Geskorste amptenaar nou munisipale bestuurder in Limpopo

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die Vryheidfront Plus het sy misnoeë uitgespreek oor ’n geskorste munisipale amptenaar wat nou as die nuwe munisipale bestuurder van die Modimolle/Mookgophong- plaaslike munisipaliteit in Limpopo aangestel is.

Marita Louw, VF Plus-raadslid en koukusleier in dié munisipaliteit, meen Ben Thobela se aanstelling spruit uit ʼn nie-deursigtige en gebrekkige keuringsproses.

Louw sê die aanstelling is “ʼn sprekende voorbeeld van kaderontplooiing” wat deurgevoer is nadat die EFF buite stemming gebly het en sodoende die ANC se keuse vir die kandidaat gesteun het.

“Die enigste kandidaat met die nodige munisipale bestuursondervinding en ʼn goeie diensrekord, Danger Matumane, is sodoende uitgestem met ʼn 14/10-meerderheid.

“Thobela is nou aangestel as munisipale bestuurder sonder enige ondervinding en met ’n bedenklike diensrekord as geskorste uitvoerende bestuurder van infrastruktuur by die Capricorn-distriksmunisipaliteit in 2016.”

Luidens die VF Plus se verklaring is Thobela en twee ander uitvoerende bestuurders van Capricorn destyds voorlopig vir beweerde wangedrag geskors. Hulle moes motiveer waarom hul skorsing nie permanent gemaak moet word nie, maar dié redes is glo verwerp en hulle is geskors.

“Dit is ook duidelik dat die paneel in Modimolle/Mookgophong Thobela nie behoorlik geëvalueer het nie.

“Die VF Plus sal by elke geleentheid sy teenkanting teen kaderaanstellings uitspreek en daarop aandring dat aanstellings op meriete geskied, ongeag velkleur of politieke agtergrond.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Di ·

Dan wil mense nog weet HOEKOM alles ten gronde gaan. Onbevoegde mense sonder die nodige kennis OF kwalifikasies wat in poste aangestel word is die rede dat hierdie land in sy GLORIE in is!! Dan praat ons nie eers van al die KORRUPTE SKELMS wat in poste aangestel is nie, dit geld vir 90% van hulle wat tans in poste is.

Pierre ·

Lyk my dit is n vereiste om n bedenklike rekord to he in die land

PieterJ ·

Gelukkig weet ons dis onmoontlik om iets beters te verwag.

Shakespeare ·

Die DA veg teen ‘n oormag onbevoegde, korrupte kaders vd ANC/EFF in Modimolle. As gevolg van hulle blatante arrogansie en verwoestende genes is die dorp besig om met rasse skrede agteruit te gaan. Die kaders kan nie eers rommel verwyder nie. Die publiek moet inspring en hoes om die patetiese instandhouding deur die Mun se workers teen te werk. USELESS verby.

SjN ·

Kaders sorg en beskerm mekaar, kan of wil hul nie besef daar nie oor die vermoee en vaardigheid beskik om die werk korrek te doen nie?

Jakes ·

Hierdie skandelike optrede is te danke aan die agbare president wat n voorstaander is van kaderontplooing. Hy is die argitek agter die aanstelling van onbevoegde persone in enige pos. Geen wonder dat die ANC die land vernietig het sedert 1994.

LANA is ELANè ·

Wys jou nou net, dit betaal om korrup te wees in hierdie land!!! Integriteit sal jou niks in die sak bring nie. Hartseerdag waarin ons as land ons in begeef.

Sandra ·

So hy is geskors van daardie munisipaliteit opgemors, nou is hy by ‘n ander munisipaliteit om dit ook op te mors. Lekker. Ek het ook nie ondervinding as ‘n bestuurder van ‘n munisipaliteit nie, ek wonder moet ek nie aansoek doen by ons munisipaliteit nie. Dalk kry ek die pos.

Pannies ·

En so hoes die belastingbetalers vir die regering se onbevoegdheid…

Swerwer ·

Welkom in die land van die ANC/EFF en KORRUPSIE, die land van RASSISME

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.