Geslagsdele in vrieskas: Deen gevonnis

Peter Frederiksen in die hof. Foto: ANA

Die Deense wapenhandelaar wat in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, is twee lewenslange vonnisse in die Vrystaatse hooggeregshof opgelê.

Peter Frederiksen is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis op ʼn aanklag van verkragting van ʼn minderjarige en sameswering om sy vrou te vermoor.

Volgens Phaladi Shuping, Vrystaatse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Frederiksen ook ʼn bykomende 51 jaar tronkstraf opgelê nadat hy verlede jaar aan 36 aanklagte, onder meer bedrog, oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en die oordrag en besit van ongeregistreerde medisyne skuldig bevind is.

Vir sy oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer is Frederiksen ʼn boete van R5 000 of nog ses maande agter tralies opgelê.

Al sy vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

eNCA berig regter Johann Daffue het Donderdag tydens sy uitspraak in die Vrystaatse hooggeregshof gesê Frederiksen het tydens die hofverrigtinge geen berou oor sy dade getoon nie. “Toe jy emosioneel geword het, was dit na my mening ʼn geval van jy wat jouself jammer kry oor die omstandighede waarin jy jouself bevind. Jou persoonlikheid was duidelik uit jou verskyning in die video [wat in die hof gewys is]. Ek het al baie foto’s van gruwelike tonele in my lewe gesien, maar nog nooit soveel walging ervaar soos toe ek na dié video gekyk het nie.”

Peter Frederiksen in sy wapenwinkel. (Foto verskaf deur die Valke)

Maroela Media het vroeër berig Frederiksen is in September 2015 by sy huis in Langenhovenpark in hegtenis geneem nadat sy vrou ʼn wenk aan die polisie gegee het. Afgesien van die vrouegeslagsdele in sy vrieskas, is daar ook beslag gelê op ʼn verskeidenheid toerusting, waaronder tange, skalpels en verdoofmiddels, asook foto’s van vroue se geslagsdele.

Die polisie het in Mei 2016 op Frederiksen se wapenwinkel in Bloemfontein toegeslaan en hy kon nie rekenskap gee van 949 vuurwapens nie. Die verlies van die vuurwapens is nie by die polisie aangemeld nie. Daar is ook talle vuurwapens in die winkel gevind, maar daar was nie dokumente of lisensies daarvoor nie.

Frederiksen is skuldig bevind aan sameswering om moord te pleeg nadat hy en Motlatsi Moqeti en ander saamgesweer het om sy vrou, Matshediso Molise, in Lesotho te vermoor. Sy is in Oktober 2015 vermoor.

Frederiksen en Moqeti het ooreengekom dat Moqeti die moord op Molise sal reël vir R120 000. Moqeti, wat ʼn staatsgetuie geword het, was in dié stadium in aanhouding. Hy het in die hof erken dat hy ʼn sleutelrol gespeel het in die moord op Molise.

Frederiksen het aanvanklik op 58 aanklagte tereggestaan, maar 20 van die aanklagte wat verband hou met die besnydenis van vroue is deur die hof teruggetrek aangesien die Nasionale Gesondheidswet geen bepaalde straf daarvoor aandui nie. Hy is ook op twee aanklagte van verkragting vrygespreek.

Lees alle vorige berigte oor Peter Frederiksen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cheryl ·

Sjoe…. mens moet phsygiatries siek wees om sulke dade te toon sonder berou..
Nee wat jy kan maar sit in die tronk

RSA ·

en n plaasmoordenaar kry R500 borgtog en sit niks, en wat hulle doen is nog meer wreed as dié.

Piet ·

Goeie ding om te sien dat Mr “White trash” behoorlik gevonnis word. Net jammer dat swart misdadigers nie ook behoorlik gestraf word nie.

Sarel Strydom ·

Die SA Regstelsel het opgradering nodig veral wat vonisse aan betref. Die aaneenlopend van Vonisse moet geskrap word want indirek verkort dit die werklike tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.