Gesinslede van DKD-hoë sterf in brand

Argieffoto

Die distrikskommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in Mthatha in die Oos-Kaap se vrou en twee van hul kinders is Dinsdagaand dood toe die gesin se huis aan die brand geraak het.

John Msimango en sy jongste dogter het die brand oorleef nadat hulle deur ʼn venster van die huis in Mthatha ontsnap het.

Singabakho Nxumalo, nasionale woordvoerder van die DKD, sê die brand het omstreeks 21:00 uitgebreek. Die plaaslike brandweerdiens is na die toneel ontbied. Msimango se vrou en die twee kinders kon egter nie betyds gered word nie.

Die oorlewendes word sedertdien in ’n hospitaal behandel.

Nxumalo sê die presiese oorsaak van die brand is in dié stadium nog onduidelik hoewel lede van die polisie en brandspesialiste reeds ondersoek instel na die oorsaak van die brand.

“Dit is ʼn verpletterende voorval vir die departement en ons innige meegevoel gaan aan die Msimango-familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Innige simpatie en meegevoel. Iets wat ek nie verstaan nie is dan man en vrou tog op een bed slaap. Hoe het hy wakker geword en sy een dogter maar hul hardloop nie en maak die ander gou wakker nie.
‘n Brand is vrees aanjaend maar ja daar sal altyd onbeantwoorde vrae bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.