Gesinsmoord in Secunda: Mense moet hulp vra

Henco Naude en vermoedelik sy ma, Estelle. (Foto: Facebook)

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, Gabisile Shabalala, het Saterdag familielede aangeraai om hulp te soek wanneer dinge sleg gaan, en nie te wag dat dinge handuit ruk nie.

Dit kom na ʼn voorval waar Andries Naude vermoedelik homself, sy ma, sy vrou en hul gestremde seun geskiet het. ʼn Lid van ʼn sekerheidsmaatskappy in die gebied het Vrydagoggend op die vier lyke in die gesin se huis in Secunda afgekom. Andries Lee het gaan ondersoek instel nadat een van die familielede glo nie haar selfoon geantwoord het nie.

“Die polisie ondersoek steeds die saak, maar dit wil op dié stadium voorkom of die oorledene sy drie familielede en toe homself geskiet het,” sê Shabalala.

“Families moet hulp soek wanneer daar uitdagings is en nie tekens ignoreer dat iets nie pluis is in hul verhoudings nie. So kan probleme uitgestryk word voor dinge handuit ruk.”

Sy het ook genoem dat dié tipe misdaad ook sy tol eis op polisielede se emosionele welstand. Sy het gevra dat veral mans nie hul emosies opkrop nie, maar hulp te soek wanneer hulle oorweldig voel.

“Die polisie kan nie in elke huishouding teenwoordig wees nie en vra dat gemeenskappe saamwerk om dié tipe misdade hok te slaan.”

Sy het haar medelye betuig aan familie en vriende van die oorledenes, sowel as lede van die skool waar Lizelle Naude, Andries se vrou, skoolgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Lolla ·

Baie snaaks dat niemand iets van die pa se nie , behalwe dat hy vermoedelik die skietwerk gedoen het nie. Was hy dalk werkloos?? en finansieel nie meer vir hulle kon sorg nie.

Uhmmm... ·

Lolla, werkloos of nie, niks regverdig die sinnelose dood van onskuldige mense nie…

verstaan dit ·

ek verstaan die dinge so volkome, mens los nie weerlose mens agter nie?

Da_eYe ·

Mense gee nie meer rerig vir mekaar om nie. Ons sal hierdie tipe gesins tragedies meer in die toekoms sien gebeur.
Moet vreeslik wees om so ‘n “besluit” te neem….

Bella ·

Dit is waar. Elke man vir homself. Solank dinge goed gaan het jy jou vangnet. Wanneer dinge verkeerd gaan is jy op jou eie

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoe vra jy hulp as die nuwe Suid Afrika se BBBEE voorskrifte jou jou werk kos…..en voor jou lê net armoede en sukkel? Huisverband, pensioen, medies, kinders op skool, universiteit? Jy voel net eenvoudig useless……My beste vriend het dit beleef, en huistoe gery en almal uitgewis. Wat anders was daar om te doen?

Bella ·

Geld BEE ten opsigte van vriende en familie ook? Well done.

Bietjie baie ·

Dit is tragies. Die oomblik as mense in nood is, word hulle dikwels vermy want die vlg persoon het maar ook net net genoeg.
Kerke behoort meer toeganklike dienste te hê om te help waar nodig.
Die man moes seker desperaat gewees het. Aan die anderkant was daar dalk n ander rede hoekom dit gebeur het. Wie weet.
Baie sterkte aan die families wat agterbly.

sannie ·

Ons het bure op ‘n plaas in die Vrystaat waar sogenaamde gasvryheid moet wees. Bly 50 jaar langs hulle hulle het ‘n saak met ons. Gooi Sondae hulle hande hoog op in die kerk. Hulle jaag geld na want dit maak hulle blykbaar gelukkig?

Nettie ·

@sannie – ek stem, ons Afrikaanssprekende mense het nie meer dieselfde gasvryheid as vroeër nie. So het ek DRIE MAANDE gelede al in ‘n nuwe huis in Worcester ingetrek – nog g’n buurman/buurvrou het kom inloer nie, laat staan nog die predikant of ouderling/diaken in my buurt. Al wat my beloer, is die sekuriteit van die veiligheidskompleks oorkant die straat.

