Geskiedenis van dán af ʼn verpligte vak

Angie Motshekga die minister van basiese onderwys het haar planne vir ‘n nuwe geskiedenisleerplan vir gr.10- tot 12-leerders bekendgemaak. Foto: ANA

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ʼn ministeriële verslag bekendgemaak wat aanbeveel dat geskiedenis van 2023 vir gr. 10- tot 12-leerders ’n verpligte vak sal word.

Dit volg kort nadat Motshekga op 6 Mei aan die parlementêre perskorps gesê het die geskiedenisleerplan vir die land se leerders sal oor die volgende sewe jaar oorgeskryf word.

Maroela Media het berig dat Motshekga die land se burgers uitgenooi het om deel van die proses te wees. Sy het toe erken die proses “kan óf opwindend óf baie omstrede wees”.

Talle akademici, regeringsamptenare en ander belanghebbendes het die bekendstelling van die verslag Dinsdag by Vryheidspark in Pretoria bygewoon.

ʼn Ministeriële taakspan, onder leiding van prof. Sibusiso Ndlovu, is in 2015 gestig om ʼn vergelykende internasionale studie te doen oor hoe om geskiedenis as ʼn verpligte vak in gr. 10 tot 12 op die beste wyse moontlik in te stel.

Die span het ook na die inhoud van die vak geskiedenis gekyk en gevallestudies is in 13 lande gedoen, insluitende Indië, Rwanda, Zimbabwe, Nigerië, China, Tanzanië, Rusland en Brasilië, om te kyk hoe die lande die vak op hoërskoolvlak aanbied. Die taakspan het ook by Nederland, Italië en Pole aangeklop vir raad oor die aanbieding van die vak.

Een van die aanbevelings wat die span oor die onderrig van geskiedenis in die land se klaskamers gemaak het, is dat dié vak lewensoriëntering van gr.10 as verpligte vak moet vervang.

Die taakspan het verder ook aanbeveel dat argeologie ʼn integrale deel van die vakgebied word. Verder sal daar in die toekoms ook veel meer onderwysers in geskiedenis en argeologie opgelei word om in al die skole se behoefte aan ʼn gekwalifiseerde onderwyser in die vak te voorsien.

Motshekga het gesê dié geskiedenisleerplan moet die dekolonialisasie van die Afrika-brein insluit. “Ons moet dit doen sonder om die werklike verhaal van apartheid se verlede te verbrand en ons moet ook nie die bevrydingsbeweging verheerlik nie.”

Motshekga het verder aangevoer die instel van geskiedenis as ʼn verpligte vak sal eenheid onder Suid-Afrikaners help bevorder.

Sy meen haar departement se doelwitte is deursigtig en dat sy nie ʼn voorstander is daarvan om enige kind se lewensbeskouing van die wêreld te manipuleer nie.

“Hierdie sal nie die geskiedenis wees van oorwinnings, verliese en slagoffers nie, dit sal eerder die geskiedenis vertel van die vasteland Afrika en sy mense se skoonheid.”

Volgens Motshekga sal die verslag nou voorgelê word aan die raad van onderwysministers en die regerende party waarna daar ʼn finale plan vir die instel van ʼn geskiedenisleerplan beraadslag sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

honourable member ·

Kan net raai wie se geskiedenis in almal se kele afgedruk gaan word.

Valerie ·

O. Dus met wiskunde en “geskiedenis” verpligte vakke, gaan die kinders dan presies weet hoeveel bomme daar in die verlede geplant was en deur wie. Of hoe?

Anne ·

Die helfte van die land se onderwyskorps word opgelei om LO te gee. Wat gaan nou van al dié onderwysers word? Want nou gaan daar weer te veel Geskiedenisonnies opgelei word….

Nossob ·

Plaas leer hulle die kinders lees. Daar is n groter leempte in lees.

Pelp ·

Laat ek raai, die Zulus/Afrikane gaan skielik nou heeleerste in SA wees, en dat alle ewels nou net wit gaan wees. My kind sal nie dié geskiedenis leer nie.

willie ·

Indien ek nog kinders op skool gehad het sou ek hulle aanmoedig om hierdie bollievak te druip!

Elmi ·

Argeologie of Geologie?! GROOT verskil, en laasgenoemde is dalk belangriker…

Werner ·

Wel ons word deur komuniste regeer wat verwag ons sit maar kinders cvo skole

Eish ·

Argeologiese?
Eish! Hoop nie die evolusieleer is ingesluit daarby nie!
Eksamenvraag: Wat is die oorsprong van die mens?
Antwoord: Kokende pot biotiese sop!

Nettie ·

Ek hoop julle verander die inhoud van geskiedenisleer só dat almal geleer word van die bomme wat Mandela en sy MK-handlangers geplant het en ook van die Grensoorlog waartydens daar soveel jong wit seuns dood is terwyl hulle die kommuniste van Afrika uit die land probeer hou het.

