Geskorste Eskom-hoofde onskuldig bevind

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

ʼn Onafhanklike ondersoek wat gedoen is nadat vier uitvoerende hoofde van Eskom in Maart geskors is, het bevind dat die amptenare geen oortredings begaan het nie.

Die kragvoorsiener het Woensdag in ʼn verklaring gesê dat sy voorsitter, dr. Ben Ngubane, bevestig het dat die direksie ʼn voorlegging ontvang het ná die ondersoek wat in Maart deur die raad aangevra is. “Eskom gee hiermee kennis dat die onafhanklike ondersoek bevind het dat die geskorste amptenare geen oortredings begaan het nie,” het die verklaring gesê.

Tshediso Matona, voormalige uitvoerende hoof, Tsholofelo Molefe, direkteur van finansies, Dan Marokane, hoof van groepkapitaal, en Matshela Koko, tegnologiehoof, is op 11 Maart geskors.

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van Eskom se raad, het destyds gesê die vier is geskors om te verseker dat die ondersoek ongehinderd en deursigtig afgehandel kan word. Tsotsi het sedertdien bedank ná bewerings dat hy met raadslede koppe gestamp het.

In die afgelope twee maande het Matona, Molefe en Morokane se paaie “vriendskaplik” met dié van Eskom geskei, maar die kragvoorsiener swyg steeds oor die waarde van die goue handdrukke wat hulle ontvang het. Koko is die enigste amptenaar wat nie ʼn skikkingsooreenkoms met Eskom bereik het nie.

“Daar is geen rede om die oorblywende bestuurder geskors te hou nie en hy sal met onmiddellike inwerkingtreding terugkeer werk toe,” het Eskom gesê. Volgens Eskom sal die ondersoekverslag binnekort aan die regering oorhandig word.

“Die aanbevelings in die verslag sal gebruik word om die huidige omkeerstrategie wat deur die organisasie in werking gestel word te versterk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, onafhanklike ondersoek my voet! Korrupsie wat deur nog korrupsie toegesmeer word! M.a.w Eskom is ‘n spons wat geld insuig en niks kan wys daarvoor nie!

George ·

Die goue handdrukke is van so ‘n aard dat die persoon nie weer nodig het om te werk nie. Dit skakel mooi in by die kontinent se kultuur.

Theresa ·

Grapgatte……………………..!!!!
Niks anders verwag nie. The untouchables wen alweer!!

Stefaans ·

As iemand hierdie bog glo, is die maan van kaas gemaak en die tandemuis ‘n werklikheid.

Eishkom ·

Ek kan nogals die verslag glo. Dis moeilik om te bewys iemand het iets verkeerd gedoen, as hulle niks gedoen het om mee te begin nie,

George ·

Baie skerp, ek het nog nie so so daaraan gedink nie. Kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel. Hulle was top verdieners en het eskom ‘n sak vol geld gekos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.