Rika ·

Vra ek daardie selfde vraag hoe vra jy hulp as hulle jou wel help kos dit jou n fortuin.. Geen werk,,,, kan dit nie bekostig nie nou hoe kry jy hulp. Asseblief regering kom by dis makliker gese as gedaan. Innige simpatie aan familie en vriende mag julle vertroosting vind.

Wielspore ·

Ons het raadgewende hulp gesoek vir ‘n gesin in Roodepoort in die begin van Desember 2019 en die instansie wat die hulp verleen het ons in kennis gestel dat hulle toe is tot 06 Januarie 2020. Dit is by ‘n staats instansie.

Ontnugering kwadraat ·

Ek het in 2006 by die NG Kerk aangeklop vir hulp….met gekookte kos 5 aande per week, TEEN BETALING, nadat my vrou gediagnoseer was met borskanker en die chemo-terapie haar baie sleg laat voel het. Die NG Kerk het aangehou om die swart gemeenskap van die naaste plakkerkamp vol te stop met my 10de……….en my verwys na ‘n restaurant om die hoek waar hulle vir mense kos maak……..jy moet net jou eie bakke vat!!!

GypsyGirl ·

Ontnugering is die beste leermeester, dit veroorsaak teleurstelling en die gevolg is wantroue. Wantroue in mense, wantroue in stelsels, wantroue in woorde, selfs dade en kamstige goeie intensies, ens ens ens ens. Later verloor jy jouself in die struggle om oorlewing en versorg van gesin, veral my kind, en dan kom jy …… by ‘n kruispad………………………………………..

Tina ·

Al wat mense kan doen is om te kritiseer en te skinder. Selfs kerke kyk weg om berading en kos te koop….maar laat jy nou net nie jou kerklike bydrae gereeld gee nie word jy VERWERP. Die dominee is elke vakansie met vakansie en koop soggens vars gebak by Spar maar geestelike hulp is hy nie voor op gelei nie. Laat ons nie weg kyk vir mekaar se swaarkry nie maar mekaar help..bid vir mekaar.

Debbie Fourie ·

Tina…you are right. So often the churches seem to distance themselves from the needs of the world. This is very unfortunate and speaks volumes of the exclusivity of the Church. It gives the impression that people that have life issues are not accepted by the Church, that depression is a sin, and that people who have problems in life do not have enough faith. Nothing could be further from the truth.

Besorg ·

Kerke is baie vinnig om gemeenskaps projekte te loots met die “nodige” fanfare. Maar om regtig om te sien na hul eie lidmate se wel en weë…. nee, die in eie geledere wat hulp of ondersteuning nodig het, word gans en al te vinnig kantlyn toe gestuur.

Joi ·

Almal se mens moet hulp vra, maar ek vra baie keer hulp omdat ek alleen mens is en nooit mense met my werk omstandighede sien nie. Ek oorweeg selfmoord baie, maar dank Vader ek het nog n bietjie krag om uit en aan te hou. Maar al praat ek met mense en verduidelik my situasie aan hulle , dan kyk hulle jou soos skape aan of gee onvanpaste raad. En dit maak dat ek nog verder in my eie gat kruip. So ja, dis maklik om te se praat, kry hulp, maar as daar niemand is wat begrip het of al in jou skoene gestap het nie, is dit regtig taai. Elke dag is n worsteling

Ek ook ·

@ Joi,

Ek is in dieselfde booitjie as jy en wil jou so graag `n drukkie gee – omdat ekself ook n drukkie nodig het – en daar is niemand wat belangstel nie.

Jaco ·

@ Joy en ek ook. Julle is nie alleen nie, ek beleef dieselfde hel. Die lewe, veral in Suid Afrika het ondraaglik geword, dis n gesukkel met oorlewing en ja, wie is daar nou regtig om uit te help. En mense het uiters selfsugtig geword. Ek het n broer en n suster wat beide spesialiste is en in absurde weelde leef, ek het maar baie gesukkel op skool, moet maar vandag tevrede wees met amper niks, al het ek al hoe hard probeer en ek myself dood werk in my eenvoudige beroep . My eie familie sal selfs kyk hoe ek dood gaan van die honger en net n blinde oog gooi….so ja, ek neem niemand kwalik wat nie meer kan nie.

