Gesoek: SA se beste vroueboer

Die farmaseutiese maatskappy Bayer is op soek na Suid-Afrika se voorste boervrou. (Foto: Verskaf)

Die farmaseutiese maatskappy Bayer is op soek na Suid-Afrika se voorste boervrou.

Hulle is reeds jare daartoe verbind om die kollig te laat val op vroue wat ’n verskil in die landboubedryf maak en Bayer sê met dié kompetisie beoog die maatskappy om erkenning aan hierdie vroue, wat die ruggraat van ʼn boerderygemeenskap uitmaak, te gee. Dit sluit in almal – van ʼn boer se vrou tot ʼn vroueboer.

Die kriteria vir die kompetisie word gegrond op die deelnemer se algehele betrokkenheid op die plaas, sowel as in die breër gemeenskap.

Vroue wat boer, of die vroue van boere, kan benoem word. Slegs vroue wat boer of die vroue van boere wat een of meer Bayer- of Dekalb-produk in hul boerdery gebruik, word vir die kompetisie in ag geneem.

Benoemings kan deur die vroueboer of boervrou self gedoen word, of deur enige een wat ʼn verbintenis met die benoemde het. Dit sluit die boer, ʼn Bayer óf Dekalb-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.

Inskrywings open Woensdag en sluit op 15 Julie om middernag.

Twee titels is op die spel: Vrou van ʼn Bayer-boer én ʼn Bayer-vroueboer en heerlike pryse is op die spel.

Bayer is op soek na Suid-Afrika se voorste boervrou.

Die wenners word in September bekend gemaak. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.