaan terug” slagspreuk. Kriminele slaan eerste en ons moet ongelukkig dieselfde ingesteldheid kweek wat ons eie beskerming aanbetref.

Engela de Klerk ·

Nee regtig! Nou moet hierdie stukkende vrou en haar twee dogters net aangaan met hul lewens. Hoe op aarde doen mens dit! Ek besef ek het dit eenvoudig net nie in my nie en seker daarom wat ek vandag eerder in ‘n land met ses maande winter bly. Immers is die boere in my omgewing nog baie veilig, soos dit hoort!

Jannie van Niekerk ·

Waarom moet goeie onskuldige mense ly as gevolg van wrede bloeddorstige terroriste wie se dade deur die huidige regering en hulle radikale ondersteuners goedgekeur word?
En Melanie Verwoerd, moet asb nie vir my sê hulle doen dit omdat hulle niks het om te verloor nie. Het dit nie tyd geraak dat ons aan al ons familie en vriende in die buiteland vra om hierdie sinnelose paasmoorde onder die aandag van daardie lande se mense te bring sodat hulle kan sien Ramaphosa lieg as hy sê daar bestaan nie iets soos plaasmoorde nie? Vra dan ook die beleggers van daardie lande om nie hulle geld in ‘n onstabiele land soos Suid Afrika te belê nie. My e-posse is reeds aan vriende in Kanada, Frankry, Verenigde Koninkryk en Australië gestuur.

Pitty ·

Mense trek laaer. Een gesin per plaas is te min. Gesinne mot saam bly, saam boer en van eie hande werk leef. Verskaf waarme jy boer aan jou mense en leef kleiner en nader aan jou GOD. Daar sal n klein volk oorbly.

Andrea ·

My gedagte ook. Kan ‘n beweging soos Afriforum nie so ‘n organisasie begin nie? Die dae van vry en op eie plek bly is verby. Mense sal MOET laer trek om veilig te wees. Hier dink ek ook aan my eie familie met ouer mense wat stokalleen op hul plaas bly…

Siener van Melbourne ·

Annelie, Jana en Liezel, ek is baie jammer dat julle dit moet deurmaak. Presies dieselfde het met n vriend van my gebeur wat as gesin geboer het naby Balfour. Len was so n goeie mens en het nie verdien om so te sterf nie, so ook nie Tool nie. Ek wens julle alle sterkte toe. Na 25 jaar se passiviteit deur die regering moet ons bes gee, niks sal gedoen word om die insidente te bekamp nie. Wees sterk en kyk op. Alles wat mooi is.

Kobus ·

Ons moet ons na ons Almagtige Vader wend en Sy gebooie hou; nie die gebooie van mense wat ons so graag verkies nie. Gaan kyk maar in Exodus 20 watter gebod van die 10 gebooie verwerp ons ooglopend en vervang dit met ‘n eie menslike gebod.
Dit is mos nou al oor en oor bewys dat ons onself nie in die omstandighede in die land kan verdedig nie. Hou Sy gebooie en Hy sal jou beskerm (Psalm 91:14,15)
Jesus sê vir ons in Johannes 14:21 wat is die definisie van die mense wat hom liefhet.
Ek kan hiervan getuig want ek beleef dit.

Hartseer ·

SO onregverdig, om n man, pappa, broer, oom, neef en vriend weg te neem van sy geliefdes. Mag God asb sy geliefdes en vriende deur die bitter moeilike tyd dra. Gaan asb saam met sy vrou, wat deur die verskriklike tyd moet gaan. God slaap nie, die skuldiges gaan hul dag kry!

Petro ·

En so word ons arme boere op hulle plase verwyder,, val hulle aan maak hulle seer, dan weet die skelms hulle gaan nie terugkeer nie…Iewers moet iemand hierdie land van ons red!

Lee ·

Wat gaan ons doen julle!! So kan dit net nie meer aangaan nie!

Johhnie ·

Die tragedie van alles is dat die narre nie eers ‘n verkoue kan van nie wat nog die moordenaars.

Jan ·

Johhnie, die “narre” waarvan jy praat het toe blykbaar gistermiddag vier swartmans aangekeer en toegesluit. Hier in ons omgewing doen die polisie nog goeie werk!

Denise ·

Dit is hartseer ek sal nie my grond verlaat nie al is dit hoe pynlik dit is wat hulle wil he ek sal nog mense op my plaas lat bly om my te help soos Pitty gese het meer as een huisgesin is veiliger staan sterk dit is julle plaas !!!! Sterkte aan die familie .

Magda ·

Soveel wreedheid Nog n gesin se lewe so wreed uit mekaar geskeur Ek ken julle nie maar my hart pyn saam met julle Ons kan net bid vir julle

Sakkie ·

Twee van die “verdagtes” is vanoggend in hegtenis geneem.

Margaret ·

Baie jammer dat julle so iets moes deurgaan. My innigste simpatie. Ek kan net aanbeveel dat jul professionele skoonmakers kry om skoon te maak om jul die trauma te spaar. Op n stadium sal iemand moét terugkeer huis toe.

Deon Koegelenberg ·

Net die doodstraf gaan n end bring aan hierdie sinnelose moorde, Dit is ook die rede waarom die doodstraf vroeer dae afgeskaf was sodat hul vrye teuels kan hê om die wittes dood te maak sonder om self te sterf

Gewonder ·

Net gewonder of ons nie as boere AgriSA moet begin verplig om op te tree nie
Miskien iets soos algehele belasting terug hou en n staking van voorsiening van noodsaaklike produkte tot daar iets daadwerklik gedoen word. Êrens gaan die boere begin saamstaan

vra mooi ·

Ons almal is kwaad…as dit die regte woord is.
Liezel en Tool het BAIE seer gekry.
Ek wil asb vra dat daar nie in “detail” gespekuleer word oor wat presies die omvang van die beserings is nie.Ons gemeenskap is kwaad en seer en ongelooflik hartseer.

Attie. ·

Sonder dat ek slim wil klink dink ek die toekoms op plase lyk nie rooskleurig nie. Boere het honde nodig om hul huise maar die honde moet beperk wees tot die werf. Kom jy terug by jou huis sal die honde se gedrag wel vir jou kan sê of alles reg is voor jy inry. Daarna kan mens besluit of jy meer aan veiligheid wil spandeer soos bv elektriese omheining ens. die heel basies is dat jy in jou kar moet kan ry vanaf die grootpad tot teen jou werf sonder om te moet stop. ‘n Stuk of ses Jack Russels sal die ding doen. Voel so jammer vir mense wat se toekoms in een aand verwoes is. Ons dorpenaars dink baie aan ons boere. Hulle veg in die voorste linie. Gees van God, help en lei die boere, hulle het U nodig.

Sies ·

Dit help nie veel nie. Hulle maak glas fyn en meng dit saam maalvleis of wors. Jou honde bloei inwendig dood.

kolla ·

En nog nie ‘n woord van die selfaangestelde vegter teen plaasmoorde, die VF+ nie. Wat gaan hulle doen, tyd om verkiesingsbeloftes na te kom.

Heksie ·

Ek wou ook nie teruggaan na die plaas toe my oupa vermoor is nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.