Geskorste amptenare kry glo miljoene

Argieffoto

Argieffoto

Mpumalanga se provinsiale regering het glo die afgelope boekjaar miljoene rande spandeer op beamptes wat as voorsorgmaatreël geskors is.

Volgens James Masango, die DA se leier in Mpumalanga, het die provinsiale regering die afgelope boekjaar ʼn bedrag van R3,4 miljoen spandeer op 39 beamptes. Die meerderheid van die beamptes is glo al vir meer as 60 dae tuis terwyl ander glo al langer as ʼn jaar by die huis sit.

Masango het gesê die wet vereis dat ʼn voorkomende skorsing nie langer as 60 dae moet duur nie. “Daar word ook voorsiening gemaak vir werknemers wat ondersoek word om na ander departemente oorgeplaas te word hangende die uitslag van hul dissiplinêre verhore. Dit bewys net die miskenning wat die regering het vir wet en orde.”

Masango het gesê daar moet dringend besin word om werk te maak van verkwistende uitgawes rakende skorsings. “Skorsings het nie net ʼn invloed op die staatskas nie, maar ook op dienslewering. Indien geskorste werknemers nie hul poste ontruim nie kan die poste nie gevul word nie en dit beteken dat ander werknemers bykomende verantwoordelikhede het.”

Masango het gesê dit belemmer ook die kanse van geskoolde, werklose Suid-Afrikaners om dié poste te beklee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja-nee, hou vol met BEE. Hierdie by gaan aanhou met steek . . .

GES ·

Dit is hoe spookwerknemers ontstaan. Daar word vergeet van hulle maar die salariskraan word nooit toegedraai nie.

LVHO ·

Die reserwes gaan tog uitgeput raak want dit kom uit alle oorde. ONS GAAN ALLES VERLOOR!!!

DPJ ·

‘n Geskorste amptenaar en skuldig bevind is hoekom hom/haar oorplaas na ander dept. met ‘n bevordings pos? Is dit om ‘n ander bekwame persoon uit ‘n pos te hou?

frans ·

Hule het vergeet om dai BBee States aan te pas na grade rbbee

Theresa B ·

Nou vrae ek jou………..??!! Oor en oor bewys dat hulle onbevoeg is om met geld te werk en dan kom Eskom en sê ons betaal te min vir krag. Haal al die skuim uit hul poste (hulle weet in elk geval nie wat daar aangaan nie) en sit mense daarin wat weet wat om te doen en bevoeg is om finansies te hanteer.

BoereBikerBaby ·

sien, daar kon hulle nou vir die gelde betaal aan die universiteite..

Han ·

Te lekker! Ek maak droog in my werk, word geskors en nou kan ek in die son gaan sit en niks doen nie, want ek kry mos ‘n salaris!

neelsie ·

Wat gaan gebeur as die kraan ook nou leegloop?
Hoe veilig is die pensioen- en versekeringgeld?

Retief ·

Hier in ons geweste is geskorste amptenare na maande se huis-sittery daaraan herinner dat hul jaarlikse verlof nou bokant die perk opgeloop het, hulle moet dit nou neem, anders verbeur hulle dit!

Han ·

Retief, hulle eil ‘n land regeer, maar logiese denke bestaan nie. Een van die dae is daardie kraantjie leeg. Dit kan waaragtig nie onbepaald so aangaan nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.