Geskorste staatsdienswerkers kos jou soveel

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die regering is sterk op pad om, binne ʼn tydperk van twee jaar, R4,5 miljard te bestee aan werknemers in die staatsdiens wat met volle betaling en voordele geskors is, hangende die afhandeling van hul tugsake.

Luidens ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag is R2,4 miljard in die 2019/2020 boekjaar hieraan bestee en die belastingbetaler sal nóg R2,1 miljard moet opdok om geskorste staatsdienswerkers in 2020/21 te betaal. Sommige werknemers is reeds vir 21 maande met volle betaling en voordele geskors.

Die DA het ʼn beroep op die departement van staatsdiens en administrasie gedoen om die tyd waarin geskorste staatsdienswerkers se dissiplinêre sake afgehandel word, te beperk.

“Dit behoort nie langer as drie kalendermaande te duur om ʼn saak van ʼn geskortste staatsdienswerker op te los nie, soos deur die Staatsdienswet en regulasies gestipuleer word,” sê dr. Mimmy Gondwe, DA-LP.

“Daar kan nie van belastingbetalers verwag word om ʼn gebrekkige en duur administratiewe stelsel te subsidieer wat geen waarde tot dienslewering toevoeg nie.”

Sommige van die redes wat aangevoer word vir die skorsing van staatsdienswerkers sluit onder meer in seksuele teistering, besit van ʼn vuurwapen of gevaarlike wapen op staatspersele, onder die invloed wees van verdowinsmiddels, diefstal, omkopery, bedrog en die besit of onregmatige gebruik van staatseiendom.

“Staatsdienswerkers is almal gebonde aan ʼn gedragskode insover dit hul professionele verantwoordelikhede aangaan. As sodanig mag enige opsetlike oortreding van die wet en gepaardgaande regulasies nie ʼn finansiële las vir die belastingbetaler word soos in hierdie geval nie.”

Die DA eis dat die tydige afhandeling van dissiplinêre sake in die staatsdiens as ʼn sleutelprestasiegebied vir direkteur-generaals en departementshoofde in alle staatsdepartemente opgeneem moet word. Hulle vra ook dat die Staatsdienskommissie dringend ondersoek instel na die vertragings in die afhandeling van dié tugsake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Adele ·

Kyk ek werk en bly in Pretoria. Ek het baie vriende in die staatsdiens. Hierdie laaste jaar was maar lekker vir hulle. Hulle is van onderstel om 50% by die werk te wees, maar jy is gelukkig as 5 op kantoor is. Dit het nou net te lekker geword om by die huis te sit. En ingaan van 8 tot 10 tel as ‘n werksdag? Ons in die privaatsektor werk omdat ons werks etiek het en nie net ‘n salaris sonder vrae kry nie. Die privaat sektor is al wat die ekonomie nog nie totaal laat sink het nie.

Anoniem ·

Absoluut korrek Adele, net so is die militêre hospitale en siekeboë ook totaal en al wanfunksioneel. Telefone lui eenvoudig net, niemand antwoord nie, bykans geen dokters beskikbaar nie, sit seker by die huis. Die tandheelkundige afdeling was nou vir bykans 9 maande gesluit. Ek was vanoggend by Wingfield siekeboeg, maar is meegedeel dat daar geen dokter beskikbaar is nie, net ‘n “tipe dokter” soos die man dit noem wat kan hoofpynpille voorskryf. Totale gemors.

Kirst ·

Net omdat jy op kantoor is beteken nie dat jy werk nie. Ek werk by ‘n munisipaliteit in die Wes-Kaap. Dieselfde mense wat hier by die kantoor hulle werk doen, doen dit net so goed van die huis af. Die wat hier op kantoor niks doen nie, doen tuis ook niks. Dis jammer baie werknemers hier het ‘n toesig kultuur en kan nie onafhanklik werk soos party van ons nie. Anders kon ons geld spaar as die wat tuis kan werk, tuis werk. Minder uitgawes aan elektrisiteit, internet en telefone.

