‘Geskiedkundige skikking’ tussen Saefa, Solidariteit

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Solidariteit het vandeesweek wat hy bestempel as ʼn geskiedkundige ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse vereniging vir ingenieurs en smelterye (Saefa) gesluit wat verseker dat werkers in dié bedryf, wat jare lank nie verhogings ontvang het nie, dit voortaan sal kry.

Die skikking is die eerste van sy soort wat in bykans ʼn dekade binne die bedingingsraad vir metaal- en ingenieursbedrywe (MEIBC) bereik is.

Ingevolge die skikking word daar ʼn jaarlikse verhoging van 6% op die minimum loonskaal aan werkers toegestaan. Die ooreenkoms sal tot 2024 geld.

Verder word alle ander bestaande voorwaardes en voordele behou.

“Gegewe die huidige ekonomiese toestand is hierdie ooreenkoms baie billik en bevredigend,” sê Willie Venter, adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf by Solidariteit.

“Hoewel dit jammer is dat ander werkgewersorganisasies in dié bedrywe mekaar nie kon vind oor die inhoud van die oorkoepelende ooreenkoms nie, is ons steeds gelukkig oor die ooreenkoms wat met Saefa bereik is.”

Volgens Venter sal Saefa voortgaan met verdere onderhandelings om die omvang van die ooreenkoms na ander afdelings in die maatskappy uit te brei.

“Daar word tans nog onderhandel, maar ons sien uit na die moontlikheid om ook afdelings soos administratiewe personeel, en dus nie net tegniese, produksie- en operasionele beroepsrigtings nie, later by hierdie ooreenkoms in te sluit.”

Solidariteit voer voorts aan hoewel daar nog nie ʼn ooreenkoms met ander werkgewersorganisasies bereik is nie, kan die bedryf en die ekonomie nie grootskaalse stakings hanteer nie.

“Ons is tans nog nie in ʼn dispuut met ander werkgewersorganisasies gewikkel nie. Ons onderhandel nog en wil met werkgewers gesels om ʼn ooreenkoms te bereik,” sê hy.

“Derhalwe het ons die besluit geneem om dienooreenkomstig die mandaat van ons lede op te tree en dus aan geen stakings in die bedryf deel te neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Die munisipaliteitkrisis is nou soos die brakkie wat die motor gevang het en nie weet wat om daarmee te doen!!Die vermoeë, wil, lus en toewyding ontbreek totaal Onderhoud en toekoms NIE in die kaders se verwysingsraamwerk.Die kloof tussen die ons en hulle word al groter. Dis n’ DNA ding

annie

Mens moet baie oppas om nie vasgevang te word in huise van glase saam met mense wat graag klippe gryp wanneer hul nie hul sin kry nie.

Marcello

Dit sal gaaf wees as Solidariteit vir ander regeringsinstellings ook 6% kan beding, ons het 1.5% gekry. LOL……………