Geskende wit leeu se kop, pote teruggekry

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat die geskende karkas van ʼn witleeuwyfie Dinsdag op ʼn wildsplaas in die Alldays-omgewing gevind is.

Maroela Media het vroeër berig die leeu, waarvan die pote en kop verwyder was, is saam met twee ander leeus vergiftig voordat sy doodgemaak is. Iets het die verdagtes glo onderbreek, want hulle het begin om die vel te verwyder, maar was nie suksesvol nie en die ander twee leeus is nie gestroop nie. Die ander twee leeus kon weens die gif nie loop nie en moes behandeling van ʼn veearts ontvang.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ʼn 31-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem en die polisie het die leeu se pote en kop teruggevind.

Die verdagte moet binnekort in die hof verskyn.

Die polisie is op die spoor van die drie verdagtes en meer in inhegtenisnemings word verwag.

Maroela Media het vroeër berig drie leeus is verlede week op ʼn plaas suid van Polokwane in Limpopo doodgemaak en hul koppe en pote is verwyder. Dit is soortgelyk aan die sake wat vroeër ook in Tzaneen, Mara en Hoedspruit aangemeld is.

Die vlaag leeuslagtings in die provinsie hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat dit onder meer verkoop.

Prof. Ray Jansen, medeprofessor in ekologie aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en navorser by die Nasionale Dieretuin, het vroeër aan Maroela Media gesê hy is byna seker ʼn sindikaat is vir die voorvalle verantwoordelik.

“Groot katte word as baie kragtige moetie beskou en word al lank algemeen gebruik in tradisionele medisyne wat tradisionele genesers, sangomas en oudstes in landelike stamme in Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek voorberei,” het Jansen gesê.

Volgens Jansen glo gebruikers die moetie maak hulle magtiger as ander mense. Hulle dra die leeus se tande, skedel, kloue, pote, stukke van die skedel en velle.

“Die gebruikers glo dit maak hulle magtiger en dat dit bose geeste afweer. Hulle is oortuig daarvan dat hulle onkeerbaar is – onkeerbaar vir die polisie of enige elektriese heining of wapens.”

Hy meen daarom wend van die gebruikers die “bemagtiging” aan vir misdade, soos onder andere plaasaanvalle of renosterstropery.

WAARSKUWING: Die volgende foto is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

J ·

So hardseer dat ons diereryk so onnodig uitgemoor word vir eie gewin. Die voorvader geeste sal moet rekenskap eendag gee vir die gruweldade vir mooti

Shirls ·

Ons kinders se kinders se kinders se kinders sal nooit eendag ‘n leeu of enige diere kan sien nie. Wie gaan optreë, as dit ek moes wees dan gaan hulle baie spyt wees.

zoom zoom ·

Hoekom nie dirselfde aan die persone doen soos wat hulle met die leeus gedoen het. Of is hulle beskeremde spesie

Nicolette ·

Dis so wreed…doen dieselfde aan die wreedaards man……..hulle verdien geen genade…arme onskuldige leeus..hulle verdien dit nie?

Arin Burden ·

Maroela Sal julle asseblief die name van hierdie leeuslagters publisèer sodra dit bekend gemaak mag word, so ook alle renosterstropers? Plasie

Grassie ·

Ons woon in Afrika. Ons is minder as 10% van die bevolking. Daar is geen manier waarop ons die ander 90% sal kan oorreed om ons westerse waardes te aanvaar nie. Ons sal met hul gewoontes moet leer saamleef, of ons daarvan hou of nie. Ons groot stryd sal wees, nie om die ander deel van die bevolking te verander nie, maar ons eie volksgenote saam te snoer om gesamentlik te bewaar wat vir ons kosbaar is.

M'Lady ·

Hierdie leeus word vir geblikte jag geteel. So hoe mens ookal daarna kyk, hulle lot is verseel. Hulle word as n kommoditeit gesien. niks meer nie. Hierdie mense het geen morele waardes nie. Alles vir die geld duiwel.

Jan ·

Berig ook daaroor hoe ons wildboere geknoei het om met fondsinsameling die wetgewing wat alle wildspesies beskerm in Amerika te skarp. Ons wildsboere is net so goed en net so kapater as die ANC regering.

Dennis ·

Dit is so tragies as mense nie weet waar hierde gelowe vandaan kom nie. 300 jaar terug het die dra van die skedels en tande vrees ingeboesem by die vyand omdat die krygers van daardie tyd n leeu met die kaal hande en knopkieries moes jag om dit in die hande te kry. Dit was dus net die braafste en sterkste krygers wat dit gedoen het. Vandag word n leeu met n geweer geskiet, maar aangesien die idiote nie besef waaroor die ou tradisie gegaan het nie, glo hulle steeds daar is die een of ander magiese krag in die liggaamsdele! Daar is nie pille vir onosel mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.