Ek kom uit die privaatsektor, en sien dit as my plig om die wiele aan die draai te hou. Ek is self ‘n belastingbetaler en besit eiendom in die dorp. Ek ontvang ook ‘n goeie inkomste en wil verseker dat my inkomste, my belegging en die dorpe in ons munisipaliteit volhoubaar bly. Moenie aanvaar dat alle openbare amptenare passasiers is wat niks doen nie.

Cherokee ·

Met inagneming van àl die kommentare en met klem op die van Kirst, wonder ek of dit dom en moedswillig is om te wonder wanneer hierdie landsbestel gaan duik. Ons het mense soos Kirst wat die lig probeer aanhou, maar ìs dit wèrklik regverdig om die koei wat gemelk word, maar minder weiding het, te blameer as al beeste wat loop en wei, minder presteer, en slegs sòmmiges melk verskaf?

Kokerboom ·

Dis ‘n absolute skande…R4.2miljard!!!! Toon weereens die kaderregime kan NIE besluite neem en enige aanspreeklikheid aanvaar!Dit toon ook hul totale wanbegrip van waarde van geld en dat geldbome bestaan!Dis ook ‘n vorm van staatskaping. Hoe lank gaan en wil hardwerkende belastingbetalers nog die vermorsing aanvaar?

Nie Verbaas ·

Wel om dit reguit te stel, die onbekwame skors die onbekwame. Die eerste onbekwame vind homself dan meer onbekwaam om die tweede onbekwame se saak af te handel. Die uitrek van ondersoeke op skorsing word met opset uitgerek.

Elize ·

Nou ja mnr Mbwoweni die land het geen finansiele probleme as hulle die massas so kan onderhou nie. Hou op om ons te straf vir julle onbevoegdheid om die mense in die land te beheer. Vanaf studente tot staatsdiensamptenare het julle in ‘n sak. Hierdie hele bleddie regering sit sonder ruggraat!

Fedup ·

After 2 years of taxpayers money wasted on them, now you ask why?
How is this possible?

Jakes ·

Die skandes van die ANC regering en sy kaderontplooing ken geen perke nie. Herdie inligting stuur ek daagliks oorsee sodat dit wereldwyd versprei kan word. Hoe kan ons toelaat dat ons deur hierdie spul regeer word?

Deon ·

Waarom moet hulle enigsins oor die vermorsing omgee? Daar is mos masjiene daar by die munt wat kan geld druk en pons as dit opraak. Mens voel sommer lam in die stert as jy hierdie tipe strooi lees

Misky ·

Ek is nou al verby gatvol vir hierdie tipe berigte en ek dink die klip se bloed is nou opgedroog

Dup ·

Hoe het ons en die land in hierdie moeras van gemors beland? Elke dag moet ons toekyk hoe nog n munisipaliteit in duie stort,hoe riool in die riviere invloei en hoe bestaande strukture deur betogende en singende massas vernietig word.
Dan sien ons ook hoe die president en sy agbare partylede met sedige gesigte in die parlement sit…en soms slaap.Asof daar niks verkeerd is nie!

fbbb ·

Hulle moet die wet verander dat as jy geskors word (daar is dan genoegsame bewyse van iets verkeerd gedoen) dat jy slegs 5 of 10% van jou salaris kry om basiese dinge te koop. Dan sal jy sien hoe gou word die sake afgehandel en sal by die huis sit nie meer so lekker wees nie. Hierdie is weereens ‘n skande – R4.5 miljard in die water wat in die ekonimie gestoot kon word. EISH!!!

Cherokee ·

Ek onthou van ‘n dronk landdros of regter of so iets, wat ernstig gesuip in iemand se huis vasgery het, en ek dink hy het geskorste salaris ontvang totdat hy (miskien heel besope) met pensioen gegaan het.

quartus ·

Skorsing moet sonder vegoeding wees. As die persoon uiteindelik onskuldig bevind word kan die salaris en voordele wat die amptenaar nie gekry het gedurende die skorsingnie, aam hom/haar betaal word.

Johan ·

Die regering gee nie n vlenter om nie…regeer soos Afrika regeer…skep en de hel met die res.

Marie ·

Het ons gedink die 10 plae van die Bybel is erg? Vandag se regeerders en hulle boeties is tien maal
erger. Hulle gaan soos ‘m groot swerm Springkane deur die land en vreet hom kaal. Teer selfs op hulle eie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.