‘Geskiedenis as verpligte vak moet skoolkurrikulum dekoloniseer’

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die ANC se studiegroep vir basiese onderrig het die bevindings van die ministeriële taakspan verwelkom wat aanbeveel dat geskiedenis ʼn verpligte vak in die land se skole word.

Die taakspan het Dinsdag die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys ingelig oor sy vordering met die daarstel van geskiedenis as verpligte vak.

“Met die ondersteuning van die aanbeveling dat geskiedenis as ʼn verpligte skoolvak aangebied word, erken ons die moontlike uitdagings wat dit inhou, veral met betrekking tot die finansiering van die herstrukturering van die kurrikulum, opleiding van onderwysers sowel as die skryf, gehalteversekering en drukwerk van handboeke,” het Nomalungelo Gina, woordvoerder van die ANC-studiegroep, gesê.

“Ons erken die pogings deur die departement en die taakspan se werk tot op hede, maar versoek hulle om alle pogings te bespoedig om dit te implementeer. Dit sluit in konsultasies met die departement van hoër onderrig en opleiding, onderwysvakbonde en ander belanghebbendes.”

Gina het gesê geskiedenis as ʼn verpligte vak is iets wat lankal nodig was.

“Dit speel ʼn sleutelrol in die bou van ʼn gevoel van nasionalisme, patriotisme en ʼn nasionale eenheid. Dit stel ook Suid-Afrikaners in staat om te leer en te verstaan van die stryd wat menige mens moes deurgaan sodat die land demokrasie kon bereik,” het Gina bygevoeg.

“Geskiedenis as ʼn skoolvak moet sosiale ongelykheid aanpak, praat oor kwessies van sosiale samehorigheid en die nasionale en Afrika-identiteit. Dit moet bydra tot ons projek om ons skoolkurrikulum te dekoloniseer. As ʼn skoolvak sal dit die analitiese en kognitiewe denke van leerders verhoog wat leerders op ʼn holistiese wyse sal bou.”

Maroela Media het vroeër berig die taakspan het baie ernstig gewaarsku dat geskiedenis maklik verpolitiseer kan word, en daar moet absoluut daarvan weggestuur word. Voorbeelde van hoe om dit nié te doen nie – so het die taakspan bevind – sluit in die stelsels in Zimbabwe, waar die geskiedenis van die regerende party onderrig word, en Rwanda, waar die Tutsi-oogpunt bo die Hutu-oogpunt gepropageer word.

Verskeie voorstelle is oorweeg in die omvattende verslag deur die taakspan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Haan ·

Die doeltreffendste manier om n boom vrek te maak – is om sy wortels uit te kap.
Die gouste manier om n volk te breek, is om hom van sy geskiedenis te vervreem.

Waarheid ·

Gaan hulle dan die ware geskiedenis vir hierdie leerders leer , of gaan hulle dit draai en aanpas soos wat dit hulle pas?

Andries ·

History is written by the victors. So nee, kinders gaan geindoktrineer word. Leer maar julle kinders self die waarheid.

marius ·

Dit gaan meer daaroor om die kinders te breinspoel as om hul geskiedenis te leer. Dit sal net ‘n eensydige, politiese verdraaiing van die geskiedenis wees.

Joshua ·

Die ANC regime gaan pro Liberation en anti Afrikaner geskiedenis impliminteer, dit gaan n ‘skuldgevoel’ en Afrikaner bashing (lees vernedering en sleg se) kurrikulum wees en nie die volle ware geskiedenis nie-dank die Vader my kinders is al klaar en ganie hierdie ANC gemors leer nie.

Elize ·

Gelukkig is ons generasie daar om die kinders nog te vertel van al die leuens wat in hulle koppe geplant gaan word oor die “nuwe geskiedenis” van ons land. Ek sal sovêr as moontlik my eie volk se geskiedenis oorvertel en die onregte wat in die nuwe bedeling aan hulle gedoen is. Niemand gaan my so breinspoel om die gemors te glo wat nou in die kinders se kele afgedruk gaan word nie. Nog ‘n manier om ontslae te raak van die witte.

Cornelia ·

‘n Demokrasie maak ruimte vir elke volksgroep om homself te realiseer t.o.v sy eiesoortigheid of unieke manifestering in die breër raamwerk van die dinge wat ‘n volk anders maak ten spyte van ‘n globale mensheid. Die nuwe geskiedenis lê die struggle van swart Afrika bloot as een van die mede rolspelers wat die afbreek van individualiteit en vryheid van keuse en groeps gebondenheid tot ‘n skadelike verskynsel reduseer met woorde soos “transformasie” en “rassisme om maar enkele indoktrinasie breinspoeling woorde te noem. Wat staan mens te doen? In die Bybel word die konings van Israel telkens met hierdie Woord geoordeel. ” En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë v.d. Here of hy het gedoen wat reg was in die oë v.d. Here. Dit wys op gehoorsaamheid aan God en Sy gebooie. So dikwels herhaal God ook hierdie Woorde: ” Maar julle het nie na My Stem geluister nie.” Die troon kom van God. Aan kolonel Johan Botha van Nelspruit het God hierdie boodskap in 1994 net voor die verkiesing gegee. 1) julle moet julle verootmoedig en terugkeér na My. 2) julle sal My Wonderdade aanskou. 3) hou net aan My vas. ‘n Oproep tot terugkeer. ‘n Belofte. ‘n Troos in die Waarborg van God se Krag en Liefde.

