Geslagsdele in vrieskas: Deen se vrou doodgeskiet

Peter Frederiksen in die hof. Foto: ANA

Peter Frederiksen in die hof. Foto: ANA

Die Deense man wat in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, se vrou is in Lesotho doodgeskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Anna Molise (28) is Dinsdagaand vier keer geskiet terwyl sy besig was om haar huis in Naledi, Maseru, te verlaat. Volgens Mulaudzi het sy Woensdag aan haar wonde beswyk.

Peter Frederiksen (63) staan tereg op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, met ʼn alternatiewe aanklag van seksuele aanranding in elke saak. Frederiksen en Molise was vervreem en sy het sedert sy inhegtenisname na Lesotho teruggekeer en hul twee kinders, onderskeidelik twee en vyf jaar oud, in Bloemfontein agtergelaat. Hulle is nou in die sorg van die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Muluadzi het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en dat die Valke nou met die polisie in Lesotho saamwerk. Hy het ook bevestig dat Molise getuiebeskerming aangebied is, maar dit van die hand gewys het. Mulaudzi is van mening dat daar steeds ʼn sterk saak teen Frederiksen is hoewel Molise vir die staat sou getuig het.

Hy het gesê ander moontlike getuies het reeds na vore gekom.

Frederiksen moet aanstaande maand weer in die hof verskyn.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish! ·

Ek hoop dat die SAP op die regte plekke vir ‘n skuldige gaan kyk. Dit is beslis ‘n moord wat uit die trunk gereel is. Jammer maar hierdie tipe man is gewoonlik aan die hoof van baie ander skurke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.