Geskiedenis-leerplan vir skole oorgeskryf

Angie Motshekga. Foto: DOC

Die geskiedenisleerplan vir Suid-Afrikaanse leerders gaan oor die volgende sewe jaar oorgeskryf word, en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het alle Suid-Afrikaners genooi om deel te vorm van die proses.

Só het Motshekga Woensdagoggend aan die parlementêre perskorps gesê.

“So ʼn proses kan of opwindend of baie omstrede wees,” het Motshekga geantwoord toe sy deur Maroela Media gevra is oor die persepsie dat die oorwinnaar die geskiedenis skryf, en dat dié wat nie leer uit die foute van die geskiedenis en geskiedenisleerplanne nie, gedoem is om daardie foute te herhaal.

“Ons wil nie ʼn bevrydingsgeskiedenis of ʼn apartheidsgeskiedenis of ʼn liberale geskiedenis daarstel wat ons kinders teen mekaar sal opstel nie. Ons wil werklik toesien dat ʼn Suid-Afrikaanse geskiedenis in ons skole onderrig word, wat versoening in die hand kan help werk, in die tradisie van oudpres. Nelson Mandela, wie se geboortedag ʼn eeu gelede ons vanjaar herdenk,” het Motshekga gesê.

Sover dit algemene geskiedenis betref, gaan meer aandag aan ʼn Afrika-hoek op die geskiedenis gegee word. Die voorbeeld wat Motshekga gebruik, is dat, benewens die Franse rewolusie, ook die Haïti-opstand teen koloniale oorheersing in die leerplan ingesluit sal word.

“Dit beteken nie dat ons wêreldgeskiedenis soos die Franse Rewolusie sal afskeep nie. Ons kinders moet weet wat daar gebeur het as hulle as wêreldburgers wil funksioneer,” aldus Motshekga.

Sy het gesê daar sal so wyd moontlik oor die nuwe leerplan gekonsulteer word. ʼn Taakspan bestaande uit akademici is reeds besig met voorbereidings, en die algemene publiek se insette sal gevra word tydens ʼn proses waarvan die besonderhede eersdaags aangekondig sal word.

Motshekga het ʼn optimistiese rigting in haar begrotingsrede ingeslaan met ʼn aankondiging dat die aanvanklike post-apartheidsprobleem van toegang tot onderwys nou grootliks oorkom is, en dat daar nou na die verbetering van gehalte gekyk kan word. Een van die aspekte wat dadelik kan aandag kry, is die onderrig van leerlinge met erge gestremdheid, waarvoor die toewysing vanjaar verdriedubbel. Dit sluit onderrig vir kinders met outisme in.

Terselfdertyd moes sy toegee dat haar departement vanjaar in reële terme minder geld aan die ontwikkeling van infrastruktuur kan bestee, veral om drie redes, te wete verhoogde onderwyssalarisse, die invloed van die “FeesMustFall”-debakel en gratis tersiêre onderwys, asook die land se pap ekonomiese situasie.

Die adjunkminister van basiese onderwys, Enver Surty, het gesê arm kinders word omvattend deur die staat bygestaan. Sowat 85% van die land se kinders is in skole wat geen skoolgeld hef nie, meer as 9 miljoen leerlinge kry elke skooldag kos deur die skoolvoedingskema en 58 000 mense in arm gemeenskappe verskaf kos deur dié skema en verdien op dié wyse ʼn inkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Marius ·

Wel Dis n mooi gedagte en ek sal bly wees as dit tot uitvoering kom. But herein lies the challenge… Die ANC se reputasie van heuning om die mond maar n galpil in die bek is al so goed soos in klip gekap

Mrs H ·

Ooo my hemel, hier kom n klomp leeuns wat in die leerders se kele afgedruk gaan word. Bronne seker afkomstig van sangomas en ancestors! Tyd om plan van aksie in plek te kry vir my agt en twaalf jarigges om oorsee se studies te voltooi teen daardie tyd. Nie omdat ek wil nie, omdat ons vrywilliglik verplig word om so die beste in jou vermoeë vir jou kinders te bied. Dis jammer.

Lollie ·

Vergeet die geskiedenis in watter vorm ookal! Dinge wat verby is waaraan ons nie kan verander nie.
Bring liewer huishoudkunde, houtwerk ens terug. Dit kan help dat daar meer entrepreneurs is en minder werkloses! Vandag se mense kan niks met hulle hande doen nie. Hierdie kan maak dat hulle nog ń geldjie kan verdien.
Bring sommer vroeër jare se LO terug dan sal almal meer sportief wees en minder oorgewig.
Sulke vakke kan meer voordelig vir die land en sy mense wees as geskiedenis!

