
Argieffoto: SAPD/Facebook
Kapt. Johann Rheeder, polisiewoordvoerder, het gesê Nel, wat as elektrisiën gewerk het, was by ʼn kliënt se huis in Westering en was besig in die dak toe hy geskok is. Volgens Rheeder is Nel op die toneel dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.
Nel is in November 1996 tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde op sy vrou Natasha (25) en kinders Marius (4) en Robin (2). Hy het hulle met ʼn AK47 in sy motor doodgeskiet.
Algoa FM berig Nel is verlede jaar op parool vrygelaat en dat hy nege maande gelede weer getroud is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
53 Kommentare
Hy is in 1996 tot 3 keer Lewenlank tronk toe gestuur vir MOORD op sy vrou en kinders. Hy is verlede Jaar (2014) op Parool vry gelaat. MAW. die man het sleg 8 Jaar van 3 lewenslange vonnisse uitgedien. Ek verstaan Leweslank as verewig – altyd. Ek verstaan en aanvaar baie dinge, maar die een kan ek nie uitwerk of verstaan nie!!!!
3 keer lewenslank!!!En hy is buite die tronkmure. Geregtigheid het hier geseevier
Johan dis “skokkend” ..
Wat mis ek hier. My somme se vanaf 1996 tot 2014 is 18 jaar en nie 8 jaar nie
Kan amper nie glo hy vrygelaat was,omdat hy getrou het nie.Regverdigheid het geseevier..