Anoniem ·

Terwyl mense met vrymoedigheid “die kerk” in die gesprek bring, wil ek as ‘n “oud pastoriekind” die volgende noem. Dikwels het die pastorie ook hulp nodig, “die kerk” is nie ‘n staatsinstansie nie, mense gooi 50c in bakkie, maar verwag “die kerk” moet vir al die honger gesinne kos gee, almal trou en begrawe en 24/7 berading gee. Dikwels gee iemand gratis “vakansie” vir die pastoriegesin as hulle bydrae vir die kerk……As mense enige idee het watter ure Dominees en Pastore gebel word en wat vir hulle alles gevra word. MAAR ek wil ook noem daar IS kerke en predikante wat NIE daar vir hulle skape is nie, en dit is so hartseer, want dit moet vir gemeentelede altyd moontlik wees om by iemand raad te kry. Sterkte aan die familie, ons treur saam met julle.

Zelda ·

Sterkte aan die familie wat agter bly. Dit is nie ‘n maklike pad vorentoe nie.

Ek wil aanlas by Anoniem. Baie mense wil “kerk” toe hardloop as hulle in nood is, maar wat doen hulle vir die “kerk”. Ons gesin was die afgelope 3 jaar in erge nood, en al wie ons gehelp het, was die “kerk”. Die Kerk het my met ope arms gehelp, maar my familie het nie eens geweet hoe dit gaan nie, en die wat wel geweet het, na ek my trots in my sak gesteek het, het vir my gesê, dit is vir hulle ‘n beginselsaak om nie familie finansieël te help nie. Die kerke kan ook net soveel help, hulle het eintlik ook baie uitgawes, en die lewe raak al hoe duurder.

Besorg ·

Hoe meer dit verkondig (vanaf kansels en verder aangeblaas op. osiale media) word dat mense ander moet help en so goed voel oor hul self (daai lekker gevoel wanneer die ontvanger van die skening so breed glimlag oor die skenking, veral as die skenking ‘n beduidende impak op die beursie.gehad het), hoe minder word die medemens in eie geledere wat stoei met lewens storms, oorgesien en net laat gaan….. geen luister, geen bemoedigende woord, geen telefoonoproep of besoek nie. Niks. Niks. Niks. En dis al hoeveel keer gesê dat diegene wat regtig ernstig hulp nodig het dit nie wyd en syd “verkondig” nie.

Besorg ·

100%. Mense is so bang vir ander se reaksie…. hul gee kastig om, net om as hul om die draai is, in groot rugstekers te ontaard. Bitter min mense is te vertrou…. en dan is dit so dikwels die einstes wat agterna sal verwyt en vra hoekom het jy/jul nie eerder gepraat nie….??? En dis ons eie mense se maniere.

Spiekeries ·

Dit is ongelukkig die tekens van die tye vir die blanke in Afrika. Die misdaad, ekonomiese en politieke wanorde skep ‘n legio sosiale probleme en gegewe die feit dat die lot van blankes in SA verseel is, hoe regverdig mens die situasie, of word die onvermydelike maar net uitgestel. Dit is elke man in ‘n huishouding se morele verpligting om na die welstand van sy familie om te sien. As hierdie mat eensklaps onder jou uitgeruk word, sonder rede of waarskuwing, raak riasionele denke skaars en desperaathied neem oor. Hulp? Wat is hulp in so geval? Jy het nie mooi woorde, beloftes of verwyte nodig nie, jy soek materieele uitkoms en geestelike ondersteuning. Hoeveel mense is werklik in die posisie om iemand te help wat liggaamlik en geestelik oorgegee het? Wees dankbaar as jy jouself nog nie in hierdie posisie bevind het nie. Ek was daar!!