JO-ANlI ·

Ek stem volmondig saam. Huishoudkunde, oftewek huisvlyt , houtwerk sal beslis goed wees asook L O Liggaams opvoeding oefening. Dit sal beslis ń beter gereedskap vir baie wees. Baie sal daaruit baat vind, aangesien ekself al beleef het dat baie kinders jongmense glad nie in staat is tot enige hande werk nie. Daar is wel jongmense wat dit pragtig kan doen en glad nie bang is vir hande werk nie. Moet sê ek word so trots wanneer ek sien dat van ons jongmense so goed doen ook.

phillipvandyk ·

bring flippen liggams oefeninge ook weer tergu twee keer n week as vak. ons jeug is moeg gebore onfiks en oorgewig.

Eish ·

Instrument om kinders uit alle kulture te integreer ten einde die volmaakte SA Burger te kweek?

Commie ·

JANEE Julle gaan nou seker die slagoffers wees en die heroes . en die arme wittes nog verder die grond in vertrap word en LEUENS soos onder andere van die GROND en swart GENOCIDE verkondig word … HAAL JULLE KINDERS UIT STAATSKOLE UIT .. hierdie is niks anders as kommunisme nie.

Johannes ·

Wonder of kinders die WAARHEID geleer gaan word… o.a. gaan mandela se kommunisme en terreurdade ook aan kinders geleer word?

Michelle ·

those who don’t know history are doomed to repeat it – sal graag wil sien watter insette van die publiek die besluitnemers na gaan luister…..

JdV ·

85% van die land se kinders is in skole wat geen skoolgelde hef nie??? Maar ons arme sotte moet deur ons ore betaal om ons kinders in die skool te hou!? En dan is dit boonop my belasting wat daardie kinders in skole hou. Maar betaal moet ek betaal!

Oëverblindery ·

Miskien volgende jaar dié tyd sal ons alweer in die annale van die geskiedenis uitgelag word vir die fools wat ons was om dit te glo. Die padda word rustig gepaai in die kookpot…

Grenade ·

Net jets oor die voedingskema ek was vir 15 jaar in die onderwys…..by verskeie skole betrokke….Kos word deur onderwysers in massas sweggedra…..Hulle kan nie wag vir aflewering nie. Dan her leerders dikwels nie potlode…of Penne nie?? Wat not te se boeke…….

Manie ·

Mandela was nie versoenend nie. Hy was n veroordeelde terroris wat onskuldige mense met bomme wou opblaas sodat sy meelopers hulle hande in die geldlaaie van die land kon kry

Ella ·

Wie gaan dit opstel en wie gaan die spelfoute optel en regmaak?
Gaan kyk bietjie by Binnelandse sake hoe lyk die taal waarin jy gese word hoe om jou paspoort te hernu. Dis om van te huil.
Feitefoute sal net so deurgaan.

Disselboom ·

Nee wat Ella, jy is verniet bekommerd: daar is oorgenoeg Afrikaner-meelopers wat die leerplan wat die geskiedenis wat Afrika se belangrikheid heeltemaal oordryf en die leerplan toenemend weg van die kerkgeskiedenis vat (wat ongelukkig min in Afrika en baie in Europa afgespeel het), in uitstekende gehalte sal help vervaardig. Die mense wat by privaatskole soos CVO-skole opdaag om hulle voor te skryf en te sorg dat die staat se greep daar gevestig bly, is dikwels Afrikaanssprekend…

Ben ·

Dit is hoekom ek dankbaar is dat my kleinkinders tuisskool onderrig ontvang. Hulle weet wat die ware situasie in SA was en ook op internasionale gebied. Hierdie klomp snert wat nou opgedis word is eensydig en totaal misleidend.

Alida ·

Hulle sal dit oorskryf om hulle te pas en meer haat se saai. Ek stem bring die ou vakke terug LO, kook en bak, houtwerk ens. Leer hulle vaardighede n klomp geskiedenis sit nie kos op die tafel nie.

Paperdoll ·

Doen weg met geskiedenis..die regering aan bewind laat hulle altyd leuens inskryf. Gee eerder die kinders n werklike leerplan wat hul gereed maak vir die wereld daar buite. Ambagte vir kinders wat minder presteer. Wat doen gewone kinders met biologie, aardrykskunde, wetenskap , in die hoerskool. Bring houtwerk. Plaat en metaal. Sweis, ens terug. Laat kinders van vroeg af leer om entrepeneurs te wees.

Rina ·

Kom ons wees nou eerlik sy stel dit mooi dat dit wedersyds moet wees. Maar ons sien reeds die weergawe van die huidige leerplan van hoe dit in sommige gevalle al reeds verdraai is op laerskool vlak. So wees verseker dat dit nie wedersyds sal wees nie dis verseker.

