Geskil tussen Sassa en CPS word dan hanteer

Sassa (Foto: ANA)

Die dispuut tussen die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) en die diensverskaffer Cash Paymaster Services (CPS) oor eise van meer as R1 miljard sal in Julie opgelos word, ná arbitrasievergaderings uitgestel is, het Moabi Pitsi, waarnemende woordvoerder vir Sassa, Vrydag gesê.

Dit het Donderdag aan die lig gekom dat CPS ʼn bedrag van R1,3 miljard van Sassa eis wat betref ʼn beweerde kontrakbreuk oor die dienslewering van welsynstoelaagbetalings toe Sassa begunstigdes van CPS-betaalpunte na handelsbanke verskuif het.

Sassa verwerp die bewerings. Volgens die organisasie is die betrokke kontrakte in 2009 saamgestel vir vyf streke, naamlik die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Kaap en Noordwes.

“Die partye stem ooreen dat die saak vir arbitrasie gestuur moet word, soos daar in die kontrak voorsiening gemaak is. Die arbitrasieverrigtinge sluit in die pleidooie, aanstelling van oorsigtelike beamptes, vooraf arbitrasievergaderings en arbitrasieverrigtinge vir die verhoor,” het Pearl Bengu, waarnemende uitvoerende hoof van Sassa, gesê.

Sassa het gesê ná ʼn skikking nie bereik kon word nie, ondanks verskeie pogings, is die besluit geneem om met arbitrasie voort te gaan. Die aanvanklike bedrag wat CPS geëis het was R1,3 miljard, maar dit is intussen verlaag na R792 853 000, nadat CPS van die eise teruggetrek het.

“CPS het onlangs bevestig dat hy nie meer met sommige van die eise voortgaan vir die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Noord-Kaap nie. Dit het daartoe gelei dat die agentskap sy teeneis teruggetrek het,” het Sassa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tersia ·

Laat die minister maar uit haar eie sak dit betaal. Mens moet mos maar jou pakslae vat soos wat dit kom . Eish

be ·

In JULIE?? dis n skande dat die bedrag van R1600pm aan oumense betaal word!! dit moet dringend verhoog na minstens R3000pm!! wie kan leef op R1600pm? dis onaanvaarbaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.