Geskiet tydens betogings: Seun benodig rekonstruktiewe chirurgie

Skhumbuzo Soni saam met sy ouers, Phineas en Thembi Soni Foto: ANA

Skhumbuzo Soni saam met sy ouers, Phineas en Thembi Soni Foto: ANA

ʼn 10-jarige seun wat met ʼn rubberkoeël in die mond geskiet is terwyl die polisie probeer het om inwoners tydens ʼn betoging in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, te laat verdaag, gaan rekonstruktiewe chirurgie benodig.

Maroela Media het vroeër berig die gemeenskap van Willowfontein het betoog oor ʼn gebrek aan water toe die seun beseer is.

Skhumbuzo Soni se ma, Thembi, het die polisie Sondag daarvan beskuldig dat hulle uitermatige geweld gebruik het om die betogers te laat verdaag. Skhumbuzo het tussen die betogers beland toe hy van die skool op pad was huis toe.

Die graad 4-leerling van Willowfontein Primary School se boonste lip het geskeur en dit sal met ʼn operasie herstel moet word, as gevolg van die versuim om hom direk ná die voorval by die hospitaal te kry.

Hy is in die oggend beseer, maar kon eers Vrydagaand behandeling ontvang, aangesien paramedici nie die gebied kon betree nie as gevolg van die betogings.

Ten tyde van die betogings het inwoners die vorige Sondag laas water van die Msunduzi-munisipaliteit gehad.

“Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar die personeel die bloeding kon stop, maar hulle kon nie vir hom steke insit nie,” het Soni gesê. Dié vertraging het daartoe gelei dat die wond begin genees het voordat sy lip weer aanmekaar gewerk kon word.

Skhumbuzo hou vol hy was nie deel van die betoging nie en het net verby hulle geloop op pad huis toe. “Toe ons die oggend by die skool aangekom het, het hulle gesê die onderwysers kon nie by die skool uitkom nie, en ons is aangeraai om huis toe te gaan,” het hy verduidelik. “Op pad huis toe, het ons gesien hoe die mense betoog en toe ons verby hulle loop, het ons skote gehoor en oomblikke later het ek besef ek is beseer.”

As gevolg van die erns van die besering en swelling in sy gesig, kon hy Saterdag eers normaal praat.

Skhumbuzo Soni (Foto: ANA)

Skhumbuzo Soni (Foto: ANA)

Soni het gesê sy wil hê die polisie moet vir haar antwoorde gee waarom die hulle haar kind geskiet het. “Ek verstaan nie hoe enigiemand sommer net in ʼn skare in kan skiet waar daar kinders is nie. My kind het sy skooldrag aangehad wat hom en sy maats duidelik van die skare onderskei het. Dié gebruik van mag was ongevraagd en iemand moet verantwoordelik gehou word.”

Kapt. Musa Ntombela, woordvoerder van die polisie, het die betogings bevestig, maar hy kon nie verifieer of enigiemand beseer of in hegtenis geneem is nie.

Dit is die derde betoging hierdie week oor ʼn tekort aan water in die gebied.

“Die laaste keer wat ons ʼn watertenkwa in die gebied gesien het, was Sondag,” het een van die inwoners gesê. “Hoe kan ons vyf dae lank sonder water oorleef? Kinders moet gebad word voor hulle skool toe gaan. Ons moet kan kook en wasgoed was.”

Msunduzi-munisipaliteit het die afgelope paar maande waterbeperkings ingestel kragtens die opdrag van die departement van waterwese en sanitasie. Maar inwoners van Imbali het gekla dat alhoewel ander gebiede in die munisipaliteit waterbeperkings het, hulle dae lank sonder water moet klaarkom.

Willowfontein is deel van Imbali, wes van Pietermaritzburg se middestad. Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, woon ook in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lance ·

Die ouers se skuld …kinders hoort nie daar nie …hoe onverantwoordelik van die ouers …maar nouja wat kan mens nou anders verwag van mense wat tydens die betoging brand plunder en verniel …ek dink so iets gaan maar net weer gebeur want mense leer nie en gee niks om vir n lewe nie. Eintlik moes n paar volwasennes sou boude pers geskiet gewees het

Karma ·

@Lance, lees weer: die kind was oppad terug van die skool af nadat hy by die skool ingelig is dat daar nie klasse sal wees vandag nie. Met sy terugtog is hy in die massa betogendes meegesleur en toe gewond toe die Polisie lostrek met rubberkoeëls. Maar nou is die Ma kwaad vir die Polisie omdat die kind deur ‘n los rubberkoeël getref is …. Mevrou, ek kan u verseker dat die Polisie nie spesifiek op u kind geskiet het nie, maar wel in die skare in. Dit was ‘n blote ongeluk dat u kind getref is. En, die feit dat die paramedici nie kon inkom om mediese hulp te verleen nie – dank u bure daarvoor! En kon jy nie ook self ‘n plan gemaak het om die kind by ‘n hospitaal se noodeenheid te kry nie? Hoekom moet alles altyd VIR julle gedoen word, huh?