Geronimo ·

Ek dink geskiedenis is in geheel tydmors aangesien dit nooit objektief aangebied sal word nie. Fokus eerder op lewensvaardighede en loopbaangerigte vakke.

Jaco Olckers ·

Ek sal seker maak dat my kinders geleer word wat waar is en wat nie. Wat ons volk moes deurgaan om te kom waar ons nou is. Ek sal niks verberg nie. Wag net as hulle n a taak moet maak oor iemand soos mandela.

Genoeg! ·

Dit gaan ook net soos die huidige geskiedenis wat ons kinders leer wees, eensydig en onpartydig. Dis ‘n mors van geld en tyd! Leer eerder vir die kinders hoe om entrepreneurs te wees om sodoende besighede te begin en werk te skep. Ons het ‘n toekoms meer as ‘n verlede nodig!

Gertryda ·

Geskiedenis is belangrik maar nie die eensydige teorie nie
My dogter is geskiedenis onderwyseres maar kan geen pos in SA kry nie
Sy gee geskiedenis Aardrykskunde oorsee

Zumie ·

Gebruik asb die regte naam vir “geskiedenis” hier maw “propaganda”

“Geskiedenis”(maw propaganda) om kinders se koppe te smokkel… en hulle gewillige melkkoeie te maak vir die ANC

ble ble ·

vraag is, ken hulle hulle eie geskiedenis? wie van ethiopia af kom en wie van “north of the great lakes’ kom?

Erick ·

Die Geskiedenisklas gaan n KGB-styl proganda-periode word. Tragies!

Rerig ·

Ek het vir my kind gesê dit is die een vak waarvoor sy nul mag kry, veral as dit kom by die land se geskiedenis. Gr4 geskiedenis moes die kinders leer van Nelson Mandela en Gandi. Hulle maak assof Nelson so ‘n god is, het haar vertel hy was ‘n bomplanter ens. Vir haar gesê al wat sy hoef te leer is die tipes geskiedenis wat niks met SA te make het nie. Ek sal haar self leer van ons geskiedenis, ons stryd op oorlewing en menswees.

MCS ·

Rerig, ek het vir my kinders ook die waarheid agter die ” hero” Nelson Mandela vertel. Ek maak my man se familie wat oorsee gebore en getoë is ook bewus van dat Mandela geen ikoon was nie. Dieselfde toe Winnie dood is het SA gemaak of sy ‘n godin was. Snert, die waarheid moet uit. Ja, ek stem daar was in die ou dae dinge wat nie reg was nie maar dis nie nodig om geskiedenis nou te wil verander en verdraai en haat tussen nasie meer aan te wakker nie.

Theo ·

Wyle Oom John Vorster (Eertse Minister) het na n Volk se toekoms verwys en gese,”n Volk sonder n geskiedenis het nie n toekoms nie” Dit is presies wat die vuilgoed nou aan ons juig wil doen, ontneem hom van sy Geskiedenis of dit goed of sleg was, dan ontneem jy sy toekoms.

Patrys ·

Plaas konsentreer hulle iewer op Wiskunde en Wetenskap wat skokkende lae resultate wys elke jaar in meeste skole. Maar sjoe ANC julle is reg, dis beter om te weet wat 50 jaar gelede met sekere Suid-Afrikaners gebeur het sodat julle, julle enigste wapen kan lewendig hou onder julle ondersteuners – haat. Dis beter om haat te leer as om kinders op te hef sodat hulle iets van hul lewens kan maak. Want sien as hulle iets van hul lewens kan maak, het hulle julle nie meer nodig nie. Julle sien mense maak hul eie minds op oor hoe hulle wil voel – nou wil julle seker maak julle begin vroeg al julle haat versprei – en ja ek glo glad nie dit gaan ‘n volwaardige geskiedenis vak wees nie – as ek na my kind se graad 8 boek kyk kan en sien hoe eensydig julle weergawe van die geskiedenis geleer word aan die kinders. Gelukkig is ek betrokke by my kinders kan ek die eensydigheid regstel. Meer werk vir die ouers……

ZAR ·

Ek glo nie die regering wil die ware geskiedenis aan sy mense oordra nie, maar wel ‘n geskiedenis wat by sy narratief pas, dus, alles wat skeefloop is agv die witman. Ons volk is siek en sat om die slaansak te wees vir alles wat verkeerd loop in Suid Afrika.
Kom ons kyk net na die getalle gedood deur Shaka Zulu (1 000 000+), die getalle gedood in die anglo-boere oorlog(100 000+), die getal gedood in die apartheidsera (20 000+) en die getal gedood in die demokratiese nuwe Suid Afrika (400 000+)
Watse tydperk was werklik die ergste?
Skryf daai geskiedenis!

