Gesoek: R4 miljoen én vrou wat glo daarmee in vullissakke wegstap

Die polisie is op soek na Bathobile Mlangeni in verband met die diefstal van R4 miljoen by Mall of Africa verlede jaar.

Die private veiligheidsmaatskappy SBV Services het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met inligting oor ʼn voormalige werker wat verbind word met die diefstal van R4 miljoen.

Bathobile Mlangeni (29) – en die miljoene – het in Julie verlede jaar spoorloos by ʼn kontantoptelpunt by die Mall of Africa in Midrand verdwyn. Huurders se geld word by dié punt gehou en van daar af vervoer, het SBV Dinsdag gesê.

SBV sê hy is “weens die sensitiewe aard van die ondersoek tans nie in ʼn posisie om besonderhede oor die saak bekend te maak nie”.

Sowetan het berig Mlangeni het na bewering twee grootmaatsakke met ʼn skêr oopgesny, die kontant in ʼn klomp vullissakke gestop, dit in ʼn stootwaentjie gelaai en daarmee weggestap. Die beweerde diefstal is glo op kamera vasgevang.

Mlangeni was volgens Sowetan aan diens tydens die voorval en het sedertdien soos ʼn groot speld verdwyn.

Mark Barrett, SBV se uitvoerende hoof, sê die maatskappy werk nou saam met die polisie. “As ʼn sleuteldiensverskaffer wat verseker dat kontant vir Suid-Afrikaners beskikbaar is, en as ʼn verantwoordelike korporatiewe burger, duld ons geen misdaad nie en beskou ons alle voorvalle, intern of ekstern, in ʼn baie ernstige lig. As ʼn voorval wél plaasvind, werk ons saam met die betrokke owerhede om te verseker dat die oortreders aangekeer word.”

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn lasbrief vir Mlangeni se inhegtenisneming uitgereik is.

Enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeamptes, kapt. Oupa Miya of sers. Tume Mohutsiwa, by 082 822 8794 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Belinda ·

7 maande later ….. sy het seker al alles uitgegee op klere en Nando’s

Louise ·

6MAANDE na die tyd, geen wonder ons land is waar hy is nie.
Wonder wanneer die lasbrief eers uitgereik was…

Lolla ·

Hulle het nie nou eers na haar begin soek nie. Hulle vra nou die publiek se hulp. Alle sake word ook nie altyd opgelos nie.

jinny jualinda ·

Wie steek wat hier weg? Verstaan nie hoekom hulle nie uit die staanspoor na haar begin soek het nie.

twaalfboor ·

Whaaaahahahaha…….!!!!! “Weens die sensitiewe aard van die ondersoek”. Stap met R4mil weg is swart sakke. Op kring televisie. En sys nogsteeds soek.
Hoekom is die roof so maklik, die ondersoek so sensitief en die verdagte nog op vrye voel. Net in SA. LOL!!!!

Strandloper ·

Lekker lag ek nou! Ja nee soveel vir sekeriteit nê…waar het hul opleiding gedoen….in die weermag of dalk in die parlement?

EvW ·

Eish……7mnde??? Saps onderssoek en nog geen inligting????
Dit laat mens wonder nê…!

Leon ·

Hoekom is hulle vir haar kwaad. Sy het net gedoen wat al die ANC hoë amptenare al jare doen. Sy het net hulle voorbeeld gevolg. Sy het gesien die ANC amptenare word nie vevolg nie, so toe doen sy maar net dieselfde. Moenie vir haar kwaad wees nie. Wees kwaad vir die regering wat die voorbeeld gestel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.