Geskorste Mdluli van alle pligte onthef

Richard Mdluli (links) Foto: Werner Beukes/SAPA

Die geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, is Woensdag met onmiddellike effek van al sy pligte onthef, het Fikile Mbalula, die minister van polisie, gesê.

“Lt.genl. Richard Mdluli, wat die amp van afdelingskommissaris beklee het, is van alle pligte onthef. Misdaadintelligensie het tot dusver 12 waarnemende afdelingskommissarisse gehad, en dit was vir my ʼn groot kommer toe ek in my amp begin het. Dit is nou reggestel,” het Mbalula op Twitter gesê.

Hy het gesê hy het die nuwe nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, opdrag gegee om ʼn nuwe afdelingskommissaris met onmiddellike effek aan te stel. “Ek het genl. Sitole opdrag gegee om sonder van nou af ʼn behoorlike man of vrou in die amp aan te stel. Ons kan glad nie tyd mors nie.”

Mdluli is in 2011 as hoof van misdaadintelligensie geskors, maar hy het sedertdien sy volle salaris en bonusse ontvang terwyl die amp slegs in ʼn waarnemende kapasiteit beklee is. Mdluli en medebeskuldigde voormalige polisiebeampte Mthembeni Mthunzi, staan tereg op aanklag van intimidasie, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg vir die 15 jaar oue saak wat met die ontvoering en moord van Oupa Ramogibe verband hou.

Ramogibe het na bewering doodsdreigemente ontvang nadat hy met Mdluli se vorige meisie getrou het. Hy is gewaarsku om haar te verlaat of hy sou vermoor word. Ramogibe het na bewering die dreigemente by die polisie aangemeld voor hy vermoor is. Die polisie het ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak.

Mdluli was in daardie stadium die stasiebevelvoerder van die Vosloorus-polisiestasie in Boksburg, oos van Johannesburg, en is daarvan beskuldig dat hy die ondersoek gesaboteer het. Mdluli het alle bewerings ontken.

ʼn Ondersoek oor Ramogibe se moord het Mdluli in November 2012 vrygespreek van enige betrokkenheid by die moord.

Die aanklagte van ontvoering en aanranding hou verband met bewerings dat hy die familie en vriende van sy eksmeisie geïntimideer en aangerand het om uit te vind waarheen sy verhuis het toe sy getrou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Barnie Barnard ·

n Goeie pak slae vir die rooi pette is al wat hulle sal twee keer laat dink om Afrikaansprekendes hul reg op moedertaal onderwys te probeer ontneem. Geluk aan die ouers wat hulle selfbeheersing behou het.

PJC ·

Ek wonder hoekom Fikile Mbalula nou skielik wakker word. Het Cyril Ramaphosa dalk iets hiermee te doen.

Frikkie Geld en huis ·

Ek glo dit is inderdaad so. Verder glo ek ook Cyril het nie geduld met die EFF lede se swak maniere nie. Hul optrede laat eintlik alle swartes sleg lyk, terwyl dit nie die geval is nie. Hulle verskyn op TV en nie die wat hulself kan gedra nie.

Cherokee ·

Julle is te gretig om Ramaphosa komplimente toe te swaai. Sal hom tot vir goeie oeste wil lof toe swaai. Hy wil landbougrond sonder betaling onteien en hy is ‘n lid van die anc.

RB ·

Ek is seker dit het. Mbalula, en ander, doen watookal vir hulself voordeel inhou…seker bang hy word gepos. Sou dit nooit gedoen het voorheen nie.

John ·

Die man moet moeg wees… van al die pad bank toe elke maand in sy lang swarte om huil-huil sy lekker vet tjek weer te moet gaan haal… hoeveel jaar gaan hulle my nog so lekker straf… ‘n mensding kan darem ok net soveel vat…

WimpieO ·

Gaan hy nou die miljoene wat hy gekry vir by die huis sit en bolle rol moet terug betaal? Seker nie. In die nuwe SA word geld mos lekker uitgedeel, of jy nou gewerk het of nie.

Sarie ·

Hel! dit is omtrent tyd! Ek hoop het dit beteken dat daai lekker vet salasris en alle ander voordele ook nou iets van die verlede is en dat hy nou aangekla en verhoor gaan word. Dit is darem lekker om al amper sewe jaar by die huis te sit met volle salaris en volle voordele en dan nog agteraf die toutjies trek! Ek hoop dit is Cyril Ramaphosa se invloed want as dit is dan kan ons dalk hoop op herstel in ons land. Al die geld wat hy gekry het net om by die huis te sit kan na die studente toe gaan. Geluk aan wie se invloed hierdie ookal is!!

Theresa B ·

ONGELOOFLIK!! Vir 7 jaar sit hy en niks doen en kry volle salaris. Dis tipies hoe hulle te werk gaan. Nou is hy afgedank of soos hulle dit stel “Van al sy pligte onthef”. En hy kry nog steeds hope geld. Amazing!! Geen wonder hy loop met so groot smile op sy bakkies nie!!
Lekker om so geld te maak.

Koos B ·

Hy het nie alleen ‘n groot salaris en bonusse verdien om by die huis te sit nie.Dink aan die vet salaris wat die waarnemde persoon in sy pos ook verdien het.

Hennie ·

Mdluli het dus sedert sy skorsing in 2011 vir 7 jaar nog volle salaris en bonusse ontvang!! Dit gaan te lekker in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.