Gesinsmoord: Sekerheidswag maak gru-vonds

Henco Naude en vermoedelik sy ma, Lizelle. (Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Secunda is geruk deur wat lyk na ʼn gesinsmoord nadat ʼn sekerheidswag van die omgewing Vrydagoggend ʼn gru-ontdekking in ʼn huis gedoen het.

Volgens kapt. Gerhard Elmes, polisiewoordvoerder van Secunda, is Andries Lee van die sekerheidsmaatskappy Roman Alarms Vrydagoggend na die huis om ondersoek in te stel. Dit nadat Lizelle Naudé nie opgedaag het vir werk by ʼn laerskool in die omgewing nie.

“By die huis aangekom het Lee die liggame van Carl Andries Naudé (50), sy vrou Lizelle Naudé (52), sy ma Fredrica Christina Naudé (83) en die Naudé’s se 17-jarige seun, Henko, aangetref,” sê Elmes.

Volgens Lee se vertelling was dit stil by die Naudé’s se adres en hy het die huis binnegegaan om ondersoek in te stel. “In die eerste slaapkamer van die huis het hy die ouma, Fredrica Christina Naudé, met ʼn skietwond aan haar linkerslaap aangetref. In die tweede slaapkamer het hy Lizelle met ʼn skietwond ook aan die slaap aangetref. In dieselfde kamer was hul paraplegiese seun in die bed, ook met ʼn skietwond aan sy linkerslaap. In die hoofslaapkamer van die huis se badkamer het Lee Andries Naudé in ʼn plas bloed op die toilet aangetref met ʼn skietwond in die mond. Langs hom was ʼn 9 mm-pistool,” sê Elmes.

Laerskool Trichardt het op sy Facebook-blad ʼn foto van Henko en vermoedelik sy ma, Lizelle, geplaas met die woorde: Ons harte is stukkend oor die verlies van ʼn gesin … een van ons oudleerders Henco Naudé.”

Elmes sê drie sake van moord op die twee vroue en seun word ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek na Andries se dood is begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miems Viljoen

As n mens nie die omstandighede en kennis dra van betrokke voorval nie bly stil onthou daar is nog familie van al die afgestorwendes wat bitter hartseer is oor die voorval

KO

Boeke van n ander persoon is maar altyd duister.

Tamara

Dis baie hartseer

Willem Grobler

Baie mense kan nie meer die onsekerheid van leef in die Nuwe Suid-Afrika hanteer nie. Die Here sal besluit oor die reg of verkeerd ons kan maar net simpatiseer.

John

Is ‘n vlaag van afleggings by Sasol aan die gang?