Grassie ·

Waar gaan “hulle” die Afrika-geskiedenis kry om in die leerplanne weer te gee? Die mense van Afrika het maar onlangs eers geleer lees en skryf. Geskiedenis is sekerlik meer as 100 jaar oud. Dit beteken hulle kan enigiets wat hulle pas insluit en beweer hulle weet daarvan deur oorlewering.
Gina se verduideliking is swaar gelaai met politiek en dit is duidelik dat die leerlinge (en nie “leerders” soos wat MM graag gebruik nie) gebreinspoel gaan word deur ANC leerstellings in hul kele af te druk. Sy gebruik uitdrukkings soos “sosiale samehorigheid, Afrika-identiteit, dekoloniseer” en nog ‘n paar ander kwistig. Ek wonder waarom sê sy nie liewers eerlik dat die uiteindelike doel is om die witmens se taal, kultuur, geskiedenis en leefwyse met wortel en tak uit te roei nie.

Eish ·

” Now detective, you are asking the right questions.” Die film, I, Robot.
Die berig oor die onderwerp gister in MM het spesifiek verwys na pre- koloniale asook antieke Afrika geskiedenis. Synde die inheemse tale eers na die 1800 gekodifiseer is, gaan betroubare bronverwysings n kritiese tekortkoming wees. Die enigste bronverwysings wat tans nog bestaan is rotstekeninge van die oorspronklike inwoners van die land.
Die ander woordgimnastiek dui slegs op een ding, indoktrinale propaganda.

Paul ·

Die geskiedenis en die ontstaan van die mynbedryf in Suid Afrika, hier van die 1860’s af, diamante, die goud stormloop edm, wat gaan hulle daarmee maak? Dit is dan nou die hartklop van die land. Hoe misken jy hiérdie geskiedenis?

Maar natuurlik sal hulle in die parlement onnadenkende besluite neem op aanbevelings van die taakspan wat die regering ter wille is en dan sit die skrywers van die geskiedenisboeke met die gebakte pere. Hoe samehangend en logies gaan so ‘n boek wees, meer vrae as antwoorde?

Katerina ·

Hulle sal seker die fliek “Black Panther” as feitelike hoofgereg opdis, met n goeie porsie van anti-wit blaam en haat as nagereg.

waarheid ·

Kom ons leer slef ons kinders die ware geskiedenis – sodat hulle dan in die klas kan opstaan en die teendeel vertel. Die ware feite.

Disselboom ·

Te veel mense lees “Long Walk to Freedom” en te min “Rivonia – Maskers Af!”, en te veel mense glo die Hector Peterson is ‘n held mite, en te min vra die polisiemanne en dienspligtiges van die sewentiger- en tagtigerjare wat regtig in die townships aangegaan het sodat mense kan weet wat barbaarse “struggle”-metodes regtig was. Die “struggle” is al so met blommekranse in die geskiedskrywing versier dat daar feitlik nie meer oor die “necklacing” gepraat word nie. Mens kan nie ‘n toekoms op leuens bou nie.

Norman ·

Geskiedenis is die storie van die oorwinnaar.
Dit is daar om mense te indoktroneer en te kodisioneer.
Vaderlandsliefde, nasionalisme en patriotisme is snert.
Geskiedenis wat ek op skool geleer het het tot vandag geen rol in my lewe of loopbaan gespeel nie. Dit het geen aandeel aan my “pay check” nie.
Dit is dieselfde metodes wat die vorige regering toegepas het, sodat ons as soldate in die vreemde (Angola, Namibie en ander) kanonkos kon wees om mense in die regering (politici) te verryk.
Deur geskiedenis indoktronasie het my geslag geglo en blindelings gevolg sonder om vrae te vra, anders het die veiligheidspolisie jou weggevat (Greefswald)
Wat het van al die beloftes van die onderhandelinge voor ’94 geword?
Nêrens in die Bybel lees ek dat ek ander kan vertrou nie, inteendeel (“moet op prinse nie vertrou nie)”
Glo aan God en glo in jouself. Die res lieg veral politici.

Andre C ·

Dis elke verantwoordelike ouer se plig om hul kinders die ware geskiedenis te leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.