John ·

HG Wells het glo baie gewroeg oor die datum wat hy moes gebruik vir sy boek 1984. Hy het met reg gewonder, want dit moes eintlik 1994 gelees het.

PJC ·

Hierdie gaan maar net die ANC se idee van die geskiedenis wees en sal niks anders as ń spul liegstories wees nie.

Juffrou ·

LO is reeds saam met die CAPS (KABV) kurrikulum terug in ons skole. Goeie argumente, Johannes. Het vriend wat agv Kerkstraat bom albei bene as 23-jarige verloor het. Ek is seker vreeslik naïef om te dink dat hulle dié terroriste dade ook in nuwe leerplan sal weergee.

Pottie ·

Ons kan nie hulp kry met skoolfondse nie, maar hoe kan daar Dan so baie wees wat kan???? Ek Hoop hulle onthou on the skryf oor hoe hulle ons vervloek en vermoor het, terwyl ONS die hoë tax betaal, terwyl hulle goedkoop water en electrisiteit (en meeste verniet!) gekry het. En onthou die huise wat hulle verniet gekry het…. Alles deur die geld van die “wit man” wat hulle so haat…. Ek Hoop hulle sit dit in die Geskiedenis!

JM ·

Ek sien in my klein kind se Geskiedenis daar word gesê dat mandela tronk toe is omdat hy betoog het, maar die waarheid is dat hy die stasie bom geplant het wat omtrent 30 lewens geeis het, dit wys jou nou net hoe lieg hulle vir die kinders, volgens hulle was mandela ‘n “hero” maar eintlike was hy ‘n “terroris”.

Cornelia ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons ook iets in die vuur gooi. Hulle idee van grootmanskap en geskiedenis. Dit is ‘n klug en ‘n klad en ‘n gruwel van waninligting en erg geskende en verdoeselde waarhede. Kan ‘n boek van leuenpropaganda die werklikhede van die siel van hulle agitasie teen die siel van geregtigheid aanneming opeis. Dit is buitendien erg koloniale gebruik om geskiedenis ter boek te stel. Los dit vir die kolonialiste wat dit al eeue lank met waarheid, kundigheid en ongeveinsdheid doen.

m.d.r. ·

Mens neem aan dat as die Franse rewolusie, en die Haitiese opstand gaan figureer, sal die
1917 Bolsjewistiese rewolusie ook daar wees–natuurlik die Kommunistiese weergawe, asook die gevolge daarvan o.a. die grond diefstal met die hongersnood destyds….?

Alma ·

As d Geskiedenis dan nou sodanig moet verander word, moet d boek RIVONIA MASKER AF ook deel wees vd d vak, sodat ons kinders kan lees WAT het het Mandela & syt trawante alles gedoen!

Nickey Jooste ·

Ek stem volkome saam Die kinder moet goed geleer word wat hulle kan help om werk te kry Hou vakke soos Wiskunde , Afrikaans en Engels en Bring vakke soos Algemene Administrasie / Huishoudkunde vir dogters en vir seuns Engineers wese / plumbing . En ja bring Asb Liggaams Oefeninge (LO) terug

Corné ·

Ek is bevrees die gaan nie werk nie . . . Die regering gaan pleinweg die wittes so sleg moontlik laat klink en dan gaan hulle wil hê ‘n blanke onderwyser moet dit aan die kinders oordra . . . Jammer gaan nie werk nie

EP ·

Ek stem glad nie saam met u nie! As ‘n Geskiedenis-onderwyser, sien ek dat u glad nie verstaan waaroor die vak eintlik handel nie. Die vaardighede wat in Geskiedenis onderrig word, is van kardinale belang om die leerder, nie net van algemene kennis toe te rus nie, maar ook hul vermoë om krities te dink, gevolgtrekkings te kan maak wat ondersteun word deur geskiedkundige feite sowel as hul lees-en skryfvaardighede aansienlik te verbeter! Dít is maar net ‘n paar van die leeruitkomstes wat in die leerplan uiteengesit word!

EP ·

Ek stem glad nie saam met die negatiewe kommentare teen Geskiedenis as vak nie! Huishoudkunde en Houtwerk word ongelukkig nie meer as vereistes in die moderne samelewing beskou nie! Alhoewel dit leerders in hierdie vakke geleer word hoe om met hul “hande” te werk, word hulle nie geleer hoe om krities te dink of om hul lees-en skryfvaardighede te verbeter nie, maar dit word wel in Geskiedenis onderrig!!! Geskiedenis word onderrig om leerders toe te rus met broodnodige kennis en vaardighede wat aan hulle bystand kan verleen met universiteitstoelating en belangrike beroepskeuse! Huishoudkunde en Houtwerk is alles behalwe die tipe vakke wat die akademiese vermoëns van leerders kan bepaal nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.