Geskiedenis gemaak toe Zimbabwiese eiendom onder hamer kom

Dié eiendom, wat in Kenilworth, Kaapstad geleë is, is aan ’n private bieër vir R3.7 miljoen verkoop.

Dié eiendom, wat in Kenilworth, Kaapstad geleë is, is aan ’n private bieër vir R3.7 miljoen verkoop.

Internasionale regsgeskiedenis is Maandag in Kaapstad gemaak toe die eerste eksekusieveiling van ’n Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika plaasgevind het, as ’n regstreekse gevolg van pres. Robert Mugabe se menseregtevergrype in die land.

Dié eiendom, wat in Salisburyweg 28, Kenilworth, Kaapstad geleë is, is aan ’n private bieër vir R3 760 000 verkoop.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het ses jaar gelede begin om Zimbabwiese boere en menseregte-aktiviste in die land by te staan met ’n regstryd nadat Mugabe geweier het om gehoor te gee aan ’n bevel van die SAOG-tribunaal dat sy grondgrype onwettig en rassisties is. Die bevel is in die hooggeregshof in Pretoria geregistreer en AfriForum se prokureurs het vir die eerste keer in Maart 2010 beslag gelê op die eiendom in Kaapstad.

Na onsuksesvolle pogings van die Zimbabwe-regering in die hooggeregshof, die appèlhof en die grondwetlike hof om die registrasie van die uitspraak in Suid-Afrika om te keer, het die balju van Kaapstad vandag voortgegaan met die opveiling van die eiendom op die perseel.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n uitspraak van ’n menseregtehof in Afrika gelei het tot die verkoop van ’n eiendom van die land wat hom skuldig gemaak het aan menseregtevergrype, op ’n openbare veiling deur die balju.

Die aard van die litigasie tans het ten doel om ’n burgerlike sanksieveldtog teen menseregtevergrype in Zimbabwe op verskeie terreine aan die gang te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannelie ·

Wonderlike nuus! Uitstekende resultate wat Afriforum hier behaal het! Baie geluk!

Wim ·

Mooi man

Ek voel nou sommer gelukkig om my ledegeld te betaal. Baie geluk Afriforum.

Johan 2 ·

Dis goeie nuus. Al die moeite vir <R4M, hoop daar is nog goed om te verkoop?

AmY ·

Dis waarom ek elke maand vir Afriforum geld gee. Goed om te sien dat dat dinge gebeur.

Bruno Stef ·

Ag tog die soetkoekie brigade het weer n raak beskrywing van die buurland se No 1 verwyder n mens sukkel darem met julle.

Winston ·

Afriforum dankie dat julle dinge bereik onder moeilike omstandighede. My meevallertjie word puik aangewend deur mense wat ek kan vertrou. Hoop hulle het vir Mugabe laat weet. Per pos en tolk en epos

Theo van der Walt ·

Dinge gaan beroerd in Zim. Ek was laas week in Masvingoo en lees in een van die plaaslike koerante dat die Hopitale besig is om in lykshuise te verander en die skole in kinder oppas sentrums. Die helfte van die hele Zim werksmag is in diens van die staat en die staat kan hulle nie betaal nie. Steeds bly Bob en trawante in weelde! Die huis wat hulle ‘verloor’ maak geen indruk op hulle nie. Afriforum het baie goeie werk gedoen en ek is so bly dat daar tog n mate van verantwoording gedoen word vir hulle dade deur die regsgeding maar dit voel net so hopeloos as jy dink dit raak nie diegene wie dit behoort te raak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.