John ·

Predikante is deesdae kwasi-sielkundiges wat net teen betaling hul monde oopmaak. Hul preke ditto. Sekuriteitswaens kom Maandae die afgedreigte kollektes oplaai. Naastes wat Sasol goed ken, en Secunda, glo die gemeenskap is koud en sielloos. Selfs buurkinders praat skaars met mekaar. Die topbestuur is erg giftig jeens mekaar. Eensaamheid en angs vier hoogty. Die bedreiging van aflegging oorheers die mans se denke. Dit is 25 jaar se storie dat wit mans daar soos dankbare honde moet voel vir hul daaglikse brood,

Ken Secunda ·

Ek het byna 40 jaar in Secunda gebly en by Sasol gewerk. Dit is n sielsverarmende dorp. Het ook eerstehandse kennis van n paar gesinsmoorde daar. Depressie vier hoogty in Secunda.

pieter ·

Stem saam spiekeries – kyk maar na blankes hoeveel help mekaar goeie voorbeeld as jou voertuig langs pad gaan staan wie stop by jou ??? Hoeveel blanke mense groet mekaar ??? Blankes looi blankes in werksplekke baie kyk na hul eie sakke daai woord wat se geen een is beter as n ander nie is die waarheid _ Kyk maar nooi mense vir n braai en jy supply alles hoeveel daag op almal wat genooi is – Nooi mense vir n bring en braai hoeveel daag nou op – n kwart miskien van genooides dan word jy beskinder ook – hierdie is n tyd waar ons moet saamstaan nie op papier nie nie net woorde nie maar met dade begin net om andere te groet – blanke mense het al hoemeer druk op hul in werksplekke wat stres veroorsaak onthou ondervinding is besig om te verdwyn en die wat het werk onder gewldige druk en baie van bestuurders kan dit nie sien nie – innige megevoel aan die mense se families

pieter ·

Moet saamstem met john 100 persent reg het ook da gewerk – daai giftig teenoor mekaar hoe waar en ook heens werkers as jy iets se wat hul nie like nie en jy het jare se ondervinding dans dit doen so of ??????? jou

Neewat ·

Ek is al vir baie jare in n ongesonde toksiese huwelik. Ek praat met vriende en familie daaroor en hulle ken my omstandighede. Maar al “hulp” wat jy kry is “ai jong sterkte” of die gewilde “hoekom loop jy nie?” Waarheen loop jy met jou kinders as jy sonder geld, werk of n heenkome sit? Ek word selfs gedreig dat ek sal sien wat met my gebeur as ek probeer loop. Niemand is bereid om betrokke te raak nie want hulle is bang hulle gaan “sit met jou”. So nou bly jy maar by hierdie man wat WEET jy KAN NIE loop nie. Ek gaan slaap ook baie aande bang en sluit my kamerdeur want ek weetnie wanneer hy gaan snap nie. Niemand wil betrokke raak nie. Neewat moenie by my praat van hulp soek nie. Ek het al. Baiekeer. En dit nie gekry nie. Tot mense eendag van ons gesin ook in n koerant gaan lees……

Gina ·

Neewat…ek is in presies dieselfde bootjie as jy. Jy wéét jy moet padgee. Maar hoe? Wie gaan my help? Ek het niks! Dis soos jy sê – almal sê net “sterkte”. En intussen ploeter jy maar aan en fake n glimlag. As ek sulke goed lees v gesinstragedies trek my keel sommer toe.

Bietjie baie ·

Hi jong
Jy gaan vir ewig wag vir hulp en ja, ons gaan van jou lees as jy nie NIU jou goed vat en loop nie. Maar jy sal bereid moet wees om oor te begin, met baie min klaar te kom.
Ek was daar, en kon nie wag vir iemand om my en my kinders tevrede nie. Net jý kan besluit, jou en jou kinders se lewe is in jou hande. Vat net die aller nodigste en gáán. Jy blameer ander mense ipv te loop.

