Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), word nou ook van aanranding beskuldig.
ʼn 17-jarige meisie beweer Moyane het haar grond toe geduik en teen die kop geskop. Volgens berigte het die beweerde voorval vroeër vandeesmaand by Moyane se vrou se huis in Weltevredenpark in Johannesburg plaasgevind.
Die meisie het glo ʼn kind van wie Moyane se 24-jarige seun die pa is. Die meisie se ma het aan Radio 702 gesê haar dogter is by die huis en kan nie eksamen skryf nie aangesien sy steeds te getraumatiseerd is ná die voorval.
Volgens die ma was Moyane al voorheen emosioneel beledigend teenoor haar dogter. “Die berigte in die koerante is waar. Moyane het nog nie gepoog om met my in verbinding te tree nie. Hy het lankal kommunikasiekanale met my versper, so ek het nie toegang om met hom te praat nie,” het die ma gesê.
Moyane het nog nie reageer op die bewerings teen hom nie. Die polisie het wel bevestig dat Moyane hom by die Roodepoort-landdroshof moet aanmeld sodat daar besluit kan word of hy van aanranding aangekla sal word.
Moyane is in Mei geskors nadat hy geweier het om te voldoen aan die president se versoek om te bedank. Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het in daardie stadium aangedui dissiplinêre stappe sal volg “om die geloofwaardigheid van die inkomstediens te herstel”.
Die dissiplinêre ondersoek hou verband met beweerde onsuksesvolle leierskap en organisatoriese foute.
Die presidensie het vroeër gesê aanklagte is vroeg in Mei teen Moyane aanhangig gemaak en hou verband met beweerde wangedrag in oortreding van sy pligte en verantwoordelikhede kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die SAID se gedragskode.
Die presidensie het gesê ʼn kommissie van ondersoek sal ook van stapel gestuur word om administratiewe belastingkwessies soos BTW-terugbetalings en inkomstetekorte oor die afgelope twee boekjare te ondersoek.
Daarsy watter goeie voorbeeld stel julle nie vir die jongmense nie – geweld is aanvaarbaar. Sies man!
Lyk my meer van julle hou van klappe EN skoppe uitdeel – wys wat julle van vroue dink AS dit nie MANAMA is nie, dan is dit een of ander Minister en nou jy? Waar is die vroueliga nou of werk dit net in die geval van blanke oortreders?
17? Reeds n kind by n 24 jarige? So sy was hoe jonk toe sy swanger geraak het?
So sien ons dat hul eie huise lyk soos dit wat hulle probeer bestuur… Een groot uitmekaarval spul!
Johann Kyk dis Moyane se 24 jarige seun en die 17 jarige meisie wat n kind het Maar nou kan jy sien hoe die pa (Moyane) sy seun leer hoe om met vrouens te werk Baie eenvoudig
En so val die wiele af….een vir een….vir een!!
So kom die ware kleure keer op keer uit…
Die ouderdom van die ma is nie belangrik nie….. Die feit dat sy deur n boef aangerand word is waaroor julle moet bekommerd wees…. Sy is jonk ja maar sy verdien nie om aangerand te word nie…. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg
Nou-ja toe, so ‘n groot volwasse man wat ‘n tiener aanrand en teen die kop skop. Is dit nou hoe jy jou manlike optrede bewys. Dit is swak en jy verdien om toegesluit te word. ‘n man wat so ‘n hoe profiel pos beklee het en aanrandings toepas, laat mens darem dink oor gedrags patrone en werks verhouding optredes.