Geskorste Valke-baas het nie bedank

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, het nie bedank nie, het die polisie Vrydag gesê.

“Dramat het in Desember in ʼn brief aangedui dat hy met die minister van polisie wil vergader en sy moontlike bedanking wil bespreek,” het Musa Zondi, die minister se woordvoerder, gesê. “Dit is niks nuuts nie. Die minister en Dramat se regsverteenwoordiger bespreek nog die kwessie in die stadium.”

Zondi het op 10 Februarie gesê Dramat is op verlof geplaas nadat hy en Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, ʼn ooreenkoms bereik het.

Regter Bill Prinsloo het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof Nhleko se aansoek om te appelleer teen ʼn bevel dat Dramat se skorsing tersyde gestel moet word, van die hand gewys. Prinsloo het ook beslis dat Nhleko se besluit om genl.maj. Berning Ntlemeza as waarnemende hoof van die Valke aan te stel, onwettig en ongeldig was.

Dramat is op 23 Desember geskors hangende ʼn ondersoek oor sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van vier Zimbabwiërs in November 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

Ai tog ou Anwa, waar is jou Mkonto pelle dan nou? Hmm? hoe voel dit as jou eie system teen jou draai? Hmm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.