Gesoekte bendeleier in hegtenis geneem

Argieffoto

Een van die mees gesoekte bendeleiers is in hegtenis geneem en het in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die polisie was al sedert Februarie 2017 op Solomon Teboho Ntseno “Dimeche” (22) van Phase 4 in Mangaung se spoor in verband met verskeie bendeverwante moorde insluitend ʼn voorval waar drie persone naby ʼn winkelsentrum in Bloemfontein vermoor is.

“Dimeche is op 5 Januarie 2018 by G-section in Botshabelo in hegtenis geneem deur die taakspan en hy het Dinsdag in die landdroshof verskyn,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy sal weer op 12 Januarie in die hof verskyn en daarna by sy medebeskuldigdes aansluit in die Bloemfonteinse hooggeregshof in verband met ander sake. Hy word tans verbind met vyf bendeverwante moorde.”

Altesaam 114 bendelede is intussen in Bloemfontein en omgewing in hegtenis geneem en staan tereg op verskeie gewelddadige bendeverwante misdade. Dertig verdagtes sal van Februarie 2018 in die hooggeregshof verhoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.