Buffel ·

So neuk ons regering aan. Grootste besteding van die staatsbegrotig gaan aan onderwys. Maar SA is laaste en tweede laaste uit 50 lande vir wiskunde en wetenskap en 15% van geaad 7 ‘s kan behoorlik lees en skryf. Wonder hoekom ?? Eintlik is die antwoord voor die hand liggend. En die matriek slaagpunt bly 30 % en nou die snert oor geskiedenis ….? Hemel bewaar ons teen die idiote.

Geblokte Spraakvryheid ·

Kommunistiese propaganda!!! Vernietig n kultuur en geskiedenis dan vernietig jy n volk

Net-net ·

Sit ek nou angstig op my vingers en tel…my jongste mis dit net-net! Phew. Eerder meer tyd aan Wiskunde!

Luister ·

Gaan dit enigsins bydra om leerders op toekomstige beroepe voor te berei? Behalwe vir geskeidkundiges – seker baie van hulle nodig.

GM ·

Ag vader, plaas leer hul die kinders eerder vaardighede aan wat hul kan help. Hoeveel kan hekel, brei, naaldwerk, houtwerk ens. doen? Met sulke tipe vaardighede kan hul ten minste geld probeer inbring as hul nie ‘n werk het nie. Wat gaan hul met ‘n vak soos Geskiedenis maak? Dit gaan eensydig wees, en rassehaat net verder aanwakker. Soos ek al voorheen iewers genoem het, Mandela was as ‘n ‘hero’ bestempel. Ek het eers na skool uitgevind hy was eintlik ‘n terroris wat later ‘goed’ probeer doen het. En so sal hul net inligting in die kinders se koppe prop wat hulle wil hê hulle moet weet – inligting wat hul politieke speletjies sal aanhelp.

Buffel ·

Die wat houtwerk in matriek doen kry 28 % vra vir Julias….nou doen hy ‘n meestersgraad n politieke wetenskap. Dink ons die telling van < 80 is goed genoeg? Nee wat wonder hoeveel betaal by die daai meesters??

Rikag ·

Dankie tog my kind maak volgende jaar klaar met matriek. Voel net jammer vir hulle as hulle kinders eendag gaan he.

Avra ·

En hoe gaan geskiedenis die kind help in werksomstandighede?

Lerato ·

Die meeste hoërskole het van Geskiedenis ontslae geraak omdat dit min waarde het.
Nou wil die ANC Lewensoriëntering wegvat om plek te maak vir Geskiedenis
In LO leer die kinders oa. Hoe om te studeer, hoe om n VC op te stel, hoe om vir n onderhoud voor te berei.
Dit moet nou opgeoffer word vir Geskiedenis.
Die ANC het een doel, en net een doel en dit is om sentiment te gebruik om stemme te werf. Maak nie saak wie ly nie.

Marthinus Willemse ·

Ek ondersteun die minister.

Geskiedenis is `n bewys van die mens se bestaan. Geskiedenis is die verhaal van die mens, met al ons menslike swakhede, maar ook ons heroïse prestasies, en hoe ons die Aarde ontwikkel het tot ons voordeel. Dis die verhaal van hoe grotbewoners ontwikkel het, om baie jare later in wolkekrabbers tussen die wolke te kan bly, en tegnologieë soos Wifi en Bluetooth gebruik wat ons almal na towenaars laat lyk.

Geskiedenis is ook die verhaal van die mens se sotheid, en hoe miljoene lewens vernietig is ten einde ons ego’s en wanfunksionele emosies te bevredig.

En geskiedenis beaam die feit dat die mens, homo sapiens, of hy nou in Sumer of Rusland of Lesotho of Japan of antieke Griekeland of waar en wanneer ookal geleef het, presies dieselfde optree in dieselfde situasies. Geskiedenis is `n spieëlbeeld van onsself. Dit is seker menslik onmoontlik om geskiedenis objektief te skryf, maar as ons dit wel regverdig kan skryf, sal dit help om mekaar beter te verstaan, of jy nou `n boekhouer, `n kok, soldaat of haarkapper is.

Buffel ·

Ja nee Marthinus SA sal miljoene werksgeleenthede skep met al die idiots wat nie kan lees of skryf nie maar 30% vir ANC geskiedenis in matriek verwerf. Well done trek jou kruisie agter ANC lae ik party volgende jaar se verkiesing.

Saamstem? ·

Ek wil amper saam met jou stem, maar jy weet net so goed soos ek dat dit nié is wat in ons kinders se kele afgedruk gaan word nie.

Michelle ·

En wie gaan die bewaarder wees van die waarheid, beide kante toe?
Al ooit gesien wat in die LO kurrikulum vervang is? Gaan lees asb. Breinspoel al van laerskool af, en ons keur dit goed. Ek moedig my kinders aan om NIKS vir die vak te leer nie, vir wat dit werd is.

Manie ·

Die anc moet onthou wat het in die geskiedenis van die land gebeur toe daar n persepsie was van n vak wat op hulle afgedwing is. Pasop dat die nie die tweede revolusie begin van skoolkinders

PJC ·

As ek nog in die skool was sou ek doodeenvoudig tydens elke eksamen ń skoon vel papier ingedien het en nie snarsie van hulle geskiedenisboeke gelees het nie. ń Mens het tog beginsels.

