Geskorste studente op Tuks-kampus toegelaat

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Vyf studente, wat tydelik geskors is, sal weer op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) toegelaat word.

“AfriForum Jeug is ongelukkig oor die besluit wat deur prof. Cheryl de la Rey, die rektor en visekanselier, en die UP-bestuur geneem is om die betrokke vyf studente weer tot die UP-kampus toe te laat,” het Marthinus Jacobs, voorsitter van AfriForum Jeug se Tukkies-tak, gesê. Dit kom nadat daar ’n ondersoek na dié studente se gedrag gelas is nadat hulle hul vroeër vanjaar aan onwettige optrede tydens die kampusproteste skuldig gemaak het.

“AfriForum Jeug ondersteun en verwelkom enige dissiplinêre aksie teen studente van enige ras of kultuurgroep wat hulle aan ontoelaatbare gedrag soos haatspraak, kwaadstokery of geweld skuldig maak,” het Jacobs verduidelik. “Ons is teleurgesteld in De la Rey en haar bestuur wat weereens aan die eise van die EFF en hul trawante toegegee het. Daar word aan meer en meer verregaande eise toegegee, wat nuwe presedente skep. Waar eindig dit?”

AfriForum Jeug is van mening dat die universiteit ander studente, kontrakteurs, personeellede, lede van die publiek en die universiteit versaak deur dié geskorste studente weer op kampus toe te laat.

“Oortreders moet besef dat hulle verantwoordelikheid moet neem en dat oortredings nie ongestraf gelaat kan word nie. Indien nie, skep die universiteit ’n kultuur waar iedereen kan doen wat hulle wil sonder dat hulle op die moontlike gevolge ag hoef te slaan, want verantwoordelikheid word nie afgedwing nie,” het Jacobs bygevoeg. “Dit is ook kommerwekkend dat die meeste van dié geskorste studente gereelde oortreders is, waarvan sommige selfs strafregtelike klagtes teen hulle hangend het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jaco ·

Nou gaan hulle seker nog bonusse kry ook en natuurlik lewenslange vrystelling van enige klasgeld. Dalk nog n standbeeld van die 5 by die hoofingang.

Paul ·

Snaaks hoe tye verander het want toe ons in 1974 die Wiskunde 3 klas probeer bywoon het sonder ‘n das kon jy geskors word want dit was regtig ‘n ernstige oortreding. Nou het jy net ‘n rooi of geel t-hemp nodig en kan jy sulke nietighede soos R120m se skade agv vandalisme aanrig en daarvoor kan jy selfs helde erkenning en erekleure kry. Ek wonder waar het ons die bal misgeslaan, seker maar toe ons nie die goedgelowige ja-stemmers tot ander insigte kon bring nie.

Johann ·

Daar is n beslisde verskil tussen “previously disadvantaged” en “currently taking advantage”. Om n omgewing te skep waar laasgenoemde in toegelaat word om te blom, veral waar 5 as verwysing gebruik kan word deur die volgende 50…500…5000….is ABSURD! Om nie te praat van “geit” vlakke van wetsgehoorsame; gewetens gedrewe mense wat van verwag word om disfunksioneel logies te moet dink nie.

Sarel Strydom ·

Wat leer hulle; kry alles reg met geweld en jy kom niks oor nie,jy mag maar maak en breek soos jy wil. Hoe gaan orde ooit herstel word of was dit dalk in opdrag van Nzimande.

Michael ·

Die rektor moet gaan sy het nie wat dit neem om ‘n leier vir Tuks te wees nie

FW ·

Afriforum wanneer begin ons ‘n petisie om die rektor en haar ruggraadlose bestuur te dwing om te bedank .

D ·

Ruggraatlose bestuur moet val. Pateties. Hoekom word soveel toegelaat vir studente wat nie wil studeer nie.

wynand ·

Nog n pateet van n rektor. De la rey is haar van nie werd nie. So maatjies met die gespuis.Soort soek soort.

Anneke ·

Ek staan verstom. Nee wat ek gaan nie eers twee keer dink nie. As ou student van Tuks doen ek hierdie jaar aansoek vir my kinders om volgende jaar by Potch te studeer. Personeel is uitstekend , jy word in afrikaans bedien en hulle duld GEEN snert nie.

Wynand ·

Nog ‘n pateet van ‘n rektor – hulle dop nou orals uit. Sy is haar van – De la Rey – nie werd nie. Kry haar uit daardie pos want sy is totaal onbevoeg. Wat in vroulike rugraatlose lamsak. Wie probeer sy nou beiindruk ??

Anne ·

Ek het uitgevind wat die probleem is. Doktoraal in die sielkunde. Psigologie is mos die nuwe, vervangende en sekulêre reg of verkeerd. Die nuwe waarheid waarin niks jou skuld is nie want jy is die slagoffer van jou pa, jou ma, jou omgewing, jou omstandighede, jou verlede, jou vriende, die bure se hond. Al wat nodig is, is om klein regstellings te maak en dan is jy weer “as good as new”, of is dit nou “good as before”? Nee, ek het hom: “good as ever”. Was mos net ‘n foutjie van die 5 basies goeie siele!
Pasop, die akademiese elité sal dikteer wat die nuwe norm is en daarvolgens optree. Die gewone bugers weet mos niks, is wetenskaplike onbevoeg, het ‘n verouderde mensbeeld en ‘n agterlike begrip van reg en geregtigheid.

Benito Odendal ·

Juis ons probleem !!!!…. “goedkoop ” doktorale maak navorsers op spesifieke gebiede kenners op alle gebiede…..normaliteit word deur die gemaklike , winsgewende en gewilde abnormaliteit verdraai , verkrag en in pakkies van “ok” toegedraai…..

m ·

Die rektor is ook ma soos “puppet”. Hy moet ook ma doen wat gevra word om sy werk te behou. Hierdie mense is ma net die opgewasse teen hierdie massas nie en die spul weet dit baie goed. PATETIES!!!!!

dook ·

Ons moet begin wakker word, ophou lewe in die verlede, en hoop op die toekoms, ons is nou hier, niemand het ooit iets in die toekoms of in die verlede gedoen nie, die enigste tyd is nou, in die nou is daar net liefde, vrede, en blydskap, geen bekomernise net stilte. In die nou is die gedagtes skoon en helder, dan kan ons die pad vorentoe duidelik sien.

gatiep ·

Dook jy het n goeie verbeelding vir die land wat onmoontlik is met sulke mense wat alles wil vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.