Gesinne ontruim ná verwoestende storm in Ladysmith

Argieffoto (Foto: skeeze/Pixabay)

Verskeie families is Saterdagaand dakloos gelaat en ander is na gemeenskapsale ontruim ná ʼn verwoestende storm in Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het Sondag gesê rampbestuurspanne is na verskeie tonele in die munisipaliteit ontbied. Talle huise is heeltemal verwoes en ander huise se dakke het afgewaai weens ʼn stormsterkte wind.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir die departement, het rampbestuurspanne Sondag bygestaan om noodverligting te verskaf en die omvang van die skade te bepaal. “Ons wil die betrokke gemeenskappe gerus stel dat ons alles in ons vermoë sal doen om die impak van die storm te verlig. Ons het alle spanne en betrokke staatsdepartemente geaktiveer. Families wat ontruim moes word ná die storm is reeds in ʼn gemeenskapsaal gehuisves,” het Dube-Ncube gesê.

“Ons werk nou saam met die plaaslike burgemeesters van die munisipaliteite om die impak van die ramp te verlig.”

Die departement het weerverwante waarskuwings aan gemeenskappe in die provinsie uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Posduif ·

Lyk my dié is een van die dorpe wat ook meet blootgestel is aan die uiterstes.

IK ·

Beslis nie, dis die reg van net die BLF maar ons hoor niks van hulle. Van my (wit) kant af gaan daar meegevoel uit en mag julle onderskraag word ongesiens velkleur, etnisiteit, kerkverband.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.