Gesinslid vas ná familieslagting

(Argieffoto)

Die waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, genl.maj. Thulani Gonya, het polisiebeamptes van Eshowe geloof vir die inhegtenisneming van ʼn verdagte wat gesoek is in verband met die moord op ses familielede.

“Die verdagte het Saterdagaand omstreeks 23:00 by die huis van sy familielede in Nkanini in Eshowe opgedaag en die familie byeengeroep,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het eers die deur met ʼn byl oopgebreek. Die byl is later in die huis gevind.”

Die verdagte was met ʼn pistool gewapen en hy het ses familielede, tussen agt en 70 jaar oud, doodgeskiet.

“Die verdagte het ná die voorval van die toneel gevlug. Speurders het onverpoosd gewerk en die verdagte Maandagoggend in Greytown opgespoor.”

Die 36-jarige man sal na verwagting binnekort in die Eshowe-landdroshof verskyn op ses aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

N lewe is in die land niks werd nie……hoe bitter tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.