‘Gesoekte’ Bulgaar glo slagoffer van Constantia-skietery

Krasimir Nikolaev Kamenov (Foto: Interpol)

Een van die Bulgaarse slagoffers wat Donderdag in Constantia, Kaapstad, doodgeskiet is, word deur Interpol gesoek.

Bulgaarse media het dié slagoffers intussen geïdentifiseer as Krasimir Nikolaev Kamenov, sy vrou, lyfwag en hul kinderoppasser.

Interpol het vroeër ʼn rooi Interpol-kennisgewing vir Kamenov uitgereik. Kamenov word gesoek in verband met verskeie misdade, waaronder moord.

Krasimir Nikolaev Kamenov (Foto: Interpol)

Maroela Media het vroeër vandag berig die vier Bulgaarse burgers is omstreeks 08:20 met skietwonde in die huis in Constantia aangetref.

Speurders en forensiese ondersoekers fynkam sedertdien die toneel op soek na leidrade.

Kamenov word glo onder meer verbind met die mood op Lyubomir Ivanov, ʼn werknemer van die Bulgaarse departement van binnelandse sake wat vroeg verlede jaar in Sofia in Bulgarye doodgeskiet is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, kon kort gelede nog geen nuwe inligting oor die ondersoek na die moorde bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

007 ·

En so kom kruip al die kriminele is SA weg. Seker agv ons uitstekende polisiemag. Cele met sy Mafia.

Keelvol ·

Nou hoekom kry die SAPD nou weer die skuld? Het die SAPD hom toe gelaat om die land in te kom en homself in die Wes-Kaap te vestig?

My siening ·

Dit wys maar net ons land is afklim plek vir kriminele en geen grens beheer!

E ·

Kamenov – o wat ‘n groot verlies vir SA. Jammer vir die 3 onskuldige mense. Lyk my ‘n sindikaat doen die werk wat ons polisie nie kan of wil doen nie. Hoe kom iemand in SA in wat op ‘n ROOI interpol kennisgewing is? Is daar geen gesig skandering by ons grense nie? Met vandag se tegnologie vat dit net ‘n minuut om ‘n gesig te eien. En Kaapstad?? Wat is dit wat internasionale kriminele veral soontoe lok? Is dit die berg of die see? Kies eerder PE of port Alfred of so iets. Niemand gaan dink julle is daar nie. Bedfordview in Gauteng was op ‘n stadium gewild met die internasional sindikate. Weet nie of hulle nog Bedfordview kies nie.

Lillian ·

Kriminele geniet die vryheid hier want niemand pla hulle nie. SA regering gaan kos toe oë deur die lewe.

Amelia ·

Nog n buitelandse moordenaar in suid afrika kriminele kom almal suid afrika toe hier is mos net regte vir hulle maar nie vir die slagoffers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.