Geskorste Valke-baas weer aangekla

Johan Booysen

Johan Booysen

Genl.maj. Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, is weer aangekla van presies dieselfde aanklagte wat twee jaar gelede deur die hooggeregshof in Durban uitgegooi is.

Carl van der Merwe, Booysen se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy kliënt aangekla is en het gesê Booysen sal Vrydag in die hof verskyn.

Volgens Van der Merwe het Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, besluit om weer aanklagte van rampokkery en korrupsie teen Booysen in te stel. Van der Merwe het gesê Abrahams het die sertifikate uitgereik wat magtiging gee vir die vervolging van Booysen.

Booysen is in Augustus 2012 deur die waarnemende hoof van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, aangekla. “Abrahams het presies dieselfde sertifikate [as Jiba] uitgereik,” het Van der Merwe gesê.

Luvuyo Mfeka, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het die aanklagte Woensdag in ʼn mediaverklaring bevestig.

Booysen is aangekla saam met lede van die voormalige Cato Manor-eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade dat hulle glo betaalde huurmoorde tydens die KwaZulu-Natal taxi-geweld uitgevoer het. Jiba het in haar hofaansoeke gesê die eenheid het soos ʼn georganiseerde misdaadorganisasie opgetree.

Booysen het deurentyd skuld op die aanklagte ontken. Regter Trevor Gorven het in 2014 in die hooggeregshof in Durban die saak uitgegooi en gesê die aanklagte het nie eers aan die minimum vereistes vir vervolging voldoen nie.

Abrahams se besluit om Booysen te vervolg kom kort ná ʼn onlangse besluit deur die hooggeregshof om Booysen se skorsing ter syde te stel nadat genl.maj. Berning Ntlemeza, die nasionale hoof van die Valke, hom van bedrog beskuldig het.

Regter Anton van Zyl het gesê daar is nie prima facie- bewyse dat die bedrog gepleeg is of dat Booysen daarby betrokke was nie. Ntlemeza het vroeër vanjaar aansoek gedoen om teen die uitspraak te appelleer, maar dit is van die hand gewys. Hy het nou die appèlhof genader.

Die voormalige lede van die Cato Manor-eenheid sal glo Vrydag saam met Booysen in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PJ ·

En die arme Belastingbetaler betaal die koste vir hierdie grappies van die nvg

Tjaart ·

Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results… volgens Albert Einstein in elk geval

Adrian ·

Die keer moet die hof abrahams persoonlik verantwoordelik hou vir alle hofkoste dieselfde vir glynnis sou hul nie die saak wen en die saak uitgegooi word. Niks meer teen die belastingbetaler nie die ding moet nou stop. Kat en muis speletjies

Adrian ·

Genl.maj Booysen jy is n man van intergeniteit n ware held staan die spul tee o hulle haat n witman en as hy eerlik en dapper is nog meer

Johan ·

Snaaks dat die mens net aan vervolgens waansin lei. Almal in die land predik herstel, vergewe, bou die toekoms. Maar nou kom meneer Abrahams wat aan soos dit blyk aan vervolgenswaansin lei en om eerder ñ hand van herstel en vriendskap uit te reik met ñ punt wat hy die magtige meneer Abarhams wil bewys.
As dit sy eie geld was wat hy moes gebruik het die saak gestop. Die arme belastingbetaler moet ALTYD BETAAL omrede daar sulke mense is. Hulle werk mis nie met hulle eie gelde nie.

Flippie ·

Die polisie en die NVG is onaantasbare openbare organe van die staat. Hulle gebruik en misbruik belasting geld om kleinlike vendettas teen diegene te voer van wie hulle nie hou nie.Sommige magistrate en regters neem ook deel in die speletjie.

Dit is een van die redes hoekom dit in die land gaan soos dit gaan.

DPJ ·

Hulle wil nie ‘n witman in die Valke hé nie oor en uit.
Hul sal hom nooit weer in die Valke terug verwelkom nie.
Hulle sal hom nie ‘n goue handruk gee nie. Mergel hom net finansiël uit tot hy nie meer ‘n prokureer kan bekostig nie. Dan sal hy self uit Valke bedank.

Oom Boer ·

Ai-tog hoeveel meer sake wil hul aangaan met belasting betalers se geld en dit op onbenullighede verkwis. Genl.maj Booysen is ‘n bedreiging vir die korrupte spul en sy terugkeer as ‘n blanke wil hul nog minder hê. Hoop Genl.maj Booysen plaas ‘n goeie eis in teen die NVG asook ‘n siviele eis teen Abrahams na afloop van die saak en doen aansoek dat hierdie klagstaat nooit weer herhaal mag word en verwyder is.

Pieter.v ·

Kan iemand statestiek verskaf van hoeveel sake in staats instellings se guns beklink is en wat is die verliese vir die belasting betaler.Hier by ons appaleer die munisipaliteit tot vervelens toe en verloor dan tog die saak en BEE word deeglik nagekom by die aanstel van regslei, as daar nie n instansie is wat die gegewens kan voorsien is dit dalk tyd dat ons so iets stig en die mense tot ver antwoording roep en ondersoek instel of daar enige meriete was om die sake aanhanig te gemaak het en dan n saak teen die persoon of persone wat oortree het,want van hulle het nie n idee wat en waaroor dit gaan nie en dryf hul eie agenda,

Henri ·

Ek lees gister in die Engelse media dat Abrahams die wet verander het om ook ‘n oorlede kollega van Booysen ook aan te kla omdat dit die vervolging sal versterk.

Loeis ·

Booysen voer aan dat hy vervolg word omdat hy iemand wie bande met Zuma het, ondersoek. Daardie ondersoek lei in alle geval nou skade – kom ons hoop die hof maak ‘n bevel dat die ondersoek moet voortgaan.

Wat die duidelik kwaadwillige vervolging teen Booysen aanbetref, moet Booysen na afloop van hierdie storie die vervolgingsgesag dagvaar (en sommer Abrahams in sy persoonlike hoedanigheid as respondent voeg) vir kwaadwillige vervolging en vra dat hy aan die hof verduidelik waarom dit gebeur het.

Loeis ·

Van Abrahams gepraat. Netwerk24 het vanoggend ‘n artikel gepubliseer oor Abrahams wie ‘n sertifikaat vir iemand wie reeds dood is se vervolging uitgereik het. Dis amper so slim soos die mense wie besluit het dat ‘n pers gesig na ‘n tema partytjie noodwendig rassisties is. Nie heeltemaal so slim nie nie maar amper.

Leon ·

Wat ‘n spul petete , dit kan jy net van hierdie useless lot verwag !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.