Oom Kalahari ·

@PJC, ek stem met jou, maar om vol punte vir die Geskiedenis te kry teken jy ‘n klip en gee darem jou byskrywing: “Rol klip om vir al die antwoorde”. Jy moet darem punte toekening kry vir die poging om antwoorde uit te wys en vir skets.

fantabulous ·

Ek het Geskiedenis as ‘n vak geneem op skool en dit was interessant om te leer van Jan Van Riebeeck ens. Die arme kinders wat nou verplig gaan word om dit te neem kry ek jammer. Weet nie wie gaan die “redders” in die verhale wees nie. Die Minister van Onderwys moet eerder “Tale” verpligtend maak dan kan ons kinders verstaan as “iemand” in hul teenwoordigheid iets onheiligs beplan soos roof of beseer ens. Kan net se “Ai wat nog” !

André ·

Ek weet nie of geskiedenis gaan help met die kinders se toekoms nie.

Sue ·

Wel, hier kom dan NOG n “hoerskool dropout” want ek sal NIE toelaat dat my kind gemanipuleer word om onsin te leer wat hom absoluut bogerol gaan help in die toekoms nie.

Daar is baie min goed wat my so opstandig kan maak soos onderwys en politiek nie, nou moet dit nog gekombineer word. Ons het 4 kinders klaar groot, gevestig en getroud en tot vandag ken ek nie veel van “19voertsek” se geskiedenis nie en dit het my nooit van hulp gekom nie en hoe minder ek weet hoe beter vir my siel en so het my kinders groot geword en sal my laat lam groot word. Ek kan amper glo dit was “Apri fool’s Day”

Oom Kalahari ·

Die Afikaner se Geskiedenis is dan al klaar verwyder deur inbraak op sy taal, standbeelde, kultuur, Godsdiens, Landsvlag en lied en vryheid van spraak mens wees in sy eie vorme sonder polities afdwingbaarheid. Nee wat my kleinkinders weet alreeds van wat die Geskiedenis is en nie die indoktroneringe nie.

Oom Kalahari ·

Hoevele in die Parlement ken die Geskiedenis van 1652 af? Angie Motshekga, jy wil dit verpligtend maak deur afdwingbaarheid en wonder of jy joune dalk geslaag het en met watter simbool? Wat is die agenda agter hierdie sogenaamde Geskiedenis dat dit verpligtend moet wees of praat ons nou van Politieke geskiedenis waar al die kastige Ikone aangeteken is.

Gerhard ·

Ek hoop mense besef dit gaan bloot oor ANC-propaganda in jou kind se brein plant. Assimilasie is goed aan die gang en Broeders gaan nog baie verlang na die onbeholpe JZ. Ek hoop daar is beter planne as vertroue herbou met mense wat so iets sien as ‘n swakheid, wat dit ook is.

Sean ·

Dit gaan nie geskiedenis wees nie Dit gaan propaganda wees waarin al die voortrekkers as rassistiese moordenaars uit gekryt word en die “ander” as die onskuldige slagoffers Andy gaan rassehaat aanvuur en die leerders gaan oorlog teen mekaar verklaar

Michelle ·

‘….mens se skoonheid….’? Hahahahahaha
En hoe gaan julle dit by ‘n reeds propvol matriekprogram bywerk?
Ek vir een weier dat my kind daaraan deelneem, tuisskool dan eerder of laaste 2 jaar deur die pos.

Lerato ·

Die meeste hoërskole het van Geskiedenis ontslae geraak omdat dit min waarde het.
Nou wil die ANC Lewensoriëntering wegvat om plek te maak vir Geskiedenis
In LO leer die kinders oa. Hoe om te studeer, hoe om n VC op te stel, hoe om vir n onderhoud voor te berei.
Dit moet nou opgeoffer word vir Geskiedenis.
Die ANC het een doel, en net een doel en dit is om sentiment te gebruik om stemme te werf. Maak nie saak wie ly nie.

AHK ·

Ons land het wetenskaplikes nodig, nie geskiedenis-kenners nie!

Oom Kalahari ·

@Lerato, stem saam jou en goeie standpunt.
Ek is amper oortuig en is my eie opinie dat hierdie propoganda geskiedenis is ‘n doelwit om kinders en Ouers in opstand teenoor mekaar te bring oor die indoktronasie en werklike agtergrond van geskiedenis. Hierdie gaan hartseer en slegvoel/slegmaak geskiedenis wees teenoor die minderheidsgroep.

Vra net ·

Vir wat moet dit nou tot in Matriek verpligtend wees… kan hulle nie van Gr4 tot Gr9 hulle geskiedenis aan die kinders opdis en klaar kry nie? 6 Jaar se geskiedenis is mos genoeg vir n leeftyd!

Sue ·

Dis juis om te keer dat kinders soos die van my NIE matriek sal he nie en die “nuwe geslag” volgelinge van die land meer opgesweep kan word teenoor ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.