Manie ·

Stem 100% saam. Die hele familie lui daaronder nie net die man nie. As hy ni emeer daar is nie . Hoe dink die regering moet die kamastige nuwe SA werk. Hulle moet hulle koppe laat lees. As jy my vra

Tracy Lötter ·

Ons woon tans inSecunda en het die Naude’s geken. Juffrou Lizelle was my dogter se graad een juffrou, en André het saammet my man gewerk. Hulle was wonderlike mense, almal wat hulle geken het was verstom oor die nuus. Daar is tans ‘n ondersoek en ek hoop daar sal meer lig op die onderwerp gewerp word. Dit is n absolute tragedie en ek hoop ter harte hulle is nou op ‘n beter plek.

Heksie ·

Hoe weet mens wat dié man gemoedstoestand was op daardie oomblik? Tragiese gebeure.

Dee ·

Ek en my man, het vir Lizelle, Andre en Henko by ‘n MDF (Muscular Dystrophy Foundation) seminaar in Johannesburg ontmoet so paar jaar terug. Henko is met Duschenne MD gediagnoseer. Ek weet deur watter pyn en leiding moes Andre en Lizelle elke dag worstel. My seun is self met DMD gediagnoseer. Ons as gesin beleef dieselfde pyn en leiding wat die Naude’s beleef het. Dit is nie aangenaam om te sien hoe jou eie seun stelselmatig agteruitgaan en stadig voor jou oë swakker en swakker word. Dank sy ons geloof, geloofsvriende, familie en vriende kan ons nog elke dag staande bly. My hart is baie seer oor die Naude’s. My raad is dat as julle familie of vriende het met kinders wat ongeneeslik siek is om hulle te ondersteun, gaan kuier vir hulle, gesels en drink koffie saam hulle en luister na hul stories en vra vrae. Dit is die beste manier om te help. Nie ‘n ag shame of veroordeling of ag siestog of wegbly of jammer om te hoor nie. Hierdie tragiese gebeure is uit desperaatheid gepleeg en as verlossing van pyn en leiding.

Tragies ·

Dit is tragies om berigte soos hierdie te lees. Bie sterkte aan die wat agterbly. Soos die mense in ons woonbuurt wat ‘n soortgelyke tragedie nie oorleef het nie. En almal het net gesê ons bid vir julle. Julle moet net bid en glo en sterk wees, vergifnis vra vir al julle sondes en alles sal regkom. En hulle het net geantwoord bid help nie, ons het nie ‘n bid probleem nie, ons kan nie nog meer skuldig voel oor al ons baie sondes nie want ons pleit daagliks dat al die sondes waarvan ons weet en nie weet nie skoon gewas moet word en ons smag nou na werklike hulp van werklike mense wat bestaan uit vlees en bloed en wie se hart klop. Daar was wel hulp van mense maar dit het nie die tragedie voorkom nie. Hierdie mense het ongelukkig voortydig sonnige sonnestraaltjies en pragtige blommetjies geword.

Chris ·

Suid-Afrika het van eerste wêreld na derde wêreld gegaan in net 25 jaar. Een groot gemors! Ons wittes is deesdae almal in “survival mode”. Of dit ooit weer gaan verander weet ek nie…

Lyn ·

Vir nou sien ek almal se kommentaar en stem saam met almal . Ek is ook in daai diep gat wat ek nie kan uitkom nie . So ver kon ek gee hulp kry nie
Dit is baie moeilik . Wou al Handel in gooi maar gaan mens heen . Enige raat asb .

Kandas ·

Spiekeries en Chris, ek stem volmondig met biede van julle saam. Dis ‘n ongelooflike situasie waarin baie van ons blankes ons bevind op die oomblik in SA. My man is ook al dire jaar werkloos na aflegging. Personeelagente sê reguit vir hom dat sy ouderdom en ras teen hom tel. Die arbeidsmark is nou gerig op jongmense jonger as 34, veral die swart jeug wat die arbeidsmark moet betree.
Inderdaad dink ek vele van ons opereer op “survival mode”. Dit gaan deesdae om oorlewing in die werksplek. Hou dus wat jy het indien jy ‘n werk het, want daarbuite is die toestande baie ongunstig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.