Ahooy ·

Verbasend hoe die bose polisie altyd hierdie “onskuldige” toeskouers wat “net op pad huistoe of winkel toe was” beseer!! Ek was ook al by sulke voorvalle betrokke en weet hoe selfs kleiner kinders groot klippe gooi. Dis mos hulle nasionate sport!! Maar ek glo Skhumbuzo as hy sê hy was onskuldig. Miskien kan JZ n kommissie aanstel om die Polisie optrede te ondersoek en n paar miljoen aan skadevergoeding uitbetaal!!

Berhalet ·

Mmm, is dit nie die ouers se plig om hulle kind te waarsku om betogende skares te vermy en sodoende uit die spervuur te bly nie? Dis ongelukkig dan eerder ‘n geval van op die verkeerde plek op die verkeerde tyd wees, nie nalatigheid van die polisie nie. Maar wag,daar word mos altyd ‘n geleentheid gesoek om geld êrens uit ons belastingbetalers te probeer wurg!

Jan maak n plan ·

Eerstens moes die arme mannetjie nie daar gewees het nie al het hy van die skool af terug geloop huistoe. Tweedens dit gebeur as polisiemanne net skiet sonder om deeglik te mik. En derdens sal dit die gemeenskap leer om nie weer vir die ANC te stem nie.

lynette ·

Dit lyk nie vir my as of n operasie nodig sal wees nie. Oor n week is swelsel weg en stukkende plek mooi genees. N mond binnekant heel sonder steke!

Maggie van Zyl ·

Hierdie is Propaganda… Ieder geval, as die (ongeveer) 20miljoen+ onwettige immigrante terugkeer na hul eie tuistes toe, sonder om op ons te kom teer, sal daar weer genoeg water en elektrisiteit vir almal wees.

Theresa ·

Absolute waarheid. Wens die munisipaliteite wil hul almal terugvat na waar hul vandaan kom. En as weer oorloop – ry maar weer weg. Totdat dit ophou.

Jean ·

HOU OP om julle kinders voor te stoot tydens protesoptogte. Sorg dat jou kind in die skool is of by die huis versorgd is. Hector Peterson was ‘n tragiese verhaal van ouers want kinders voorstoot in optogte en vir jare daarna nogsteeds die video vertoon om simpatie te wek. Hulle sal seerkry as hulle grootmens speletjies wil speel. As jy ‘n baksteen of petrolbom na ‘n polisieman gooi, is jy ongelukkig deel van die oproerende skare waarteen die polisie hulleself moet beskerm, en SKOOLKLERE gaan jou nie onderskei nie, dit is die grootste moeilikheidmakers daardie… daar heers sulke chaos tydens optogte dat die polisie net hulleself beskerm, daar sal altyd slagoffers wees ‘in the line of fire’.

Theresa ·

Dit lyk asof mamma geld ruik. Eerstens moes sy die kind nie skool toe laat gaan het (of daardie pad laat stap het) nie, sy’t mos geweet van die opstand. Almal moet leer om nie so in massas in opstand te kom nie – dan hoef die polisie te gaan skiet om orde te kry nie. As jy vermoed dinge gaan skeefloop – hou jou kind tuis. Mapstieks!!
Kliniek het patetiese hulp aangebied.
Die ANC moet maar verduidelik waarom daar die water is vir die mense nie – is dit ‘n ontwikkelde area waar hul woon, of plak hul?

henk ·

reg deur die wereld is dit die gebruik van hierdie barbaarse betogers om van kinders en vrouens gebruik te maak en hulle in die “voorste linies” stelling te laat inneem en hulle dan lafhartig van agter hierdie “menslike skild” hulle klippe, petrol en suurbomme gooi en vanwaar hulle dan ook dikwels op die polisie skiet. Hierdie geweldadige betogings gaan dan ook dikwels oor swak dienslewering en politieke “opstande” wat daarop gerig is om gebiede onstabiel te maak en misdadigers geleentheid bied om te floreer. Dalk, net dalk, het dit tyd geword dat die sogenaamde “onskuldiges” na vore tree en begin om die kriminele wat in die minderheid is, op hulle plek te sit en daar te hou!

KarooKlong ·

Tensy een of ander amptenaar hieragter sit, wat net gou ‘n paar rand uit die situasie wil sluk, wil ek vir die kind se ma voorstel om nie met die foto soos hierbo ‘n rekonstruksie eis te probeer instel nie. Dit sal ‘n mors van tyd en staatsgeld wees, ons geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.