Geskorste Ace kry bloedneus in hof

Ace Magashule (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die Johannesburgse hooggeregshof het Ace Magashule se aansoek om sy tydelike skorsing as sekretaris-generaal van die ANC te laat omkeer, Vrydag met koste van die hand gewys.

Regters Jody Kollapen, Edwin Molahleli en Sharise Weiner het eenparig beslis dat Magashule se argumente ongeldig is en dat sy skorsing as sekretaris-generaal van die ANC nie ter syde gestel kan word nie.

Magashule het die hof verlede maand gevra om sy skorsing ter syde te stel, asook dat die opsystaan-reël as ongeldig, onreëlmatig en ongrondwetlik verklaar word.

Die geskorste sekretaris-generaal het onder meer aangevoer dat die ANC se reël 25.70, die bepaling wat gebruik is om hom te skors, ongrondwetlik is en dat dié reël sy regte ingevolge die Grondwet geskend het.

Volgens die volbank regters strook dié reël tog met die land se Grondwet en is die ANC by magte om sy interne werkinge te reguleer, berig News24. Dit beteken dat Magashule se regte inderwaarheid nié geskend is toe hy in Mei as sekretaris-generaal van die ANC geskors is nie.

Times Live berig die hof het ook Magashule se argument verwerp dat hy geskors is voordat hy die kans gehad het om sy weergawe van die gebeure te gee. Volgens die regters is hy oorgenoeg tyd gegun om sy siening aan onder meer die ANC se integriteitskommissie te verduidelik.

Die regters het voorts beslis dat Magashule se skorsingsbrief aan pres. Cyril Ramaphosa nie geldig was nie, aangesien Ramaphosa nie van enige kriminele oortreding aangekla is nie. Magashule was dus nie by magte hom te vra om opsy te staan nie.

Magashule bly dus geskors hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom.

Die geskorste sekretaris-generaal staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder bedrog en korrupsie, wat verband hou met die ondersoek na die miljoene rande wat betaal is vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die Vrystaat. Die saak word in Augustus in die hooggeregshof hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Fantastiees. Nou kan ek die naweek ‘n dop drink….SONDER EISH ja….

MakersMark ·

Vat so……te mooi. Zumstes bly agter tralies hoop eisshhh volg binnekort.

Androclus ·

Sy tyd kom ek dink hy het nou gesien dat niemand bo die howe is nie.

Persheks Adri ·

Lekker! Ons sê baie baie dankie! O hel waar is die musiek note lol

SjN ·

You are the weakest link, bye, tsamae. Ace het toe nie die Joker gekry nie.

Wielspore ·

Another one bites the dust – Queen
Ek sing hierdie liedjie al van Maandag af.

Annelize ·

Genade! Kersfees in Julie?!?!

Zuma agter tralies
Carltjie gister gearresteer
En nou kry Ace ook bloedneus

Kersfees is sommer lekker vroeg hierdie jaar!

Elinette ·

Moenie te vroeg begin feesvier nie. Onthou, finale uitspraak oor Zuma se saak word Maandag gegee (hopelik, as dit nie weer “voorbehou” word nie). Zoompie het soos ‘n seekat, baie tentakels, wat aan alles waaraan dit raak, klou. As Hoof van Intelligensie van die ANC in die 80’s het hy VIR SEKER baie “inside info” rakende baie ANC grootkoppe. Ek hoor vanoggend oor RSG dat hy eers in 1962, met sy eerste inhegtenisname, in die tronk geleer lees en skryf het. Nou ja, dís nou die man wat vir hoe lank aan stuur van die land gestaan het ……

Deon ·

Miskien as van sy volgelinge ook leer lees en skryf sal die legkaart bietjie anders vir hulle lyk… Ek het ook leer lees en skryf op twintigjarige ouderdom, is daar iets fout daarmee?

Vonkprop ·

Ek is ook bly hulle begin nou val een na die ander, maar onthou die ANC is nog steeds aan bewind en hierdie ouens wat so val kom weer terug in die een of ander gedaante so ons blydskap sal van korte duur wees. Ons sal slegs regtig verlos wees as die ANC verdwyn en al hierdie skelms sit agter tralies sonder parool en al hulle mag word werklik van hulle afgeneem. Al word hulle geskors het hulle nog steeds baie mag en dit is die gevaarlike en onregverdige deel.

Deon ·

Ek stem 100 persent met jou saam dat hulle heeltemal uit die land se regering sake moet wees…. Elke tweede dag lees mens van net nog een van hulle wat iewers weer droog gemaak het, die korrupsie kanker wortels groei baie diep en baie fyn

Visentjips ·

….die tyd is hier om nou ernstig aan te hou bid vir SA se verlossing uit hierdie bose kringloop. God is almagtig en gebed is kragtig! God gebruik dikwels slegte omstandighede om goed te bewerk. Ons moet net sorg dat ons eie huise in orde is sodat God ons gebede sal verhoor. Ek bid saam al bly ons in die buiteland.

Robert ·

En Zuma het ook sy toets gedop… ek is ‘n happy chappy sedert gister!

koos10 ·

Ek glo nie hy moet appeleer nie. Die konstitisionele hof is nie Zuma goedgesind nie, en sal hom ook nie wees nie!

Francois ·

Man nou kry die manne of sal ek se muisenlekker pak van hulle kaders

Kobus ·

Hoekom word ons howe met sulke beuselagtighede belas? Stig ‘n hof wat deur finale jaar studente beman word om na die twak te luister,iets soos die klein eise hof.

Oom Hennie Pennie ·

Uiteindelik begin geregtigheid geskied. Baie BID hiervoor

Sarel ·

Liister mooi…hierdie is net Verkiesingstaktiek…na die erkiesing sal.jy moontlik sien dak klagtes gaan net verdwyn

Spookasem ·

This whole Zuma and Ace saga is a joke. These two and the entire ex-Zuma (and some still current) cabinet members should be in prison. So many of them, including Squirrel either sat on their hands or had their hands ‘open’ while Zuma and Ace were destroying our country. The hypocrisy here is mind boggling! All this is political ‘theatre’. It has nothing to do with justice. And the head of our Red Beret EFF should be charged alongside Karel. How many public gatherings did he call? Plenty of them! Our government and justice system nothing more than a joke – the laughing stock of the entire world.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.